Bathurst, Oos-Kaap
Bathurst | |
---|---|
Die groot pynappel, net buite die dorp | |
Koördinate: 33°29′S 26°50′O / 33.483°S 26.833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Ndlambe |
Stigting | 1820 |
Oppervlak | |
• Totaal | 73,5 km2 (28,4 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 6 368 |
• Digtheid | 87/km2 (230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 1.6% |
• Swart mense | 90.0% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 84.4% |
• Engels | 9.1% |
• Afrikaans | 3.8% |
• Ander | 2.7% |
Poskode (strate) | 6166 |
Poskode (posbusse) | 6166 |
Skakelkode | 046 |
Bathurst, 'n dorp 12 km binneland toe op die R67 pad van Port Alfred na Grahamstad toe, in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit lê in die hart van die gebied waar die 1820-Setlaars hulle gevestig het en vandag 'n belangrike pynappelprodusent is. Vir 'n lang tyd dien dit ook as die godsdienstige sentrum van die immigrante. Die kerk St. John, wat ook as die Setlaarskerk bekend staan, word vanaf 1832 opgerig. Tydens aanvalle van 'n Xhosa-stam dien dit ook as 'n toevlugsoord vir die inwoners van die dorp.
Die Ou wolmeul aan die oewer van die Bathurstrivier dateer uit die jaar 1822. Dit is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Samuel Bradshaw, 'n wewer uit Gloucestershire, rig die meul op om die groot tekort aan komberse en warm klere, wat die setlaars destyds pla, te verlig.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Ou Kruitstoor
-
Metodiste Kerk
-
1820 Toposcope en Bailey se Baken
-
Kerk van St John
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Som van die hoofplekke Bathurst en Nolukhanyo tydens 2011-sensus.