Wyeblaarsuikerbos

plantspesie

Die wyeblaarsuikerbos (Protea angustata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit is deel van die fynbosbioom en kom vanaf die Kogelberg tot Groenlandberg en Kleinrivierberge tot Caledon Swartberg voor. Die struik is klein en word 35 cm hoog en blom van Julie tot Oktober.

Wyeblaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. angustata
Binomiale naam
Protea angustata
R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Scolymocephalus angustatus (R.Br.) Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en een tot twee jaar na dit geblom vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei op hellings wat seewaarts kyk, plat sand en klei op hoogtes van 0 - 180 m.

In Engels staan dit as die Kleinmond sugarbush bekend.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig