Kalifornië: Verskil tussen weergawes
k r2.7.2+) (robot Bygevoeg: eml:Califòrgna |
k r2.7.2) (Robot: verander fa:کالیفرنیا na fa:ایالت کالیفرنیا |
||
Lyn 129: | Lyn 129: | ||
[[et:California]] |
[[et:California]] |
||
[[eu:Kalifornia]] |
[[eu:Kalifornia]] |
||
[[fa:کالیفرنیا]] |
[[fa:ایالت کالیفرنیا]] |
||
[[fi:Kalifornia]] |
[[fi:Kalifornia]] |
||
[[fo:Kalifornia]] |
[[fo:Kalifornia]] |
Wysiging soos op 16:01, 20 Februarie 2013
State of California | |||||
| |||||
Bynaam(e): Golden State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels 60,5%, Spaans 25,8%, en Sjinees 2,6% | ||||
Hoofstad | Sacramento | ||||
Grootste stad | Los Angeles | ||||
Area | 3de in die V.S. | ||||
- Totaal | 410 000 km2 | ||||
- Wydte | 402,5 km | ||||
- Lengte | 1 240 km | ||||
- Water | 20 047 km2 | ||||
- % water | 4,7 % | ||||
- Breedtegraad | 32°30'N tot 42°N | ||||
- Lengtegraad | 114°8'W tot 124°24'W | ||||
Bevolking | 1ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 37 253 956 | ||||
- Digtheid | 90,9/km2 11de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Whitney 4 421 {{{Hoogste hoogte}}} m | ||||
- Gemiddeld | 884 m | ||||
- Laagste punt | -86 {{{Laagste hoogte}}} m | ||||
Toetrede tot die Unie | 9 September 1850 (31ste) | ||||
Goewerneur | Jerry Brown (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | {{{Luitenant-Goewerneur}}} | ||||
Wetgewer | {{{Wetgewer}}} | ||||
- Hoërhuis | {{{Hoërhuis}}} | ||||
- Laerhuis | {{{Laerhuis}}} | ||||
V.S. Senatore | {{{Senatore}}} | ||||
Tydsone | UTC -8 / Somertyd -7 | ||||
Afkortings | CA US-CA | ||||
Webblad | www.ca.gov |
Kalifornië (Engels en Spaans: California) is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 37 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (410 000 vierkante kilometer).
Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken het. Kalifornië het oor die grootste indigene bevolking van die huidige Verenigde State beskik. Spanje het die kusgebiede sedert die jaar 1769 begin koloniseer, tog het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Eerste Meksikaanse Keiserryk geword.
Die huidige Kalifornië het deel uitgemaak van die gebiede wat deur Meksiko ná die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog van die jare 1846 tot 1848 volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo aan die VSA afgestaan is.
Met die Kaliforniese goudstormloop van die jare 1848 en 1849 het sowat 90 000 Amerikaanse immigrante hulle in die gebied gevestig, en dit het in 1850 die 31ste deelstaat van die VSA geword.
Kalifornië spog met 'n hoogs ontwikkelde ekonomie, en dit sou as 'n onafhanklike staat met sy bruto geografiese produk van $1,55 biljoen die agtste grootste ekonomie ter wêreld wees. Die deelstaat se aandeel aan die VSA se bruto geografiese produk van $12 biljoen beloop 13 persent. Die belangrikste sektore van die plaaslike ekonomie is landbou, die vermaaklikheidsbedryf, ligte nywerhede en toerisme. Kalifornië huisves 'n aantal bekende ekonomiese gebiede soos Hollywood (vermaak), die Central Valley (Sentraalvallei, landbou), Silicon Valley (inligtings- en hoëtegnologie) en die Kaliforniese Wynland (wynbou).
Die staat grens in die ooste aan Nevada, in die noorde aan Oregon, en in die suid-ooste aan Arizona.
Demografie
- Bevolking: 36 756 666 (2008)
- Blankes (45,2%), Latyns-Amerikaners (34,2%), Asiate (11,4%), Afro-Amerikaners (6,3%), en Eerste Nasies (0,5%).
- Tale: Engels (60,5%), Spaans (25,8%), Sjinees (2,6%), Filipino (2,5%), en Viëtnamees (1,3%).
- Gelowe: Protestants (38%), Katoliek (34%), ander Christene (3%), Joods (2%), en ander (3%).
Stede
-
Los Angeles
(3 845 541 [2004]) -
San Diego
(1 305 736 [2005]) -
San José
(994 875 [2005]) -
San Francisco
(744 230 [2004])
Kultuur
Toerisme
-
Disneyland
-
Hollywood
-
Beverly Hills
-
Golden Gate Bridge
Sport
- Amerikaanse voetbal: Oakland Raiders, San Francisco 49ers, en San Diego Chargers.
- Yshokkie: Anaheim Mighty Ducks, Los Angeles Kings, en San Jose Sharks.
- Bofbal: Los Angeles Angels of Anaheim, Los Angeles Dodgers, Oakland Athletics, San Diego Padres, en San Francisco Giants.
- Basketbal: Golden State Warriors, Los Angeles Clippers, Los Angeles Lakers, en Sacramento Kings.
- Sokker: Los Angeles Galaxy, San Jose Earthquakes, en Club Deportivo Chivas USA.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met California. |
- State of California - Amptelike werf
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|