Oorlam
Die Oorlams is 'n etniese groep, wat afstam van Nama of Khoikhoivroue en Nederlandse vaders, meestal boere uit die Nederlandse Kaapkolonie. Die Oorlams bly oorwegend in Namibië en hulle is deesdae grotendeels met die Namas geassimileer. Hulle is verwant aan die Rehoboth-basters en die Griekwas.
Oorlams | |
---|---|
Jan Jonker Afrikaner, sesde Oorlamkaptein | |
Totale bevolking: | onbekend |
Belangrike bevolkings in: | Namibië Suid-Afrika |
Taal: | Afrikaans, Oorlams, Engels, Nama |
Geloofsoortuiging: | Christendom |
Verwante etniese groepe: | Afrikaners, Namas, Kleurlinge, Griekwas |
Die Oorlams het van die Kaapkolonie (nou deel van Suid-Afrika) na Namakwaland en Damaraland (nou deel van Namibië) migreer. Die term Oorlams is afgelei van die Maleise woorde orang vir "mens" of "persoon" en lama vir "ervare", "ou" of "lank gelede; "Oorlams" beteken dus "ervare mense" of "die wat weet".
Oorlamklans het uit nasate van die inheemse Khoikhoi, Europeërs en slawe van Mosambiek, Madagaskar, Indië en Indonesië ontstaan. Nes die ander destydse Afrikaanssprekende groep, die Trekboere, het die Oorlams oorspronklik langs die grense van die jong Kaapkolonie gebly; hulle het later halfnomadiese kommando's van berede gewapende stryders geword. Soos die Boere het hulle vanaf die Kaap binnelands migreer en verskeie state in die hedendaagse Namibië en Suid-Afrika gestig. Uit die Oorlams se migrasie in Suid-Afrika het ook die verwante Griekwas ontstaan.
Geskiedenis
wysigDie inheemse Khoikhoi of Nama het al eeuelang in Namakwaland, 'n gebied tussen Namibië en Suid-Afrika, geleef.
Ná die anneksasie van hul gebied deur die Nederlandse Kaapkolonie aan die einde van die 18de eeu het die Oorlams na Namakwaland in die noorde migreer; deels om die Nederlandse Kaapkolonie se diensplig te voorkom, deels weens invalle en vir handel, en deels om land vir landbou en veeteelt te verkry.[1] Hulle het hulle in plekke gevestig wat voorheen deur Namas bevolk was. Van die geëmigreerde Oorlams (insluitende die bekende Jan Jonker Afrikaner en sy seun Jonker Afrikaner in die Transgariep) het hul bande met die Oorlam-gemeenskappe in, of naby die grense van, die Kaapkolonie gebly het, gehandhaaf. Te midde van die geleidelike Boere-uitbreiding en ná die grootskaalse Boere-migrasies weg van die Britse bewind aan die Kaap, het Jonker Afrikaner in die middel van die 19de eeu sy volk na Namakwaland gebring en sodoende vir 'n rukkie 'n geweldige krag vir die Oorlams se gesag oor die Namas en teen die Bantoesprekende Herero's geword.[2] Later het hulle verder noord na Namibië getrek, waar op 18 Oktober 1890 deur Curt von François die huidige hoofstad Windhoek gestig is.
Afkomstig van Khoikhoi-bediendes wat op Boerplase grootgemaak is, is baie van hulle wees gelaat en toe in Nederlandse strooptogte vasgevang; vervolgens het Oorlams 'n Nederlandse dialek of proto-Afrikaans gebesig. Daarbenewens was hulle baie deur die Kaap-Hollandse leefwyse, insluitende die gebruik van perde en gewere,[3] Europese klere en die Christendom beïnvloed.[4]
Ná twee eeue se assimilasie in die Namakultuur besig baie Oorlams nou Nama as moedertaal. Die onderskeid tussen Namas en Oorlams het geleidelik verdwyn, sodat hulle ten spyte van hul verskillende oorsprong as 'n enkele etniese groep beskou word.[5]
Verwysings
wysig- ↑ (en) J. D. Omer-Cooper, History of Southern Africa (Portsmouth, NH: Heinemann, 1987), 263; Nigel Penn, "Drosters of the Bokkeveld and the Roggeveld, 1770–1800," in Slavery in South Africa: Captive Labor on the Dutch Frontier, ed. Elizabeth A. Eldredge and Fred Morton (Boulder, CO: Westview, 1994), 42; Martin Legassick, "The Northern Frontier to ca. 1840: The rise and decline of the Griqua people," in The Shaping of South African Society, 1652–1840, ed. Richard Elphick & Hermann Giliomee (Middletown, Connecticut: Wesleyan U. Press, 1988), 373–74.
- ↑ (en) Omer-Cooper, bl. 263–64.
- ↑ (en) Tilman Dedering: Hate the Old and Follow the New. Khoekhoe and Missionaries in Early Nineteenth-Century Namibia. Missionsgeschichtliches Archiv Band 2, Stuttgart 1997, bl. 163
- ↑ (en) Legassick, 368–69; Penn, bl. 42.
- ↑ (de) Malan, Johan S (1998). Die Völker Namibias. Windhoek, Göttingen: Klaus Hess. pp. 120–121.