FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002
Die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Koreaans: 2002 FIFA 월드컵 한국/일본, 2002 FIFA Woldeu Keop Hanguk/Ilbon; Japannees: 2002 FIFAワールドカップ 韓国/日本, 2002 FIFA Waarudo Kappu Kankoku/Nippon; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 30 Junie in Korea en Japan aangebied. Dit was die eerste keer dat die toernooi in Asië en buite die Amerikas of Europa gehou is; asook die eerste keer wat dit deur twee lande gesamentlik georganiseer is. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 het as ’n voorbereiding vir die twee gasheerlande gedien.
2002 FIFA 월드컵 한국/일본 2002 FIFA Woldeu Keop Hanguk/Ilbon (ko) 2002 FIFAワールドカップ 韓国/日本 2002 FIFA Waarudo Kappu Kankoku/Nippon (ja) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Korea Japan |
Datums | 31 Mei – 30 Junie |
Spanne | 32 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 20 (in 20 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (5 titels) |
Tweede plek | Duitsland |
Derde plek | Turkye |
Vierde plek | Suid-Korea |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 64 |
Doele | 161 (2.52 per wedstryd) |
Bywoning | 2 705 197 (42 269 per wedstryd) |
Meeste punte | Ronaldo (8 doele)[1] |
Beste speler | Oliver Kahn |
← 1998 2006 → |
32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Duitsland met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul vyfde wêreldbekertitel ingepalm het, ’n algehele rekord. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Brasilië regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 in Frankryk en die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 in Duitsland gekwalifiseer. Buitendien het Brasilië ná Duitsland die tweede land geword wat vir die derde agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal het, nadat hulle ook in die 1994- en 1998-eindstryde verskyn het. Die verrassend suksesvolle nasionale sokkerspanne van Turkye het in die derde en die medegasheer Suid-Korea in die vierde plek geëindig. Die ander medegasheer Japan is in die agtste eindrondte uitgeskakel.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die toernooi gekwalifiseer, maar hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel. Die nasionale sokkerspanne van Ecuador, Senegal, Slowenië en die Volksrepubliek China het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, nadat dié reël vir die vorige 1998-toernooi ingevoer is; die verdedigende kampioen het ook die laaste keer regstreeks vir ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Die destydse wêreld- en Europese kampioen Frankryk kon nie een enkele doel aanteken nie en het in hul groep in die laaste plek geëindig.
Toewysing
wysigSuid-Korea en Japan is op 31 Mei 1996 in Zürich deur FIFA gekies as gashere vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002. Die enigste ander kandidaatland was Meksiko, maar hulle het op 28 Februarie 1996 hulself onttrek. ’n Aansluitende gesamentlike kandidatuur deur die lande Japan en Suid-Korea is voorgestel en aanvaar.[2]
Kwalifisering
wysigDie gashere Japan en Suid-Korea en die verdedigende kampioen Frankryk het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gekwalifiseer. Van die 29 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en twee vir AFC (Asië). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en UEFA, asook tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 13de | 8 | 1998 | Kampioen (1978, 1986) |
België | 11de | 6 | 1998 | Vierde plek (1986) |
Brasilië | 17de | 17 | 1998 | Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994) |
Costa Rica | 2de | 1 | 1990 | Agtste eindrondte (1990) |
Denemarke | 3de | 2 | 1998 | Kwarteindrondte (1998) |
