Martinair
IATA: | MP | |
ICAO: | MPH | |
Roepsein: | Martinair | |
Gestig: | 1958 | |
Ondernemingsvorm: | Aandelemaatskappy | |
Hoofkwartier: | Lughawe Schiphol | |
Hooflughawe: | Lughawe Schiphol | |
Voorsitter: | G. van Schaik | |
Passasiers | 2 miljoen jaarliks | |
Werknemers | 2500 | |
Omset: | €951 miljoen (2007) | |
Kapitaalhouding: | €642 miljoen (2007) | |
Bestemmings: | 50 lughawens wêreldwyd | |
Vloot: | 19 vliegtuie | |
Webtuiste: | http://www.martinair.com |
Martinair is 'n Nederlandse lugredery wat op 24 Mei 1958 deur Martin Schröder en John Block onder die naam Martin's Air Charter gestig is. In 1966 word die maatskappy na Martinair Netherland herdoop.
Na 2006 het die passasiersvraag begin gedaal en Martinair het nie meer ekstra sitplekke benodig nie. Die daling het voortgeduur en na 53 jaar van die Nederlandse diens het Martinair al hulle passasiersdienste gestaak.
Julie 2014 is bekendgemaak dat Air France-KLM Martinair Cargo wil verkoop. Op die gebied van die vervoer van bederfbare produkte het Martinair 'n reputasie om hoog te hou. Die maatskappy is 'n groot karweier van snyblomme, vrugte en groente. Ander spesiale vrag word ook deur Martinair vervoer: motors, beeste, perde en noodlediging aan rampgebiede. Martinair het ook 'n netwerk opgebou vir aansluitende vrag.
Passasiersvervoer
[wysig | wysig bron]Martinair het ongeveer 3 miljoen passasiers per jaar, na ongeveer 50 bestemmings wêreldwyd, vervoer. In Europa was dit hoofsaaklik vakansievlugte na die gebiede rondom die Middellandse See. Martinair staak dit in November 2007 en vlieg daarna slegs passasiers na ver bestemmings in Noord-Amerika (Florida), Sentraal-Amerika (Meksiko) en die Karibiese gebied (onder andere die Dominikaanse Republiek, Kuba en die Nederlandse Antille). Hierdie dienste is ook op 27 Oktober 2008 gestaak en op 31 Oktober 2011 het die laaste Martinair passasiersvlug op Schiphol geland.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]