Arthur Chaskalson
Suid-Afrikaanse regter
Arthur Chaskalson (24 November 1931 – 1 Desember 2012) was 'n regsgeleerde, president van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika vanaf 1994 tot 2001 en hoofregter vanaf 2001 – 2005.
Arthur Chaskalson | |
Ampstermyn November 2001 – Junie 2005 | |
Vise | Pius Langa |
---|---|
President | Thabo Mbeki |
Voorafgegaan deur | Ismail Mahomed |
Opgevolg deur | Pius Langa |
President van die Konstitusionele Hof
| |
Ampstermyn Junie 1994 – November 2001 | |
President | Nelson Mandela |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika | 24 November 1931
Sterf | 1 Desember 2012 (op 81) Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Eggenoot/-note | Lorraine Chaskalson |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand |
Religie | Jood |
Loopbaan
wysigChaskalson is in Johannesburg gebore, en het 'n BCom (1952) en LLB Cum Laude (1954) aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.[1]
In 1963 was Chaskalson deel van Nelson Mandela se verdedigingspan tydens die Rivonia-verhoor, waarna Mandela lewenslange tronkstraf ontvang het.
Hy sterf aan leukemie (bloedkanker) op 1 Desember 2012 in Johannesburg en is in die Wespark-begraafplaas begrawe.[2]
Persoonlike lewe
wysigChaskalson was van Joodse geloof[2] en het twee seuns en vier kleinkinders gehad.[3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Constitutional Court of South Africa. Justice Arthur Chaskalson Former Chief Justice of South Africa. Constitutional Court of South Africa. URL besoek op 4 Desember 2012.
- ↑ 2,0 2,1 Martin, Douglas (3 Desember 2012). "Arthur Chaskalson, Chief South African Jurist, Dies at 81". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2017. Besoek op 4 Desember 2012.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 23 November 2018.
Voorafgegaan deur Ismail Mahomed |
Hoofregter van Suid-Afrika 2001–2005 |
Opgevolg deur Pius Langa |