Meridiaan
Voorkoms
’n Meridiaan of lengtelyn is die helfte van ’n denkbeeldige grootsirkel op die aarde se oppervlak. Dit strek tussen die Noord- en Suidpool en verbind punte met dieselfde lengtegraad met mekaar. Elke meridiaan lê loodreg op die ewenaar. Hulle is almal dieselfde lengte: die helfte van ’n grootsirkel op die aarde se oppervlak en dus 20 003,93 km.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meridiaan.