Tadoussac
Tadoussac | |
---|---|
Dorp | |
'n Uitsig oor Tadoussac | |
Koördinate: 48°09′00″N 69°43′00″W / 48.15000°N 69.71667°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Streek | Côte-Nord |
Streeksdistrik (MRC) | La Haute-Côte-Nord |
Stigting | 1600 |
Geïnkorporeer op | 10 Oktober 1899 |
Regering | |
• Burgemeester | Hugues Tremblay |
Oppervlak | |
• Totaal | 194,1 km2 (74,94 vk. myl) |
• Land | 53,98 km2 (20,84 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 804 |
• Digtheid | 14,9/km2 (38,6/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | G0T 2A0 |
Skakelkodes | 418 en 581 |
Webwerf | tadoussac.com |
Tadoussac is 'n dorp in Quebec, sowat 130 myle (210 km) suidwes van Quebecstad, met 'n bevolking van 804 in 2014. Die nedersetting was Frankryk se eerste handelspos op die vasteland van Nieu-Frankryk (tans Quebec) en is in 1600 deur Pierre de Chauvin, Sieur de Tonnetuit, gestig. Aanvanklik is 'n klein "habitation" opgerig, maar van die eerste setlaars in die nedersetting - sestien mans - het net vyf die strawwe winter van Quebec oorleef. Tadoussac was dertig jaar lank die enigste seehawe teen die Sint-Laurensrivier.
Die hedendaagse dorp lê digby die ou nedersetting, teen die monding van die Saguenayrivier in die Sint-Laurensrivier, en is 'n gewilde toeristebestemming. Naas die natuurskoon, die Saguenayfjord en sy omgewing met 'n aantal natuurparke kan 'n mens hier ook walvisse sien.
Die Centre d'Interprétation des Mammifères Marins behandel die soogdiere van die see.