Rudolf Steiner
Rudolf Joseph Lorenz Steiner (* 27 Februarie 1861 in Kraljevec, Keiserryk Oostenryk, tans Kroasië; † 30 Maart 1925 in Dornach, Switserland) was 'n Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige wat veral bekendheid verwerf het as die grondlegger van die antroposofie, 'n esoteriese wêreldbeskouing wat by vroeëre esoteriese strominge soos teosofie, die Orde van die Rosekruisers, die Gnosis en die idealistiese filosofie aansluit.[1]
Rudolf Steiner | |
Rudolf Steiner omstreeks 1905
| |
Geboortenaam | Rudolf Joseph Lorenz Steiner |
---|---|
Gebore | 27 Februarie 1861 Kraljevec, Keiserryk Oostenryk (tans Kroasië) |
Oorlede | 30 Maart 1925 (op 64) Dornach, Switserland |
Nasionaliteit | Oostenryk |
Vakgebied | Metafisika, epistemologie, filosofie van die wetenskap, esoterik, Christenskap |
Beïnvloed deur | Franz Brentano, Fichte, Goethe, Eduard von Hartmann, Hegel, Kant, Schelling, Schiller, Karl Julius Schröer |
Invloed op | Owen Barfield, Saul Bellow, Andrej Belyj, Josef Beuys, Martin Buber, Daniel Nicol Dunlop, Wassily Kandinsky, Edouard Schuré, Albert Schweitzer, Richard Tarnas, Valentin Tomberg |
Met hierdie wêreldbeskouing as basis het Steiner aanbevelings gemaak vir 'n verskeidenheid lewensterreine, waaronder opvoedkunde (Waldorf-pedagogiek), kuns (euritmie), antroposofiese argitektuur, godsdiens (die Christegemeenskap) of landbou (biologies-dinamiese landbou).
Verwysings
wysig- ↑ Gerhard Wehr: Rudolf Steiner. Leben - Erkenntnis - Kulturimpuls. Diederichs 2005, bl. 23
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rudolf Steiner.