1948
jaar
1948 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1943 | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | ◄ 1948 ► | 1949 | 1950 | 1951 | 1952 | 1953 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1948 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Malan | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1948 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- 4 Januarie – Mianmar verkry onafhanklikheid van die Britse Ryk sonder om die Britse Statebond te betree.
- 30 Januarie-8 Februarie – Die vyfde Olimpiese Winterspele word in St. Moritz, Switserland, aangebied.
- 4 Februarie – Sri Lanka (destyds Ceylon) word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 April – Amerikaanse President Harry S. Truman teken die Marshall-plan.
- 17 April – Onthulling van die Hugenotemonument in Franschhoek (Wes-Kaap, Suid-Afrika).
- 14 Mei – Israel verklaar hulle as ’n onafhanklike staat en ’n voorlopige regering word gestig.
- 15 Mei – Die Arabies-Israeliese oorlog breek uit.
- 28 Mei – Die Israeliese Lugmag word gestig.
- 4 Junie – Die Nasionale Party kom aan bewind in Suid-Afrika. Daniël François Malan word die vierde Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.
- 7 Junie – Edvard Benes bedank as President van Tsjeggo-Slowakye eerder as om 'n grondwet te teken wat sy land in 'n Kommunistiese staat sou omskep.
- 24 Junie – Die Sowjetunie begin die Berlynse blokkade deur oorlandse beweging na Wes-Berlyn te keer.
- 26 Junie – Die Westerse geallieerdes begin ’n lugbrug na Wes-Berlyn teen die blokkade deur die Sowjetunie.
- 16 Julie – Die wêreld se eerste turboskroef aangedrewe passasiersvliegtuig, die Vickers Viscount, voltooi sy nooienvlug.
- 29 Julie – 14 Augustus – Die 14de Olimpiese Somerspele word in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied.
- 8 September – Die Dietse Kinderfonds se 83 weeskinders arriveer in Kaapstad.
Geboortes
wysig- 7 Januarie – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur († 2022).
- 23 Januarie – Aviva Pelham, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 28 Januarie – Mikhail Baryshnikov, Russies-Amerikaanse balletdanser.
- 29 Januarie – Kathryn Kates, Amerikaanse aktrise († 2022).
- 3 Februarie – Henning Mankell, Sweedse dramaturg en skrywer († 2015).
- 5 Februarie – Tom Wilkinson, Engelse akteur († 2023).
- 14 Februarie – Ingrid Winterbach, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 16 Februarie – Eckhart Tolle, Duitse onderwyser en skrywer.
- 20 Februarie – Jennifer O'Neill, Amerikaanse aktrise.
- 24 Februarie – Dennis Waterman, Engelse akteur († 2022).
- 3 Maart – Danny Keogh, Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, en assistentregisseur († 2019).
- 5 Maart – Elaine Paige, Engelse sangeres en aktrise.
- 8 Maart – Annelize van der Ryst, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 20 Maart – John de Lancie, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 21 Maart – Fariborz Sahba, Irannees-Kanadese argitek.
- 26 Maart – Steven Tyler, Amerikaanse sanger en akteur.
- 28 Maart – Dianne Wiest, Amerikaanse aktrise.
- 28 April – Terry Pratchett, Britse outeur († 2015).
- 30 April – Perry King, Amerikaanse akteur.
- 11 Mei – Willies Mchunu, politikus en 7de premier van KwaZulu-Natal.
- 14 Mei – Bob Woolmer, Britse krieketspeler en -afrigter († 2007).
- 15 Mei – Brian Eno, Engelse musikant, komponis, sanger en visuele kunstenaar.
- 21 Junie – Ian McEwan, Britse skrywer van romans en rolprentdraaiboeke.
- 27 Junie – Richard G. Morris, Britse neurowetenskaplike.
- 28 Junie – Kathy Bates, Amerikaanse aktrise.
- 4 Julie – René Arnoux, Franse Formule Eenrenjaer.
- 9 Julie – Jeanne Zaidel-Rudolph, Suid-Afrikaanse komponis en pianiste.
- 14 Julie – Koning Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 († 2021).
- 16 Julie – Pinchas Zukerman, Israeliese vioolspeler en dirigent.
- 21 Julie – Cat Stevens (alias Yusuf Islam), Britse sanger-liedjieskrywer.
