Ghanzi
Ghanzi is 'n dorp in die Kalahariwoestyn, in die weste van Botswana. Die dorp is ook die hoofstad van die Ghanzi distrik. Ghanzi word beskou as die hoofstad van die Kalahari. Daar is tans baie Suid-Afrikaanse boere wat in hierdie omgewing boer. Die eerste Afrikaner in Ghanzi was Hendrik van Zyl in 1870.
Ghanzi | |
---|---|
'n Lugbeeld van Ghanzi in 2018 | |
Byname: Hoofstad van die Kalahari | |
Koördinate: 21°42′0″S 21°39′0″O / 21.70000°S 21.65000°O | |
Land | Botswana |
Distrik | Ghanzi |
Oppervlak | |
• Totaal | 1 800 km2 (700 vk. myl) |
Hoogte | 1 420 m (4 660 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 21 420 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |