Daryll Cullinan
Daryll Cullinan | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Daryll John Cullinan | |||||
Gebore | 4 Maart 1967 Kimberley, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Rol | Kolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 253) | 2 Januarie 1993 v Indië | |||||
Laaste Toets | 23 April 2001 v Wes-Indië | |||||
EDI debuut (no 25) | 9 Februarie 1993 v Pakistan | |||||
Laaste EDI | 4 November 2000 v Nieu-Seeland | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 70 | 138 | 246 | 330 | ||
Lopies aangeteken | 4 554 | 3 860 | 16 261 | 8 824 | ||
Kolfgemiddeld | 44.21 | 32.99 | 44.79 | 9/49 | ||
100s/50s | 14/20 | 3/23 | 44/79 | 127 | ||
Hoogste telling | 275 | 124 | 337 | 378 | ||
Aflewerings geboul | 120 | 174 | 992 | 8 | ||
Paaltjies | 2 | 5 | 10 | 38.62 | ||
Boulgemiddeld | 35.50 | 24.80 | 48.60 | 0 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 0 | n.v.t | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n.v.t. | 0 | 2/20 | ||
Beste boulontleding | 1/10 | 2/30 | 2/27 | 2/30 | ||
Vangskote/Stonkings | 67/- | 62/- | 145/- | 155/- | ||
Bron: Cricinfo, 2 Junie 2008 |
Daryll Cullinan (1967-) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat as spesialis-kolwer vir die Proteas gespeel het. Van 1993 tot 2001 het hy in 70 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf en 4 554 lopies teen ’n gemiddeld van 44,21 lopies per kolfbeurt aangeteken.[1] Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en Krieketwêreldbeker 1999 vir Suid-Afrika gespeel.
As regshandige topordekolwer was hy lank as die "tweede Graeme Pollock" bekend. Hy het egter twee van Pollock se belangrikste rekords verbeter: as jongste krieketspeler wat ’n eersterangse honderdtal aanteken (op die ouderdom van 16 jaar en 304 dae), en as speler wat die hoogste individuele telling in ’n toets (275 nie uit nie) behaal. Al twee rekords is intussen verder verbeter, laasgenoemde in 2012 deur Hashim Amla teen Engeland, waartydens Amla 'n telling van 311 (nie uit nie) aangeteken het.[2]
In 1995 het Cullinan vir 'n lang onderbreking in spel gesorg toe hy 'n bal in 'n braaipan vol kalamarie ingeslaan het. Cullinan het 'n ses teen SA se internasionale Roger Telemachus geslaan, waarna die bal in die kombuis ingevlieg en in die pan beland het. Dit het omtrent tien minute geneem voor die bal koud genoeg was vir die skeidsregter om die vet af te vee. Selfs toe was die bal te glibberig om vas te hou, en moes dit uiteindelik vervang word.[3]
Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) "Wonderbat or Warne's bunny?". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2014. Besoek op 6 Maart 2017.
- ↑ (en) Turning the tables, Cricinfo, besoek op 3 Mei 2009
- ↑ (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.