21 September
datum
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
21 September is die 264ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (265ste in skrikkeljare). Daar volg nog 101 dae.
Gebeure
wysig- 1676 – Pous Innocentius XI volg Pous Clemens X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1765 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word priester gewy.
- 1792 – Franse Revolusie: Die Nasionale Konvensie stem om die monargie af te skaf en die Franse Eerste Republiek word uitgeroep.
- 1877 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kamerlengo.
- 1937 – J.R.R. Tolkien se The Hobbit word gepubliseer.
- 1949 – Kommuniste roep die Volksrepubliek China uit.
- 1964 – Malta word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1981 – Belize word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1991 – Armenië word van die Sowjetunie onafhanklik.
Geboortes
wysig- 1452 – Girolamo Savonarola, Italiaanse Dominikaanse hervormer († 1498).
- 1645 – Louis Joliet, Franse ontdekkingsreisiger en pelshandelaar († 1700).
- 1827 – Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland († 1892).
- 1867 – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus († 1950).
- 1909 – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid († 1972).
- 1921 – Vause Raw, Suid-Afrikaanse politikus († 2001).
- 1924 – Amílcar Cabral, Kaaps-Verdiese landboukundige, skrywer en politikus. († 1973).
- 1931 – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2012).
- 1934 – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer († 2016).
- 1941 – Hannes Marais, Suid-Afrika se vier-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1947 – Stephen King, Amerikaanse skrywer.
- 1954 – Shinzo Abe, Japannese politikus († 2022).
- 1957 – Kevin Rudd, Australiese politikus en vorige Eerste minister van Australië.
- 1988 – Tom MacDonald, Kanadese kletsrymer en sanger.
- 1993 – Akani Simbine, Suid-Afrikaanse olimpiese naelloper.
Sterftes
wysig- 687 – Pous Konon, die 83ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 630).
- 1327 – Edward II van Engeland (* 1284).
- 1832 – Sir Walter Scott, 'n Skotse digter en skrywer (* 1771).
- 1867 – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter (* 1824).
- 1912 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog (* 1838).
- 1957 – Haakon VII van Noorweë, eerste koning van Noorweë (* 1872)
- 1981 – Nigel Patrick, Engelse akteur (* 1912).
- 2007 – Alice Ghostley, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2020 – Michael Lonsdale, Franse akteur (* 1931).
- 2021 – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1964).
Vakansie-, vierings en waarnemingsdae
wysig- Internasionale Vredesdag en Peace One Day; Onafhanklikheidsdag in Malta (1964), Belize (1981) en Armenië (1991).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 September. |