Gaan na inhoud

Wachtebeke

Koördinate: 51°10′00″N 3°52′00″O / 51.16667°N 3.86667°O / 51.16667; 3.86667
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wachtebeke
Munisipaliteit
Sentrum van die dorp met die Sint-Catharinakerk
Sentrum van die dorp met die Sint-Catharinakerk
Wapen van Wachtebeke
Wapen
Ligging van Wachtebeke in die provinsie Oos-Vlaandere
Ligging van Wachtebeke in die provinsie Oos-Vlaandere
Koördinate: 51°10′00″N 3°52′00″O / 51.16667°N 3.86667°O / 51.16667; 3.86667
LandVlag van België België
Gewes (deelstaat) Vlaandere
Provinsie Oos-Vlaandere
Oppervlak
 • Totaal34,53 km2 (13,33 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal7 212
 • Digtheid209/km2 (540/vk. myl)
Poskode
9185
Skakelkodes09
Webwerfwww.wachtebeke.be

Wachtebeke (nuwe Nederlandse spelling van Wagtebeke) is 'n dorp in Oos-Vlaandere, België. Sowat 7500 mense woon in Wachtebeke. Die dorp is geleë aan die E34 AntwerpenKnokke-Heist. Die Moervaartkanaal loop deur Wachtebeke. Die Zuidlederivier is die suidelike grens; die Langeledekanaal loop deur die dorp.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Ferrariskaart uit 1775 met daarop 'n grote deel van die huidige Wachtebeke.

Wachtebeke word vir die eerste keer vermeld in 1198 as Wagtebeke. Mense het baie menings oor die betekenis van die woord Wagte, dit sou "wag hou" kan beteken, of "plek waar 'n mens deur die water moet loop waar dit nie diep is nie" (waden).

Die Romeinse Heerweg vanuit Antwerpen verdeel homself in Wachtebeke in die rigting van Gent en in die rigting van Brugge. Vanaf die 13e eeu het vooral die omliggende abdye eiendom in Wachtebeke. Die ontginning van turf het tot stand gekom en aangesien hierdie ontginning baie werk vereis, het baie volk na hierdie plek gereis om daar te woon. Vir die vervoer van turf na Gent word in die laat Middeleeue die Langelede-kanaal ("Lange stroom") gegrawe. Hierdie kanaal is in 1774 deeglik verbeter.

Wachtebeke was nooit 'n selfstandige eenheid nie. Dit het altyd deel uitgemaak van die ambacht Assenede, en behoort tans tot die Oos-Vlaamse streek die Meetjesland. Die parochie Wachtebeke en Sint-Kruis-Winkel het wel saam 'n eie vierskaar gevorm. Toe die munisipaliteite in 1795 tot stand gekom het, het Wachtebeke self 'n onafhanklike munisipaliteit geword.

Weens die industrialisering langs die kanaal Gent-Terneuzen ontwikkel Wachtebeke stadigaan van 'n arme boeredorp na 'n residensiële omgewing vir die hoë middelklas.

In 1965 word 'n kleine deel van die toe ontbinde munisipaliteit Mendonk by Wachtebeke gevoeg.

Kerne

[wysig | wysig bron]

Daar is geen andere deelgemeente langer in die munisipaliteit van Wachtebeke nie. Aan die noordekant, op die grens met Nederland, lê die dorpjie Overslag.

Aangrensende munisipaliteite

[wysig | wysig bron]

Kaart

[wysig | wysig bron]

Kaart van Wachtebeke
I:Wachtebeke  II:Overslag

Besienswaardighede

[wysig | wysig bron]
  • Die Sint-Catharinakerk is saam met die kerkorrel en die pastorie as monument beskerm.
  • Die ou vierskaar
  • Die Kalvebrug en die Overledebrug, twee beskermde ophaalbrugge oor die Moervaart
  • Die Provinsiale Domein Puyenbroeck

Bevolking

[wysig | wysig bron]

Demografiese evolusie

[wysig | wysig bron]
  • Bron:NIS – Kommentaar:1806 tot en met 1970=tellings op 31 Desember; van 1980=op 1 Januarie

Beroemde inwoners van Wachtebeke

[wysig | wysig bron]

Gebore in Wachtebeke

[wysig | wysig bron]
  • Jules Persyn (1878–1933)
  • Bart De Pauw (1968) (voorheen)
  • Ivan van Mossevelde (voorheen)
  • Lucrèce L’Ecluse (1952)
  • Lieven Scheire (1981) (voorheen)
  • Jonas Geirnaert (1982) (voorheen)

Het in Wachtebeke gewoon

[wysig | wysig bron]
  • Carry Goossens (kom van elders)
  • Stef Bos (kom van elders)
  • Frans Wuytack, beeldhouer-digter

Woon in Wachtebeke

[wysig | wysig bron]
  • Eriek Verpale (voorheen)