Duitsland | 15de | 13 | 1998 | Kampioen (1954, 1974, 1990) |
Ecuador | 1ste | 1 | – | Debuut |
Engeland | 11de | 2 | 1998 | Kampioen (1966) |
Frankryk | 11de | 2 | 1998 | Kampioen (1998) |
Ierland | 3de | 1 | 1994 | Kwarteindrondte (1990) |
Italië | 15de | 11 | 1998 | Kampioen (1934, 1938, 1982) |
Japan | 2de | 2 | 1998 | Groepfase (1998) |
Kameroen | 5de | 4 | 1998 | Kwarteindrondte (1990) |
Kroasië | 2de | 2 | 1998 | Derde plek (1998) |
Meksiko | 12de | 3 | 1998 | Kwarteindrondte (1970, 1986) |
Nigerië | 3de | 3 | 1998 | Agtste eindrondte (1994, 1998) |
Paraguay | 6de | 2 | 1998 | Agtste eindrondte (1986, 1998) |
Pole | 6de | 1 | 1986 | Derde plek (1974, 1982) |
Portugal | 3de | 1 | 1986 | Derde plek (1966) |
Rusland | 9de | 1 | 1994 | Vierde plek (1966) |
Saoedi-Arabië | 3de | 3 | 1998 | Agtste eindrondte (1994) |
Senegal | 1ste | 1 | – | Debuut |
Slowenië | 1ste | 1 | – | Debuut |
Spanje | 11de | 7 | 1998 | Vierde plek (1950) |
Suid-Afrika | 2de | 2 | 1998 | Groepfase (1998) |
Suid-Korea | 6de | 5 | 1998 | Groepfase (1954, 1986, 1990, 1994, 1998) |
Swede | 10de | 1 | 1994 | Naaswenner (1958) |
Tunisië | 3de | 2 | 1998 | Groepfase (1978, 1998) |
Turkye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Uruguay | 10de | 1 | 1990 | Kampioen (1930, 1950) |
Verenigde State | 7de | 4 | 1998 | Derde plek (1930) |
Volksrepubliek China | 1ste | 1 | – | Debuut |
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 2002 op die Seoel-wêreldbekerstadion in Seoel met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Frankryk en Senegal afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Internasionale Stadion Jokohama in Jokohama op 30 Junie met die eindstryd tussen Duitsland en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2001 in die Uitstallings- en Konvensiesentrum in Busan gehou.
Groepfase
wysig32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Denemarke | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 2 | +3 | 7 |
Senegal | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 4 | +1 | 5 |
Uruguay | 3 | 0 | 2 | 1 | 4 | 5 | –1 | 2 |
Frankryk | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 3 | –3 | 1 |
31 Mei 2002 20:30 | ||||
Frankryk | 0–1 | Senegal | Seoel-wêreldbekerstadion, Seoel Toeskouers: 62 561 Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate) | |
Verslag | 30' Diop |
1 Junie 2002 18:00 | ||||
Uruguay | 1–2 | Denemarke | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 30 157 Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit) | |
Rodríguez 47' | Verslag | 45', 83' Tomasson |
6 Junie 2002 15:30 | ||||
Denemarke | 1–1 | Senegal | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 43 500 Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala) | |
Tomasson 16' (straf) | Verslag | 52' Diao |
6 Junie 2002 20:30 | ||||
Frankryk | 0–0 | Uruguay | Busan Asiad-stadion, Busan Toeskouers: 38 289 Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko) | |
Verslag |
11 Junie 2002 15:30 | ||||
Denemarke | 2–0 | Frankryk | Incheon Munhak-stadion, Incheon Toeskouers: 48 100 Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal) | |
Rommedahl 22' Tomasson 67' |
Verslag |
11 Junie 2002 15:30 | ||||
Senegal | 3–3 | Uruguay | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 33 681 Skeidsregter: Jan Wegereef (Nederland) | |
Fadiga 20' (straf) Diop 26', 38' |
Verslag | 46' Morales 69' Forlán 88' (straf) Recoba |
Groep B
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 3 | 0 | 0 | 9 | 4 | +5 | 9 |
Paraguay | 3 | 1 | 1 | 1 | 6 | 6 | ±0 | 4 |
Suid-Afrika | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
Slowenië | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 7 | –5 | 0 |
2 Junie 2002 16:30 | ||||
