Gaan na inhoud

Blaasbalk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Blaasbalk.

’n Blaasbalk is ’n soort pomp. ’n Blaasbalk word gebruik om lug te pomp, veral om ’n vuur aan te blaas.[1] [2]

Jong vrou met ’n blaasbalk, Rijksmuseum.

’n Blaasbalk bestaan uit twee stewige dele, gewoonlik hartvormige blaaie of plate wat van hout gemaak is. Tussen die twee houtdele is daar ’n voubare sak van leer, en agteraan een of twee handvatsels.[2]

Een van die houtdele kan boontoe en ondertoe beweeg word.

Aan die voorkant van die vaste deel is daar ’n pypvormige mondstuk, gewoonlik van metaal. Die mondstuk word op die vuur gerig terwyl die beweegbare deel op en af gepomp word.

Wanneer die beweegbare deel van die vaste deel af wegbeweeg, word van die agter- of onderkant af, deur ’n klep, lug ingetrek. Wanneer die beweegbare deel terug, in die rigting van die vaste deel sak, ontsnap die lug taamlik vinnig deur die mondstuk.

Eens van ’n smid, ’n blaasbalk wat met die voet laat werk is.

Aangesien vuur ’n chemiese reaksie is wat tussen ’n brandbare stof en suurstof plaasvind, laat die lug die vuur opvlam.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Blaasbalke is reeds in die Oudheid gebruik, ook later in die Middeleeue en daarna steeds in smidswinkels (smederye) om die hitte van die smidsvuur op die regte temperatuur te bring. Vir die vervaardiging van yster in Europa is blaasbalke van die 13de eeu af deur waterwiele aangedryf. Ook in elke huishouding was ’n blaasbalk nodig om soggens weer die kole van oop vuurherde en kaggels aan die brand te kry.[3][4]

Ander gebruike

[wysig | wysig bron]

’n Blaasbalk word ook in sommige musiekinstrumente gebruik, soos in pyporrels, trekklaviere, konsertinas en die Ierse doedelsak.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (nl) "Blaasbalg". Nederlandse Wikipedia. Besoek op 21 Oktober 2024.
  2. 2,0 2,1 (af) "blaasbalk". Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Besoek op 21 Oktober 2024.
  3. (de) "Blasebalg". Duitse Wikipedia. Besoek op 21 Oktober 2024.
  4. (en) "bellows". Brittanica. Besoek op 21 Oktober 2024.

Notas

[wysig | wysig bron]
  • Hierdie artikel is ’n vertaling van die artikel Blaasbalg in die Nederlandse Wikipedia, soos op 21 Oktober 2024, met enkele byvoegings.