- 1 Augustus – Pornpetch Wichitcholchai, Thaise prokureur.
- 22 Augustus – Derek Watts, Suid-Afrikaanse veteraan TV-joernalis (jarelange anker van Carte Blanche) († 2023).
- 24 Augustus - Jean-Michel Jarre, Franse musikant.
- 29 Augustus – Paul Skelton, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van varswatervisse.
- 2 September – Christa McAuliffe, Amerikaanse onderwyseres en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 4 September – Peter Marais, Wes-Kaapse veteraanpolitikus.
- 7 September – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate sedert 2004 († 2022).
- 10 September – Judy Geeson, Engelse aktrise.
- 11 September – Marinda van Zyl, Afrikaanse skrywer.
- 13 September – Nell Carter, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2003).
- 16 September – Mariëtta Alberts, Afrikaanse taalkundige, terminoloog en terminograaf.
- 19 September – Jeremy Irons, Engelse akteur.
- 20 September – George R. R. Martin, Amerikaanse skrywer, scenarioskrywer en televisievervaardiger.
- 22 September – Mark Phillips, gewese eggenoot van prinses Anne van die Verenigde Koninkryk.
- 23 September – Eileen Davies, Engelse aktrise.
- 26 September – Olivia Newton-John, Brits-Australiese-Amerikaanse sangeres en filmster († 2022).
- 29 September – Theo Jörgensmann, Duitse jazzklarinetspeler.
- 6 Oktober – Gerry Adams, Noord-Ierse politikus en die leier van Sinn Féin.
- 17 Oktober – S'bu Ndebele, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 24 Oktober – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler († 2022).
- 4 November – Amadou Toumani Touré, Maliese politikus († 2020).
- 14 November – Charles III van die Verenigde Koninkryk.
- 30 November – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog († 2020).
- 3 Desember – Ozzy Osbourne, Engelse sanger.
- 6 Desember – Keke Rosberg, Finse Formule Eenrenjaer.
- 13 Desember – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur en komediant († 2007).
- 15 Desember – Cassandra Harris, Amerikaanse aktrise († 1991).
- 20 Desember – Dame Mitsuko Uchida, klassieke pianis en dirigent.
- 29 Desember – Peter Robinson, Noord-Ierse politikus en eerste minister in die Noord-Ierse regering
- 31 Desember – Donna Summer, Amerikaanse sangeres († 2012).
- Onbekend – Trudie Taljaard, Suid-Afrikaanse aktrise († 2009).
- Onbekend – Marie Prins, Suid-Afrikaanse plantkundige.
Sterftes
wysig- 19 Januarie – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige (* 1865).
- 30 Januarie – Mahatma Gandhi, charismatiese Indiese massa-bewegingsleier, wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het (* 1869).
- 25 Februarie – Alexander du Toit, Suid-Afrikaanse geoloog (* 1878)
- 9 Maart – Edgar de Wahl, skepper was van die kunsmatige taal Interlingue (* 1867).
- 5 Mei – Austin Roberts, 'n Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog (* 1883)
- 9 Mei – Dr. Jan van Bruggen, Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent (* 1895).
- 29 Mei – Dame May Whitty, Britse aktrise (* 1865).
- 2 Junie – Karl Brandt, SS-generaal en oorlogsmisdadiger (* 1904).
- 3 Julie – J.F.W. Grosskopf, 'n Afrikaanse skrywer (* 1885).
- 13 Julie – Antonie Kock, regter van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1869).
- 21 Julie – Bruckner de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus (* 1875).
- 16 Augustus – Babe Ruth (53), Amerikaanse bofbalspeler (* 1895).
- 25 Augustus – Frederic Creswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1866).
- 31 Augustus – Andrei Zhdanov, Sowjetleier en kulturele ideoloog (* 1896).
- 3 September – Edvard Beneš, Tsjeggo-Slowaakse president (* 1884).
- 22 September – Paul Roos, Suid-Afrika se negende Springbokkaptein (* 1878).
- 18 Oktober – Walther von Brauchitsch, Nazi-Duitse veldmaarskalk (* 1881).
- 2 Desember – Hendrik van der Bijl, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en “vader” van Yskor (* 1887).
- 3 Desember – Jannie Hofmeyr, Suid-Afrikaanse geleerde en politikus (* 1894).