Baardaasvoël

aasvoël, die enigste lid van sy genus Gypaetus

Die baardaasvoël of lammergeier (Gypaetus barbatus), is 'n ou-wêreldse aasvoël, die enigste lid van sy genus Gypaetus. Dit is 'n bedreigde spesie in Suider-Afrika.

Baardaasvoël of lammergier
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Gypaetus

Storr, 1784
Spesie:
G. barbatus
Binomiale naam
Gypaetus barbatus
(Linnaeus, 1758)

Soos ander aasvoëls, is die spesie 'n aasvreter wat die karkasse van dooie diere vreet. Dit laat val bene uit die lug om die murg in die hande te kry as die been breek. Soortgelyk word lewende skilpaaie ook uit die lug laat val om hulle te laat oopbars. Die baardaasvoël is die enigste bekende dier waarvan die dieet amper uitsluitlik (70 tot 90 persent) uit been bestaan.[2] Dit leef op kranse in hoë berge in die suide van Europa, die Kaukasus,[3] Afrika,[4] die Indiese subkontinent, en Tibet, hulle lê een of twee eiers in die middel van die winter wat aan die begin van die lente uitbroei.

Die bevolking van hierdie spesie daal steeds. Op die IUBN-rooilys was dit tot Julie 2014 as 'n veilige spesie geklassifiseer; dit is egter sedertdien herbeoordeel as 'n byna-bedreigde spesie.

'n Lammergier

Volgens legende is die Griekse toneelskrywer Aischulos dood na 'n lammergeier 'n skilpad op sy kop laat val het, wat gedink het dis 'n klip.

Verspreiding en habitat

wysig

Baardaasvoëls verkies hoë berge of kranse of ander bergagtige gebiede met 'n hoogte van 500 m tot 4 000  m (meestal 2 000 m) bo seevlak. 'n Geïsoleerde bevolking woon in die Drakensberg van Suid-Afrika.

Identifikasie

wysig

Die tipiese baardaasvoël is ongeveer 110 cm lank en het lang, smal, gepunte vlerke met 'n lang v-stert, asook donker vere op die bokant en bruinkleurige onderkant. Die baardaasvoël het 'n swart masker op sy gesig wat aan die onderkant 'n baard vorm. Anders as meeste aasvoëls het baardaasvoëls nie 'n bles kop nie. Wyfies is effens groter as mannetjies.[5]

Voortplanting

wysig

Die baardaasvoël beset jaarliks 'n enorme gebied. Dit kan elke dag meer as twee vierkante kilometer wei. Die teeltydperk verskil, van Desember tot September in Eurasië, November tot Junie in die Indiese subkontinent, Oktober tot Mei in Ethiopië, dwarsdeur die jaar in Oos-Afrika en Mei tot Januarie in Suider-Afrika.[5] Die voëls broei op kranslyste en die hen lê een tot twee eiers. Die eiers neem tussen 53 en 58 dae om uit te broei. Die kuikens spandeer 106 tot 130 dae in die nes, waarna hulle op hulle eie wegvlieg.

Verspreiding

wysig

Baardaasvoëls kom voor in suidelike Europa, Afrika, Indië en Tibet. In Suider-Afrika is hulle beperk tot die Drakensberge.

Geluid

wysig

'n Uiters stil voël, maar is wel in staat tot 'n baie skerp fluitgeluid, wat veral tydens die paarseisoen gehoor word.

Hierdie spesie is eers beskryf deur Linnaeus in sy Systema naturae in 1758 as Vultur barbatus.[6] Die huidige wetenskaplike naam beteken "baardaasvoël". Die naam lammergier is afkomstig van die oortuiging dat die voël lammers aanval.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2008). Gypaetus barbatus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 1 November 2008. Die databasisinskrywing gee kortliks redes hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.
  2. "Bearded vulture" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2018. Besoek op 5 Januarie 2019.
  3. Gavashelishvili, A.; McGrady, M. J. (2006). "Breeding site selection by Bearded vulture (Gypaetus barbatus) and Eurasian griffon (Gyps fulvus) in the Caucasus". Animal Conservation. 9 (2): 159–170. doi:10.1111/j.1469-1795.2005.00017.x.
  4. Krüger, Sonja (2010-04-19). Conservation of the Bearded vulture Gypaetus barbatus meridionalis. Africanraptors.org. URL besoek op 2012-08-08.
  5. 5,0 5,1 Ferguson-Lees, James; Christie, David A. (2001). Raptors of the World. Illustrated by Kim Franklin, David Mead, and Philip Burton. Houghton Mifflin. p. 417. ISBN 978-0-618-12762-7. Besoek op 29 Mei 2011.
  6. Linnaeus, Carolus (1758). Systema naturae per regna tria naturae, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis. Tomus I. Editio decima, reformata (in Latin). Holmiae. (Laurentii Salvii). p. 87. V. albidus, dorso fusco, jugulo barbato, rostro incarnato, capite linea nigra cincto.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Eksterne skakels

wysig
 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Gypaetus barbatus