Kinyarwanda
Voorkoms
Kinyarwanda Ikinyarwanda | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rwanda | |
Gebied: | Groot Mere van Afrika | |
Totale sprekers: | 12,1 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Bantoe Groot-Mere-Bantoe Rwanda-Rundi Kinyarwanda | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rwanda | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | rw
| |
ISO 639-2: | kin
| |
ISO 639-3: | kin
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kinyarwanda of Rwanda (Ikinyarwanda) is 'n Bantoetaal wat deur sowat 12,1 miljoen mense in Rwanda by die Groot Mere van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Engels, Frans en Swahili die amptelike tale van Rwanda en is die moedertaal van sowat 95% van dié land se bevolking. Kinyarwanda is nou verwant aan Kirundi, een van die amptelike tale van Burundi. Albei tale is onderling verstaanbaar en amper identies. Saam met ander tale vorm Kinyarwanda en Kirundi 'n dialekkontinuum, Rwanda-Rundi genoem, wat deur sowat 23 miljoen mense gepraat word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kinyarwanda" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 28 Januarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kinyarwanda.