voël
Sien ook voel
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
voël | voëls |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
voëltjie | voëltjies |
Beeldboek | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
|
- Hulp:IPA: [fuə̯ɫ]
-
(lêer)
- vo•ël
- فُوَوِلْ , meervoud: فُوَوِلْسْ
- fó-ël, fógel; meervoud: fó-ëls, fógels
- Warmbloedige dier wat eiers lê met twee bene en twee vlerke wat met vere bedek is; 'n lid van die klas Aves in die filum chordata.
- (Geselstaal:) Penis.
- Voëls verskil in grootte van klein swaeltjies tot groot voëls soos volstruise en emoes.
- «Die vere maak die voël.»
- 'n Mens word na sy uiterlike geoordeel.
- «Een voël in die hand is beter as tien in die lug.»
- Kies liewer wat seker is bo die onsekere.
- «Elke voël sing soos hy gebek is.»
- Elkeen praat en handel maar volgens sy eie aard.
- «Hy sit soos 'n voël op 'n tak.»
- Sonder 'n vaste woonplek wees.
- «'n Ou voël met kaf probeer vang.»
- Probeer om 'n ervare persoon te kul.
- «Solank die voël vlieg, kan enigeen skiet.»
- Solank 'n meisie ongetroud is kan enigeen by haar vlerksleep.
Vertalings: voël | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor voël.