Detroit Tigers
Die Detroit Tigers is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat uit Detroit, Michigan uit speel. Die Tigers ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Sentrale Divisie (AL-Sentraal). Die Tigers is een van die Amerikaanse Liga se "charter franchises", en is in Detroit gestig as 'n lid van die Minor league Western League in 1894, en is bygevolg die enigste Western League-span wat steeds gesetel is in sy oorspronklike stad. Die Tigers is ook die oudste bestaande span in die Amerikaanse Liga wat aaneenlopend onder dieselfde naam bekend staan en in die dieselfde stad gebaseer is.[1] Ty Cobb, wat sy eerste seisoen saam met Detroit in 1905 gespeel het, het later die eerste Tiger-speler geword wat in die Nasionale Bofbal Eregalery in 1936 opgeneem is.
Sedert hul stigting as 'n groot liga-franchise in 1901 het die Tigers vier Wêreldreekskampioenskappe (1935, 1945, 1968 en 1984), 11 AL wimpels (1907, 1908, 1909, 1934, 1935, 1940, 1945, 1968, 1984, 2006, 2012) en vier AL-Sentraal divisiekampioenskappe (2011, 2012, 2013 en 2014) gewen. Hulle het ook hul divisie in 1972, 1984 en 1987 gewen as lid van die AL-Oos. Die Tigers speel sedert 2000 hul tuiswedstryde by Comerica Park in die middestad van Detroit.
Die Tigers het Bennett Park, op die hoek van Michigan- en Trumbulllaan in Corktown, wes van die middestad van Detroit, opgerig, en in 1896 aldaar begin speel. In 1912 het die span na Navin Field verskuif, wat op dieselfde plek gebou is. Dit is in 1938 uitgebrei en herdoop tot Briggs-stadion. Dit is in 1961 herdoop na Tiger Stadium en die Tigers het daar gespeel tot 1999.
Van 1901 tot 2023 is die Tigers se algehele rekord 9,590 wedstryde gewen, 9,491 wedstryde verloor en 93 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .503)[2]. Die span se beste wenpersentasie was .656 in 1934, terwyl sy laagste .265 was in 2003.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Carter, John (2 November 2012). "Aging Franchises". Bill James Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2018. Besoek op 30 Julie 2018.
- ↑ "Detroit Tigers Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com. Sports Reference LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2019. Besoek op 10 April 2019.
Nog leestof
[wysig | wysig bron]- Anderson, William (1999). The Detroit Tigers: A Pictorial Celebration of the Greatest Players and Moments in Tigers' History (Opgedateerde uitg.). Wayne State University Press. ISBN 0-8143-2826-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2007.
- Pattison, Mark (2002). Detroit Tigers Lists and More Runs, Hits and Eras. Wayne State University Press. ISBN 0-8143-3040-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2007.
- Eldridge, Grant (2001). Willie Horton: Detroit's Own Willie the Wonder. Wayne State University Press. ISBN 0-8143-3025-8.
- Bak, Richard (1991). Cobb Would Have Caught It: The Golden Age of Baseball in Detroit. Wayne State University Press. ISBN 0-8143-2356-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2007.
- Anderson, William (2005). The Detroit Tigers. Easton Press. 1446 leergebind.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Detroit Tigers. |