Ching Shih
Hierdie is 'n Chinese naam; dus is die familie naam Ching (鄭).
Ching Shih [1] (vereenvoudigde Chinees: 郑氏; tradisionele Chinees: 鄭氏; pinyin: Zhèng Shì; letterlik: "weduwee van Zheng") (gebore Shih Yang (vereenvoudigde Chinees: 石阳; tradisionele Chinees: 石陽; pinyin: shí yáng; 1775–1844), ook geken as Cheng I Sao (vereenvoudigde Chinees: 郑一嫂; tradisionele Chinees: 鄭一嫂; pinyin: zhèng yī sǎo; letterlik: "vrou van Cheng I"), was 'n voormalige seerower wat eens op 'n tyd die Chinese See geterroriseer het tydens die Jiaqing Keiser tydperk van die Qing-dinastie in die vroeë 19de eeu. Sy het meer as 300 junks (tradisionele Chinese seilskepe) beveel wat beman was deur 20 000 tot 40 000 seerowers—mans, vrouens en selfs kinders. Sy het in konflik met die groot nasies getree, soos die Britse Ryk, die Portugese Ryk en die Qing-dinastie. [2]
Ching Shih en haar bemanning se uitbuiting word sedertdien gekenmerk in talle boeke, romans, video speletjies, asook films oor seerowery, seerowers en hul manier van lewe in China sowel as wêreldwyd.[3]
Ching Shih | ||
---|---|---|
Moedertaal naam | vereenvoudigde Chinees: 郑氏; tradisionele Chinees: 鄭氏; pinyin: zhèng shì | |
Gebore | Shih Yang (vereenvoudigde Chinees: 石阳; tradisionele Chinees: 石陽; pinyin: shí yáng) | |
Oorlede | 1844 (ouderdom 68–69) | |
Beroep | besigheidsvrou (southandelaar, dobbelhuis eienaar, bordeel eienaar), voormalige seerower, voormalige prostituut | |
Bekend vir | Bekende vroulike Chinese seerower | |
Strafreg | Seerowery | |
Kriminele straf | Doodstraf | |
Kriminele status | Amnestie | |
Eggenoot(e) | Cheng I
(getroud 1801; oorlede 1807) Cheung Po Tsai (getroud 1810; oorlede 1822) | |
Kinders |
| |
Seerower loopbaan | ||
Noemnaam | Shih Heang Koo (Chinees: 石香姑; pinyin: shí xiāng gū) | |
Ander name | Ching I Sao (vereenvoudigde Chinees: 郑一嫂; tradisionele Chinees: 鄭一嫂; pinyin: zhèng yī sǎo)
Ching Shih Shih (vereenvoudigde Chinees: 郑石氏; tradisionele Chinees: 鄭石氏; pinyin: zhèng shí shì) | |
Tipe | Seerower | |
Getrouheid | Rooi Vlag Vloot | |
Jare aktief | 1801–1810 | |
Rang | vloot bevelvoerder | |
Basis van bedrywighede | Suid-Chinese See | |
Bevel | Rooi Vlag Vloot (300 skepe of 20 000 - 40 000 seerowers) | |
Oorloë | Slag van die Tiger's Mouth
Vloot Slag van Chek Lap Kok | |
Latere werk | dobbelhuis eienaar by Guangzhou
dobbelhuis en bordeel eienaar, sout handelaar by Macao militêre adviseur |
Verwysings
wysig- ↑ Murray, Dian (1987). Pirates of the South China Coast, 1790-1810. Stanford University Press. ISBN 978-0-8047-1376-4.
- ↑ Lily Xiao Hong Lee, A. D. Stefanowska, Clara Wing-chung Ho - 2003 - 387 pages
- ↑ "Cheng I Sao, Female Pirate Extraordinaire". JSTOR Daily (in Engels (VSA)). 13 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2019. Besoek op 3 Maart 2018.