2006
Voorkoms
2006 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2001 | 2002 | 2003 | 2004 | 2005 | ◄ 2006 ► | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2006 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Pluto in 2015 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2006 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 6de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – Masedonië betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 19 Januarie – Die New Horizons ruimtetuig word lanseer om foto's van Pluto en die Kuiper-gordel te neem.
- 6 Februarie – Stephen Harper (Konserwatiewe Party) lê die ampseed af as die 22ste Eerste Minister van Kanada.
- 10-26 Februarie – Die 20ste Olimpiese Winterspele word in Turyn, Italië, aangebied.
- 10-19 Maart – Die negende Paralimpiese Winterspele word in Turyn, Italië, aangebied.
- 4 Mei – Die Israelse Olmert-kabinet word opgerig.
- 3 Junie – Montenegro verklaar onafhanklikheid van Serwië en Montenegro.
- 8 Junie – Serwië erken die onafhanklikheid van Montenegro.
- 9 Junie-9 Julie – Die 18de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Duitsland gespeel, wat deur Italië gewen word.
- 24 Augustus – Die Internasionale Astronomiese Unie besluit finaal dat Pluto nie aan die nuwe definisie van 'n planeet voldoen nie en nou as 'n dwergplaneet beskou word.
- 7 Oktober–5 November – Die 5de Kampioenetrofee word in Indië aangebied en deur Australië gewen.
- 5 November – Die voormalige Irakese diktator, Saddam Hoesein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
- 11 Desember – Die Dwelmoorlog in Meksiko begin nadat president Felipe Calderón lede van die Meksikaanse polisie en weermag ná die deelstaat Michoacán stuur.
Geboortes
- 25 Junie – Mckenna Grace, Amerikaanse aktrise.
- 28 Junie – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise († 2019).
- 6 September – Prins Hisahito van Akishino, Japannese prins.
- 5 Oktober – Jacob Tremblay, Kanadese akteur.
Sterftes
- 1 Januarie – Haas Schoeman, Springbokflank (* 1940).
- 18 Januarie – Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sakeleier en omgewingsbewaarder (* 1916).
- 27 Januarie – Chris Heunis, Suid-Afrikaanse regter, politikus, lid van die Nasionale Party (* 1927).
- 1 Maart – Jack Wild, Britse akteur en sanger (* 1952).
- 7 Mei – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms (* 1937).
- 18 Junie – Vincent Sherman, Amerikaanse filmregisseur (* 1906),
- 4 Julie – Frans Claerhout, Belgiesgebore Suid-Afrikaanse skilder (* 1919).
- 6 Julie – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk(* 1919).
- 7 Julie – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het (* 1946).
- 11 Julie – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur (* 1915).
- 19 Julie – Jack Warden, Amerikaanse akteur (* 1920).
- 3 Augustus – Elisabeth Schwarzkopf, Duits-Britse sopraan en operasangeres (* 1915).
- 9 Augustus – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike (* 1914).
- 30 Augustus – Glenn Ford, Kanadese akteur (* 1916).
- 4 September – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder (* 1962).
- 9 September – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk (* 1922).
- 15 September – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skryfster (* 1929).
- 14 Oktober – Klaas Runia, Nederlandse joernalis, dominee en teoloog (* 1926).
- 21 Oktober – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor (* 1932).
- 31 Oktober – Pieter Willem Botha, Suid-Afrikaanse politikus, agste Eerste Minister van Suid-Afrika (1978–1984) en sesde Staatspresident van Suid-Afrika (1984–1989) (* 1916).
- 1 November – Adrienne Shelly, Amerikaanse aktrise (* 1966).
- 21 November – Pierre Amine Gemayel, Libanese politikus (* 1972).
- 23 November – Alexander Litvinenko, Russiese voormalige FSB-lid (* 1962).
- 23 November – Philippe Noiret, Franse akteur (* 1930).
- 24 November – Hercules von Molendorff, Bolandse rugby- en krieketspeler (* 1941).
- 6 Desember – Mavis Pugh, Britse aktrise (* 1914).
- 10 Desember – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus (* 1915).
- 15 Desember – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer (* 1939).
- 16 Desember – Taliep Petersen, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur (* 1950).
- 18 Desember – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder (* 1943).
- 25 Desember – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer sanger (* 1933)
- 26 Desember – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State (* 1913).
- 30 Desember – Saddam Hussein, president en diktator van Irak (* 1937).