Pomacentridae
Die Nooientjievisse (Pomacentridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is nege-en-twintig genera met driehonderd-en-vyftig spesies wat hoort tot dié familie en vyftig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Pomacentridae | |
---|---|
Stegastes variabilis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Pomacentridae
|
Genera | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is bedek met klein skubbe en die grootte wissel van 7 – 30 cm. Die meeste van die genera verkies om in koraal- en rotsriwwe te leef. Die familie kan in drie groepe verdeel word volgens vreetgewoontes:
- omnivore - die genera Abudefduf en Pomacentrus wat hoofsaaklik soöplankton, alge en skaaldiere vreet.
- herbivore - die genera Plectroglyphidodon en Stegastes wat slegs sekere alge vreet.
- planktivore - die genera Chromis en Dascyllus wat slegs soöplankton vreet.
By die familie lê die wyfie haar eiers op 'n oop rif, wat dan deur die mannetjie bevrug en opgepas word.
Baie van die visse kan oorleef in akwariums.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Abudefduf
- Abudefduf natalensis - Vierbalk-nooientjie
- Abudefduf notatus - Donker nooientjie
- Abudefduf septemfasciatus - Sewebalk-nooientjie
- Abudefduf sexfasciatus - Streepstert-nooientjie
- Abudefduf sordidus - Kolnooientjie
- Abudefduf sparoides - Valsoog-nooientjie
- Abudefduf vaigiensis - Sersant-majoor
- Amphiprion
- Amphiprion akallopisos - Neusstreep-anemoonvis
- Amphiprion allardi - Tweestreepanemoonvis
- Chromis
- Chromis analis - Geelchromis
- Chromis dasygenys - Blouspikkel-chromis
- Chromis dimidiata - Sjokoladedoop
- Chromis lepidolepis - Bruinchromis
- Chromis nigrura - Swartstert-chromis
- Chromis opercularis - Dubbelbalk-chromis
- Chromis ternatensis - Goue chromis
- Chromis viridis - Blougroenchromis
- Chromis weberi - Donkerbalk-chromis
- Chrysiptera
- Chrysiptera brownriggii - Bloulint-nooientjie
- Chrysiptera glauca - Blounooientjie
- Chrysiptera unimaculata - Eenkol-nooientjie
- Dascyllus
- Dascyllus aruanus - Sebra-humbug
- Dascyllus carneus - Tweebalk-humbug
- Dascyllus trimaculatus - Domino
- Lepidozygus
- Lepidozygus tapeinosoma - Rooivlerk-koraalnooi
- Neopomacentrus
- Neopomacentrus cyanomos - Halfmaan-nooientjie
- Plectroglyphidodon
- Plectroglyphidodon dickii - Smalbalk-nooientjie
- Plectroglyphidodon johnstonianus - Breëbalk-nooientjie
- Plectroglyphidodon lacrymatus - Juweel-nooientjie
- Plectroglyphidodon leucozonus - Gordel-nooientjie
- Plectroglyphidodon phoenixensis - Phoenix-nooientjie
- Pomacentrus
- Pomacentrus caeruleus - Bloupiet
- Pomacentrus pavo - Saffier-nooientjie
- Pomacentrus trichrourus - Geelstert-nooientjie
- Stegastes
- Stegastes fasciolatus - Duisternooientjie
- Stegastes pelicieri - Mauritius-nooientjie
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7