Paraguay | 2–2 | Suid-Afrika | Busan Asiad-stadion, Busan Toeskouers: 25 186 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Santa Cruz 39' Arce 55' |
Verslag | 63' Mokoena 90+1' (straf) Fortune |
2 Junie 2002 20:30 | ||||
Spanje | 3–1 | Slowenië | Gwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju Toeskouers: 28 598 Skeidsregter: Mohamed Guezzaz (Marokko) | |
Raúl 44' Valerón 74' Hierro 87' (straf) |
Verslag | 82' Cimirotič |
7 Junie 2002 18:00 | ||||
Spanje | 3–1 | Paraguay | Jeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju Toeskouers: 24 000 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Morientes 53', 69' Hierro 83' (straf) |
Verslag | 10' (e.d.) Puyol |
8 Junie 2002 15:30 | ||||
Suid-Afrika | 1–0 | Slowenië | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 47 226 Skeidsregter: Ángel Sánchez (Argentinië) | |
Nomvethe 4' | Verslag |
12 Junie 2002 20:30 | ||||
Suid-Afrika | 2–3 | Spanje | Daejeo-wêreldbekerstadion, Daejeon Toeskouers: 31 024 Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit) | |
McCarthy 31' Radebe 53' |
Verslag | 4', 56' Raúl 45+1' Mendieta |
12 Junie 2002 20:30 | ||||
Slowenië | 1–3 | Paraguay | Jeju-wêreldbekerstadion, Jeju Toeskouers: 30 176 Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko) | |
Ačimovič 45+1' | Verslag | 65', 84' Cuevas 73' Campos |
Groep C
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 11 | 3 | +8 | 9 |
Turkye | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
Costa Rica | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 6 | –1 | 4 |
Volksrepubliek China | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 9 | –9 | 0 |
3 Junie 2002 18:00 | ||||
Brasilië | 2–1 | Turkye | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 33 842 Skeidsregter: Kim Young-joo (Suid-Korea) | |
Ronaldo 50' Rivaldo 87' (straf) |
Verslag | 45+2' Şaş |
4 Junie 2002 15:30 | ||||
Volksrepubliek China | 0–2 | Costa Rica | Gwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju Toeskouers: 27 217 Skeidsregter: Kyros Vassaras (Griekeland) | |
Verslag | 61' Gómez 65' Wright |
8 Junie 2002 20:30 | ||||
Brasilië | 4–0 | Volksrepubliek China | Jeju-wêreldbekerstadion, Jeju Toeskouers: 36 750 Skeidsregter: Anders Frisk (Swede) | |
Roberto Carlos 15' Rivaldo 32' Ronaldinho 45' (straf) Ronaldo 55' |
Verslag |
9 Junie 2002 18:00 | ||||
Costa Rica | 1–1 | Turkye | Incheon Munhak-stadion, Incheon Toeskouers: 42 299 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
Parks 86' | Verslag | 56' Emre |
13 Junie 2002 15:30 | ||||
Costa Rica | 2–5 | Brasilië | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 38 524 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Wanchope 39' Gómez 56' |
Verslag | 10', 13' Ronaldo 38' Edmílson 62' Rivaldo 64' Júnior |
13 Junie 2002 15:30 | ||||
Turkye | 3–0 | Volksrepubliek China | Seoel-wêreldbekerstadion, Seoel Toeskouers: 43 605 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Şaş 6' Bülent 9' Ümit D. 85' |
Verslag |
Groep D
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Korea | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 1 | +3 | 7 |
Verenigde State | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 6 | –1 | 4 |
Portugal | 3 | 1 | 0 | 2 | 6 | 4 | +2 | 3 |
Pole | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 7 | –4 | 3 |
4 Junie 2002 20:30 | ||||
Suid-Korea | 2–0 | Pole | Busan Asiad-stadion, Busan Toeskouers: 48 760 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Hwang Sun-hong 26' Yoo Sang-chul 53' |
Verslag |
5 Junie 2002 18:00 | ||||
Verenigde State | 3–2 | Portugal | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 37 306 Skeidsregter: Byron Moreno (Ecuador) | |
O’Brien 4' J. Costa 29' (e.d.) McBride 36' |
Verslag | 39' Beto 71' (e.d.) Agoos |
