30 Junie
Voorkoms
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
30 Junie is die 181ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (182ste in skrikkeljare). Dit is ook die laaste dag van die tweede kwartaal van die jaar. Daar volg nog 184 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 296 – Pous Marcellinus volg Pous Gajus op.
- 763 – Konstantyn V van Bisantium verslaan die Bulgare by Anchialus aan die Swart See.
- 1490 – Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI) word priester en pastoor van die Groot Begijnhof in Leuven.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer Quanta Cura oor die verbod op die handel in aalmoese en skryf in sy brief Pro exima tua aan Charles Emmanuel, koning van Sardinië, teen merkantilisme.
- 1851 – Die Slag van Viervoet vind plaas.
- 1859 – Jean-François Gravelet (bekend as Blondin) stap oor die Niagara-watervalle op 'n tou van 335 meter lang en 49 meter bo die water.
- 1864 – VSA Nasionale Parke: Abraham Lincoln skenk die Yosemite-vallei aan Kalifornië vir "openbare ontspanning".
- 1893 – Die Excelsior-diamant van 995 karaat word gevind in die De Beers myn in Jagersfontein.
- 1905 – Albert Einstein publiseer die artikel "Oor die elektrodinamika van bewegende liggame" en stel daarmee die spesiale relatiwiteitsteorie bekend.
- 1908 – Die Toengoeskaslagvoorval vind in Siberië plaas.
- 1934 – Nag van die lang messe: Gedurende die nag word die hele SA-topvlak deur die SS vermoor.
- 1955 – Die Unie van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk sluit die Simonstad-ooreenkoms.
- 1936 – Gone with the Wind deur Margaret Mitchell uitgegee.
- 1960 – Demokratiese Republiek van Kongo (nou die DRK) verkry onafhanklikheid van België.
- 1971 – Die bemanning van die ruimtetuig Sojoes 11 sterf toe hulle lugtoevoer deur 'n foutiewe klep ontsnap.
- 1974 – Mikhail Baryshnikov, 'n Sowjetballetdanser, loop oor na die Weste tydens 'n toer deur Kanada.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1722 – Georg Benda, Tsjeggiese komponis, violis en Kapellmeister uit die klassieke tydperk († 1795).
- 1748 – Sir George Thomas Napier, 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie († 1855).
- 1893 – Walter Ulbricht, Oos-Duitse militaris en kommunistiese politikus († 1973).
- 1899 – Madge Bellamy, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 1906 – Anthony Mann, Amerikaanse akteur en regisseur († 1967).
- 1911 – Czesław Miłosz, Poolse skrywer, essayis en digter, Nobelpryswenner († 2004).
- 1917 – Susan Hayward, Amerikaanse aktrise († 1975).
- 1917 – Lena Horne, Amerikaanse aktrise en menseregte-aktivis, in Brooklyn, New York († 2010).
- 1928 – Louis Karol, Suid-Afrikaanse argitek van wolkekrabbers.
- 1930 – Paul Mazursky, Amerikaanse filmregisseur en draaiboekskrywer († 2014).
- 1936 – Nancy Dussault, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1946 – Serge-Henri Valcke, Belgiese akteur.
- 1952 – David Garrison, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1954 – Serzh Sargsyan, Armeense politikus, 3de President van Armenië.
- 1958 – Esa-Pekka Salonen, Finse orkesdirigent en komponis.
- 1959 – Vincent D'Onofrio, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Rupert Graves, Engelse akteur, filmregisseur en draaiboekskrywer.
- 1966 – Mike Tyson, Amerikaanse beroepsbokser en akteur.
- 1970 – Brian Bloom, Amerikaanse akteur en skrywer.
- 1971 – Monica Potter, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Ralf Schumacher, Duitse Formule Een-beroepsrenjaer.
- 1978 – Stella Ndabeni-Abrahams, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
- 1982 – Lizzy Caplan, Amerikaanse aktrise.
- 1983 – Patrick Wolf, Britse sanger-liedjieskrywer.
- 1985 – Michael Phelps, Amerikaanse swemmer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1520 – Moctezuma II, leier van die Asteke (* 1466)
- 1932 – Bruno Kastner, Duitse akteur, vervaardiger, draaiboekskrywer (* 1890).
- 1956 – Thorleif Lund, Noorse akteur (* 1880).
- 1995 – Gale Gordon, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar (* 1906).
- 2003 – Buddy Hackett, Amerikaanse akteur en komediant (* 1924).
- 2009 – Harve Presnell, Amerikaanse akteur en sanger (* 1933).
- 2010 – Gordon Mulholland, Suid-Afrikaanse akteur (* 1921).
- 2012 – Yitzhak Shamir, Israelse politikus, 7de Eerste Minister van Israel (* 1915).
- 2014 – Paul Mazursky, Amerikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer (* 1930).
- 2017 – Simone Veil, 'n Franse en Europese staatsvrou (* 1927).
- 2019 – David Koloane, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938).
- 2021 – Donald Rumsfeld,'n Amerikaanse politikus en sakeman (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 Junie. |