1 Oktober
datum
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
1 Oktober is die 274ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (275ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die vierde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 91 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 366 – Pous Damasus I volg Pous Liberius op.
- 366 – Teenpous Ursinus word verkies as pous in opposisie teen Pous Damasus I.
- 965 – Pous Johannes XIII volg Pous Benedictus V op.
- 1511 – Giovanni de' Medici, later Pous Leo X, word pouslike legaat in Bologna.
- 1519 – Giulio di Giuliano de' Medici, later Pous Clemens VII, word camerlengo van Pous Leo X.
- 1732 – Pous Clemens XII stel Troiano Acquaviva d'Aragona, titulêr aartsbiskop van Larissa, en Agapito Mosca, priester van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal.
- 1795 – Frankryk oorwin België.
- 1800 – Spanje staan 'n deel van Noord-Amerika, wat as Louisiana bekend gestaan het, aan Frankryk af in die Verdrag van San Ildefonso.
- 1817 – Pous Pius VII stel Agostino Rivarola, prefek van die Apostoliese Paleis, aan as kardinaal.
- 1829 – Die Suid-Afrikaanse Kollege, voorloper van die UK en SACS, word in Kaapstad gestig.
- 1937 – Die eerste uitgawe van Die Transvaler verskyn onder die redaksie van dr. H.F. Verwoerd.
- 1946 – Die Neurenberg-verhore kom tot ’n einde.
- 1949 – Die Volksrepubliek China word op die Chinese vasteland gestig.
- 1958 – Die Amerikaanse Ruimteagentskap, Nasa, word amptelik gestig om die NACA te vervang.
- 1960 – Nigerië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1969 – Die Frans-Britse supersoniese vliegtuig die Concorde oorskry vir die eerste keer Mach 1.
- 1970 – Leila Khaled, 'n vroulike lid van 'n Palestynse groep wat op 6 September saam met Patrick Arguello van Nicaragua gepoog het om El Al Vlug 219 van Amsterdam na New York te kaap, word deur die Verenigde Koninkryk vrygelaat in ruil vir gyselaars uit verwante kapings.
- 1978 – Tuvalu word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1994 – Palau word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
- 1997 – Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word in die lewe geroep met die inwerkingtreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Wet 34 van 1997).
- 1999 – Die vierde Rugbywêreldbeker begin in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.
- 2024 – Iran loods ‘n ballistiese missielaanval op Israel.
Geboortes
wysig- 208 – Severus Alexander, keiser van die Romeinse Ryk († 235).
- 1542 – Mariam-uz-Zamani, keiserin van die Mogolryk († 1623).
- 1754 – Paul van Rusland, tsaar van Rusland († 1801).
- 1760 – William Thomas Beckford, Engelse roman- en reisskrywer († 1844).
- 1865 – Paul Dukas, Franse komponis († 1935).
- 1866 – Lydia Knott, Amerikaanse aktrise († 1955).
- 1881 – William Edward Boeing, Amerikaanse lugvaartpionier en stigter van die Boeing-maatskappy († 1956).
- 1887 – Pieter Nicolaas van Eyck, Nederlandse digter, hoogleraar aan die Universiteit van Leiden en literêre kritikus († 1954).
- 1908 – Albert Wessels, Suid-Afrikaanse nyweraar en die stigter van Toyota Suid-Afrika († 1991).
- 1910 – P.J. Nienaber, Afrikaanse skrywer en letterkundige († 1995).
- 1920 – Walter Matthau, Amerikaanse filmakteur († 2000).
- 1924 – Jimmy Carter, 39ste President van die Verenigde State.
- 1930 – Philippe Noiret, Franse akteur († 2006).
- 1935 – Julie Andrews, Britse sanger, aktrise en kinderboekskrywer.
- 1938 – G.J. Krüger, Afrikaanse digter en apteker († 2005).
- 1941 – Erika Murray-Theron, Suid-Afrikaanse taalkundige en skrywer.
- 1956 – Theresa May, Britse konserwatiewe politikus en voormalige eerste minister (2016–2019).
Sterftes
wysig- 1404 – Pous Bonifatius IX, 203de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ~1356).
- 1633 – Patriarg Filaret van Moskou, patriarg van Moskou (* 1553).
- 1684 – Pierre Corneille, Franse dramaturg (* 1606).
- 1968 – Romano Guardini, Duitse katolieke priester, teoloog en filosoof (* 1885).
- 2008 – Audrey Blignault, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 2013 − Tom Clancy, Amerikaanse outeur (* 1947).
- 2018 – Charles Aznavour, 'n Franse skrywer, komponis, chansonnier (sanger) en akteur (* 1924).
- 2024 – Frits Gaum, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1940).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Nasionale dag in China.
- Onafhanklikheidsdag in Ciprus (1960).
- Onafhanklikheidsdag in Nigerië (1960).
- Onafhanklikheidsdag in Tuvalu (1978).
- Onafhanklikheidsdag in Palau (1994).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 Oktober. |