10 Junie 2002 15:30 | ||||
Suid-Korea | 1–1 | Verenigde State | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 60 778 Skeidsregter: Urs Meier (Switserland) | |
Ahn Jung-hwan 78' | Verslag | 24' Mathis |
10 Junie 2002 20:30 | ||||
Portugal | 4–0 | Pole | Jeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju Toeskouers: 31 000 Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland) | |
Pauleta 14', 65', 77' Rui Costa 88' |
Verslag |
14 Junie 2002 20:30 | ||||
Portugal | 0–1 | Suid-Korea | Incheon Munhak-stadion, Incheon Toeskouers: 50 239 Skeidsregter: Ángel Sánchez (Argentinië) | |
Verslag | 70' Park Ji-sung |
14 Junie 2002 20:30 | ||||
Pole | 3–1 | Verenigde State | Daejeon-wêreldbekerstadion, Daejeon Toeskouers: 26 482 Skeidsregter: Lu Jun (China) | |
Olisadebe 3' Kryszałowicz 5' Żewłakow 66' |
Verslag | 83' Donovan |
Groep E
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 11 | 1 | +10 | 7 |
Ierland | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 2 | +3 | 5 |
Kameroen | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | –1 | 4 |
Saoedi-Arabië | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 12 | –12 | 0 |
1 Junie 2002 15:30 | ||||
Ierland | 1–1 | Kameroen | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 33 679 Skeidsregter: Toru Kamikawa (Japan) | |
Holland 52' | Verslag | 39' M'Boma |
1 Junie 2002 20:30 | ||||
Duitsland | 8–0 | Saoedi-Arabië | Sapporo Dome, Sapporo Toeskouers: 32 218 Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay) | |
Klose 20', 25', 70' Ballack 40' Jancker 45+1' Linke 73' Bierhoff 84' Schneider 90+1' |
Verslag |
5 Junie 2002 20:30 | ||||
Duitsland | 1–1 | Ierland | Kashima-sokkerstadion, Kashima Toeskouers: 35 854 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Klose 19' | Verslag | 90+2' Keane |
6 Junie 2002 18:00 | ||||
Kameroen | 1–0 | Saoedi-Arabië | Saitama-stadion, Saitama Toeskouers: 52 328 Skeidsregter: Terje Hauge (Noorweë) | |
Eto'o 66' | Verslag |
11 Junie 2002 20:30 | ||||
Kameroen | 0–2 | Duitsland | Shizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka Toeskouers: 47 085 Skeidsregter: Antonio López Nieto (Spanje) | |
Verslag | 50' Bode 79' Klose |
11 Junie 2002 20:30 | ||||
Saoedi-Arabië | 0–3 | Ierland | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 65 320 Skeidsregter: Falla N'Doye (Senegal) | |
Verslag | 7' Keane 61' Breen 87' Duff |
Groep F
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Swede | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 3 | +1 | 5 |
Engeland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | 1 | +1 | 5 |
Argentinië | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 4 |
Nigerië | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 3 | –2 | 1 |
2 Junie 2002 14:30 | ||||
Argentinië | 1–0 | Nigerië | Kashima-sokkerstadion, Kashima Toeskouers: 34 050 Skeidsregter: Gilles Veissière (Frankryk) | |
Batistuta 63' | Verslag |
2 Junie 2002 18:30 | ||||
Engeland | 1–1 | Swede | Saitama-stadion, Saitama Toeskouers: 52 721 Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië) | |
Campbell 24' | Verslag | 59' Alexandersson |
7 Junie 2002 15:30 | ||||
Swede | 2–1 | Nigerië | Kobe Wing-stadion, Kobe Toeskouers: 36 194 Skeidsregter: René Ortubé (Bolivië) | |
Larsson 35', 63' (straf) | Verslag | 27' Aghahowa |
7 Junie 2002 20:30 | ||||
Argentinië | 0–1 | Engeland | Sapporo Dome, Sapporo Toeskouers: 35 927 Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië) | |
Verslag | 44' (straf) Beckham |
12 Junie 2002 15:30 | ||||
Swede | 1–1 | Argentinië | Miyagi-stadion, Rifu Toeskouers: 45 777 Skeidsregter: Ali Bujsaim (Verenigde Arabiese Emirate) | |
Svensson 59' | Verslag | 88' Crespo |
12 Junie 2002 15:30 | ||||
Nigerië | 0–0 | Engeland | Nagai-stadion, Osaka Toeskouers: 44 684 Skeidsregter: Brian Hall (VSA) | |
Verslag |
Groep G
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Meksiko | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 2 | +2 | 7 |
Italië | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 4 |
Kroasië | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 3 | –1 | 3 |
Ecuador | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 |
3 Junie 2002 15:30 | ||||
Kroasië | 0–1 | Meksiko | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 32 239 Skeidsregter: Lu Jun (China) | |
Verslag | 60' (straf) Blanco |
3 Junie 2002 20:30 | ||||
Italië | 2–0 | Ecuador | Sapporo Dome, Sapporo Toeskouers: 31 081 Skeidsregter: Brian Hall (VSA) | |
Vieri 7', 27' | Verslag |
8 Junie 2002 18:00 | ||||
Italië | 1–2 | Kroasië | Kashima-sokkerstadion, Kashima Toeskouers: 36 472 Skeidsregter: Graham Poll (Engeland) | |
Vieri 55' | Verslag | 73' Olić 76' Rapaić |
9 Junie 2002 15:30 | ||||
Meksiko | 2–1 | Ecuador | Miyagi-stadion, Rifu Toeskouers: 45 610 Skeidsregter: Mourad Daami (Tunisië) | |
Borgetti 28' Torrado 57' |
Verslag | 5' Delgado |
13 Junie 2002 20:30 | ||||
Meksiko | 1–1 | Italië | Ōita-stadion, Ōita Toeskouers: 39 291 Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië) | |
Borgetti 34' | Verslag | 85' Del Piero |
13 Junie 2002 20:30 | ||||
Ecuador | 1–0 | Kroasië | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 65 862 Skeidsregter: William Mattus (Costa Rica) | |
Méndez 48' | Verslag |
Groep H
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Japan | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 2 | +3 | 7 |
België | 3 | 1 | 2 | 0 | 6 | 5 | +1 | 5 |
Rusland | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
Tunisië | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 5 | –4 | 1 |
4 Junie 2002 18:00 | ||||
Japan | 2–2 | België | Saitama-stadion, Saitama Toeskouers: 55 256 Skeidsregter: William Mattus (Costa Rica) | |
Suzuki 59' Inamoto 67' |
Verslag | 57' Wilmots 75' Van Der Heyden |
5 Junie 2002 15:30 | ||||
Rusland | 2–0 | Tunisië | Kobe Wing-stadion, Kobe Toeskouers: 30 957 Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika) | |
Titof 59' Karpin 64' (straf) |
Verslag |
9 Junie 2002 20:30 | ||||
Japan | 1–0 | Rusland | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 66 108 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Inamoto 51' | Verslag |
10 Junie 2002 18:00 | ||||
Tunisië | 1–1 | België | Ōita-stadion, Ōita Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Bouzaiene 17' | Verslag | 13' Wilmots |
14 Junie 2002 15:30 | ||||
Tunisië | 0–2 | Japan | Nagai-stadion, Osaka Toeskouers: 45 213 Skeidsregter: Gilles Veissière (Frankryk) | |
Verslag | 48' Morishima 75' Nakata |
14 Junie 2002 15:30 | ||||
België | 3–2 | Rusland | Shizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka Toeskouers: 46 640 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Walem 7' Sonck 78' Wilmots 82' |
Verslag | 52' Besjastnykh 88' Sytsjef |
Uitklopfase
wysigAgtste eindrondte | Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | |||||||||||
15 Junie – Seogwipo | ||||||||||||||
Duitsland | 1 | |||||||||||||
21 Junie – Ulsan | ||||||||||||||
Paraguay | 0 | |||||||||||||
Duitsland | 1 | |||||||||||||
17 Junie – Jeonju | ||||||||||||||
Verenigde State | 0 | |||||||||||||
Meksiko | 0 | |||||||||||||
25 Junie – Seoel | ||||||||||||||
Verenigde State | 2 | |||||||||||||
Duitsland | 1 | |||||||||||||
16 Junie – Suwon | ||||||||||||||
Suid-Korea | 0 | |||||||||||||
Spanje | 1 (3) | |||||||||||||
22 Junie – Gwangju | ||||||||||||||
Ierland | 1 (2) |
|||||||||||||
Spanje | 0 (3) | |||||||||||||
18 Junie – Daejeon | ||||||||||||||
