Volkswagen Touran
Die Volkswagen Touran is 'n kompakte MPV gebaseer op 'n vertikaal gestrekte vyfde geslag Volkswagen Golf, en word in Europa, Suid-Afrika en ander gekose markte verkoop. Dit is in 2003 vrygestel om 'n gaping in Volkswagen se modelreekse te vul, onder die Sharan as groot MPV. Die voertuig is beskikbaar in vyf- of sewesitplek-weergawes. Dit kan beskou word as 'n uitgebreide weergawe van die Golf Plus, aangesien hul voorkante dieselfde in grootte is, die Touran se agterste oorhang is egter 200 mm langer (en dus 'n sewesitplek is, terwyl die Golf Plus 'n vyfsitplek is). In sommige lande, soos Japan, word die motor die Golf Touran genoem.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Volkswagen |
Produksie | 2003–huidig |
Montering | Wolfsburg, Duitsland Jakarta, Indonesië (Garuda Mataram Motor)[1] Shanghai, China |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte MPV |
Bakstyl | 5-deur MPV |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | Volkswagengroep A5 (PQ35) platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L I4 TSI (sedert 2010) 1.4 L I4 TSI (sedert 2007) 1.4 L I4 TSI EcoFuel (sedert 2009) 1.6 L I4 (tot 2010) 1.6 L I4 FSI (tot 2006) 2.0 L I4 FSI (tot 2006) 2.0 L I4 EcoFuel (van 2006 tot 2009) 1.6 L I4 TDI (from 2010) 1.9 L I4 TDI (tot 2010) 2.0 L I4 TDI (sedert 2003) |
Lengte | 4405 mm |
Breedte | 1795 mm |
Hoogte | 1635 mm |
Asafstand | 2680 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Audi A3 Mk2 Volkswagen Golf Mk5 Volkswagen Caddy Volkswagen Passat SEAT León Mk2 SEAT Altea SEAT Toledo Mk3 Škoda Octavia Mk2 |
Die naam "Touran" is afgelei van die kombinasie van "Tour" en "Sharan" (die groter MPV deur VW). Ten spyte van die ooreenkoms in hul name, is die Touran nie verwant aan die Noord-Amerikaanse Volkswagen Routan nie.
Verwysings
wysig- ↑ "Indonesia: Volkswagen To Launch Local Assembly, Likely of Touran and Golf Plus". Insideline.com. 12 Mei 2009. Besoek op 1 November 2010.