Griekwas (stam)
Die Griekwas is 'n stam van gemengde afkoms, hoofsaaklik blank en Khoikhoi. Vroeg in die 19de eeu het hulle na die noordelike grens van die Kaapkolonie naby die Oranjerivier getrek. Onder eerwaarde John Campbell en ander sendelinge het hul vesting, Klaarwater, Griekwastad geword. Die naam "Griekwas" word afgelei van 'n Khoikhoistam wat naby Saldanhabaai gevestig was en wat in die 17de eeu as die Grigrikwas bekend was.
Griekwas | |
---|---|
Adam Kok III, kaptein van Griekwas, 1848. | |
Totale bevolking: | 2 500 000+ |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika, Namibië |
Taal: | Afrikaans, Engels |
Geloofsoortuiging: | Christene (Protestante) |
Verwante etniese groepe: | Oorlam, Kleurlinge, Khoikhoi, Namas, Boesmans, Afrikaners. |
Die strewe na onafhanklikheid
wysigLater het hulle die invloed van die sendelinge verwerp en hul onafhanklikheid onder die opvolgende leierskap van Adam Kok I, sy seun, Cornelius en kleinseun, Adam Kok die Tweede, verkry.
Migrasie na Griekwaland-Oos
wysigDie grootste deel van die stam het later na die huidige Vrystaat, naby Philippolis, getrek. In 1862 het hulle nog 'n keer getrek en baie ontberings oor die Drakensberge en deur Basoetoeland verduur. In Niemandsland, die huidige Griekwaland-Oos, het hulle 'n hoofstad by Kokstad gestig. Ten spyte van hulle Volksraad het hulle nie daarin geslaag om 'n doeltreffende gemeenskap daar te stel nie en boonop in oorloë met die omringende swart stamme betrokke geraak.
Griekwaland-Oos kom in 1878 onder Britse gesag en word in landdrosdistrikte ingedeel.
Taal
wysigAnders as ander inheemse stamme, is die Griekwas se taal Afrikaans, verryk deur 'n aantal eie uitdrukkings.
Bronnelys
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Pinnock, Don: The Kok family and the longest trek in South Africa. In Daily Maverick 168, 22-28 Mei 2021
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Griqua. |
- Die gedokumenteerde Griekwa geskiedenis (Engels)
- Children of the Mist Geargiveer 18 Maart 2013 op Wayback Machine – Die Griekwa geskiedenis in woord en beeld (Engels)
- History of the Rehoboth Basters and the Griqua in Maps and Pictures Geargiveer 4 Januarie 2012 op Wayback Machine
Etniese groepe in Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
Afrikaners • Anglo-Afrikane • Asiate • Griekwas • Kaapse Maleiers • Khoisan • Kleurlinge • Ndebeles • Noord-Sotho's • Suid-Sotho's • Swazi's • Tsongas • Tswanas • Vendas • Xhosas • Zoeloes |