Suid-Korea | 0 (5) |
|||||||||||||
Suid-Korea | 2 | |||||||||||||
30 Junie – Jokohama | ||||||||||||||
Italië | 1 | |||||||||||||
Duitsland | 0 | |||||||||||||
15 Junie – Niigata | ||||||||||||||
Brasilië | 2 | |||||||||||||
Denemarke | 0 | |||||||||||||
21 Junie – Shizuoka | ||||||||||||||
Engeland | 3 | |||||||||||||
Engeland | 1 | |||||||||||||
17 Junie – Kobe | ||||||||||||||
Brasilië | 2 | |||||||||||||
Brasilië | 2 | |||||||||||||
26 Junie – Saitama | ||||||||||||||
België | 0 | |||||||||||||
Brasilië | 1 | |||||||||||||
16 Junie – Ōita | ||||||||||||||
Turkye | 0 | derde plek | ||||||||||||
Swede | 1 | |||||||||||||
22 Junie – Osaka | 29 Junie – Daegu | |||||||||||||
Senegal | 2 | |||||||||||||
Senegal | 0 | Suid-Korea | 2 | |||||||||||
18 Junie – Rifu | ||||||||||||||
Turkye | 1 | Turkye | 3 | |||||||||||
Japan | 0 | |||||||||||||
Turkye | 1 | |||||||||||||
Agtste eindrondte
wysig15 Junie 2002 15:30 | ||||
Duitsland | 1–0 | Paraguay | Jeju-wêreldbekerstadion, Jeju Toeskouers: 25 176 Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala) | |
Neuville 88' | Verslag |
15 Junie 2002 20:30 | ||||
Denemarke | 0–3 | Engeland | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 40 582 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Verslag | 5' Ferdinand 22' Owen 44' Heskey |
16 Junie 2002 15:30 | ||||
Swede | 1–2 (e.t.) | Senegal | Ōita-stadion, Ōita Toeskouers: 39 747 Skeidsregter: Ubaldo Aquino (Paraguay) | |
Larsson 11' | Verslag | 37', 104' H. Camara |
16 Junie 2002 20:30 | ||||
Spanje | 1–1 (e.t.) | Ierland | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 38 926 Skeidsregter: Anders Frisk (Swede) | |
Morientes 8' Strafskoppe Hierro Baraja Juanfran Valerón Mendieta |
Verslag Strafskoppe 3–2 |
90' (straf) Keane Strafskoppe Keane Holland Connolly Kilbane Finnan |
17 Junie 2002 15:30 | ||||
Meksiko | 0–2 | Verenigde State | Jeonju-wêreldbekerstadion, Jeonju Toeskouers: 36 380 Skeidsregter: Vítor Melo Pereira (Portugal) | |
Verslag | 8' McBride 65' Donovan |
17 Junie 2002 20:30 | ||||
Brasilië | 2–0 | België | Kobe Wing-stadion, Kobe Toeskouers: 40 440 Skeidsregter: Peter Prendergast (Jamaika) | |
Rivaldo 67' Ronaldo 87' |
Verslag |
18 Junie 2002 15:30 | ||||
Japan | 0–1 | Turkye | Miyagi-stadion, Rifu Toeskouers: 45 666 Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië) | |
Verslag | 12' Ümit D. |
18 Junie 2002 20:30 | ||||
Suid-Korea | 2–1 (e.t.) | Italië | Daejeon-wêreldbekerstadion, Daejeon Toeskouers: 38 588 Skeidsregter: Byron Moreno (Ecuador) | |
Seol Ki-hyeon 88' Ahn Jung-hwan 117' |
Verslag | 18' Vieri |
Kwarteindrondte
wysig21 Junie 2002 15:30 | ||||
Engeland | 1–2 | Brasilië | Shizuoka Ecopa-stadion, Shizuoka Toeskouers: 47 436 Skeidsregter: Felipe Ramos (Meksiko) | |
Owen 23' | Verslag | 45+2' Rivaldo 50' Ronaldinho |
21 Junie 2002 20:30 | ||||
Duitsland | 1–0 | Verenigde State | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 37 337 Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland) | |
Ballack 39' | Verslag |
22 Junie 2002 15:30 | ||||
Spanje | 0–0 (e.t.) | Suid-Korea | Gwangju-wêreldbekerstadion, Gwangju Toeskouers: 42 114 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Strafskoppe Hierro Baraja Xavi Joaquín |
Verslag Strafskoppe 3–5 |
Strafskoppe Hwang Sun-hong Park Ji-sung Seol Ki-hyeon Ahn Jung-hwan Hong Myung-bo |
22 Junie 2002 20:30 | ||||
Senegal | 0–1 (e.t.) | Turkye | Nagai-stadion, Osaka Toeskouers: 44 233 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Verslag | 94' İlhan |
Halfeindrondte
wysig25 Junie 2002 20:30 | ||||
Duitsland | 1–0 | Suid-Korea | Seoel-wêreldbekerstadion, Seoel Toeskouers: 66 256 Skeidsregter: Urs Meier (Switserland) | |
Ballack 75' | Verslag |
