28 Januarie
Voorkoms
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
28 Januarie is die 28ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 337 dae in die res van die jaar (338 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1521 – Die Ryksdag van Worms word byeengeroep om Martin Luther en die Protestantse hervorming in die Heilige Romeinse Ryk te bespreek.
- 1561 – Die vervolging van Franse Hugenote word deur die Edik van Orléans opgeskort.
- 1671 – Pous Clemens X verklaar Louise Albertoni salig.
- 1675 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word Metropolitaanse aartsbiskop van Manfredonia (Italië).
- 1709 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word aartsbiskop-biskop van Osimo (Italië).
- 1744 – Die Nederlandse owerheid dwing die Morawiese sendeling Georg Schmidt van Genadendal om die Kaap te verlaat deur hom te verbied om die doop te bedien.
- 1807 – Londen word die wêreld se eerste stad met gasbeligting.
- 1846 – Die Susan, die eerste van 19 skepe wat 4 185 kontrak-immigrante binne vyf jaar na die Kaapkolonie sou bring, kom in die Kaap aan.
- 1855 – ’n Lokomotief op die Panamaspoorweg voltooi die wêreld se eerste transkontinentale oorkruising.
- 1871 – Georges de Villebois-Mareuil, wat ook teen die Britte geveg het in die Tweede Vryheidsoorlog, word swaar gewond in 'n slag om die brug van Blois vanaf Pruise te herower.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Laingsnek vind plaas en genl. Piet Joubert verslaan die magte van genl. Sir George Colley.
- 1904 – Die Het Volk politieke party word in die Transvaalkolonie gestig.
- 1918 – Rebelle neem beheer van Helsinki en dwing die senaat van Finland ondergronds tydens die Finse Burgeroorlog.
- 1921 – ’n Simboliese graf van die Onbekende Soldaat word onder die Arc de Triomphe in Parys geïnstalleer.
- 1932 – Japannese troepe beset Shanghai in China.
- 1959 – Die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad, amptelik geopen deur Otto du Plessis, Kaapland se administrateur.
- 1970 – Die Henley on Klip busramp vind plaas.
- 1978 – Elf mense sterf toe die Apiesrivier en Moreletaspruit hul walle oorstroom na 'n wolkbreuk in Pretoria.
- 1986 – Die NASA-ruimtependeltuig Challenger ontplof 73 sekondes na lansering vanaf Kaap Canaveral. Al sewe bemanningslede sterf.
- 2021 – Verskeie aandelemakelaars verbied die tydelike aankoop van GameStop aandele na 'n kortdruk-aksie wat verskansingsfondse miljarde dollars in verliese op die aandelebeurse kos.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1457 – Hendrik VII, koning van Engeland († 1509).
- 1600 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) († 1669).
- 1611 – Johannes Hevelius, Duits-Poolse sterrekundige († 1687).
- 1822 – Alexander Mackenzie, Kanadese bouaannemer, koerantuitgewer en staatsman, Eerste Minister van Kanada († 1892).
- 1835 – Frans Lion Cachet, Nederlandse predikant en skrywer († 1899).
- 1841 – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis († 1904).
- 1873 – Colette, Franse skrywer († 1954).
- 1887 – Arthur Rubinstein, Poolse pianis († 1982).
- 1912 – Jackson Pollock, Amerikaanse skilder († 1956).
- 1925 – Don McKay, Amerikaanse akteur († 2018).
- 1928 – Vic Toweel, Suid-Afrikaanse bokser († 2008).
- 1944 – John Tavener, Engelse komponis († 2013).
- 1945 – Karen Lynn Gorney, Amerikaanse aktrise.
- 1948 – Mikhail Baryshnikov, Russies-Amerikaanse balletdanser.
- 1955 – Nicolas Sarkozy, Franse politikus en staatsman, President van Frankryk.
- 1961 – Arnaldur Indriðason, Yslandse skrywer.
- 1967 – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor († 2018).
- 1980 – Nick Carter, Amerikaanse musikant.
- 1988 – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer († 2023).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 814 – Karel die Grote, Romeinse keiser (* 742).
- 1547 – Hendrik VIII, koning van Engeland (* 1491).
- 1596 – Sir Francis Drake Engelse admiraal en ontdekkingsreisiger (* 1540).
- 1621 – Pous Paulus V, 233ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1552).
- 1687 – Johannes Hevelius, Duits-Poolse sterrekundige (* 1611).
- 1919 – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1860).
- 1919 – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III (* 1860).
- 1919 – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland (* 1859)
- 1939 – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg (* 1865).
- 1986 – Gregory Jarvis (* 1944), Christa McAuliffe (* 1948), Ronald McNair (* 1950), Ellison Onizuka (* 1946), Judith Resnik (* 1949), Dick Scobee (* 1939) en Michael J. Smith (* 1945), Amerikaanse ruimtevaarders van Challenger.
- 1988 – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen (* 1911).
- 1996 – Joseph Brodsky, Russies-Amerikaanse digter en essayis (* 1940).
- 2002 – Astrid Lindgren, Sweedse kinderboekskrywer wat Pippi Langkous geskep het. (* 1907).
- 2005 – Artūras Barysas, Litause kunstenaar (* 1954).
- 2014 – Pete Seeger, Amerikaanse folksanger en aktivis (* 1919).
- 2020 – Betty Cavanagh, eerste amptelike vroulike wenner van die Comrades (* onbekend).
- 2020 – Marj Dusay, 'n Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2021 – Sibongile Khumalo, Suid-Afrikaanse sanger (* 1957).
- 2021 – Cicely Tyson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1924).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 Januarie. |