26 Junie 2002 20:30 | ||||
Brasilië | 1–0 | Turkye | Saitama-stadion, Saitama Toeskouers: 61 058 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Ronaldo 49' | Verslag |
Klein finale (om die derde plek)
wysig29 Junie 2002 20:00 | ||||
Suid-Korea | 2–3 | Turkye | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 63 483 Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit) | |
Lee Eul-yong 9' Song Chong-gug 90+3' |
Verslag | 1' Hakan Ş. 13', 32' İlhan |
Eindstryd
wysig30 Junie 2002 20:00 | ||||
Duitsland | 0–2 | Brasilië | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 69 029 Skeidsregter: Pierluigi Collina (Italië) | |
Verslag | 67', 79' Ronaldo |
Sokkerwêreldkampioen 2002 |
---|
Brasilië |
FIFA se ranglys
wysigNá die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 2002-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groepe | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | C | 7 | 7 | 0 | 0 | 18 | 4 | +14 | 21 |
2 | Duitsland | E | 7 | 5 | 1 | 1 | 14 | 3 | +11 | 16 |
3 | Turkye | C | 7 | 4 | 1 | 2 | 10 | 6 | +4 | 13 |
4 | Suid-Korea | D | 7 | 3 | 2 | 2 | 8 | 6 | +2 | 11 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Spanje | B | 5 | 3 | 2 | 0 | 10 | 5 | +5 | 11 |
6 | Engeland | F | 5 | 2 | 2 | 1 | 6 | 3 | +3 | 8 |
7 | Senegal | A | 5 | 2 | 2 | 1 | 7 | 6 | +1 | 8 |
8 | Verenigde State | D | 5 | 2 | 1 | 2 | 7 | 7 | ±0 | 7 |
In die agtste eindrondte uitgeskakel | ||||||||||
9 | Japan | H | 4 | 2 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 7 |
10 | Denemarke | A | 4 | 2 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 7 |
11 | Meksiko | G | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 7 |
12 | Ierland | E | 4 | 1 | 3 | 0 | 6 | 3 | +3 | 6 |
13 | Swede | F | 4 | 1 | 2 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 5 |
14 | België | H | 4 | 1 | 2 | 1 | 6 | 7 | −1 | 5 |
15 | Italië | G | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
16 | Paraguay | B | 4 | 1 | 1 | 2 | 6 | 7 | −1 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
17 | Suid-Afrika | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
18 | Argentinië | F | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 4 |
19 | Costa Rica | C | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 6 | −1 | 4 |
20 | Kameroen | E | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | −1 | 4 |
21 | Portugal | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 6 | 4 | +2 | 3 |
22 | Rusland | H | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
23 | Kroasië | G | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 3 | −1 | 3 |
24 | Ecuador | G | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 |
25 | Pole | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 7 | −4 | 3 |
26 | Uruguay | A | 3 | 0 | 2 | 1 | 4 | 5 | −1 | 2 |
27 | Nigerië | F | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 3 | −2 | 1 |
28 | Frankryk | A | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 3 | −3 | 1 |
29 | Tunisië | H | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 5 | −4 | 1 |
30 | Slowenië | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 7 | −5 | 0 |
31 | Volksrepubliek China | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 9 | −9 | 0 |
32 | Saoedi-Arabië | E | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 12 | −12 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2018. Besoek op 1 Junie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 9 Julie 2014.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.
Verdere leesstof
wysig- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002. |
- (en) fifa.com: Korea/Japan 2002: Five-star Brazil
- (en) worldcup-history.com: Korea & Japan, 2002
- (en) rsssf.com: World Cup 2002