4 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
4 Februarie is die 35ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 330 dae in die res van die jaar (331 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1794 – Tydens die Franse Rewolusie word slawerny in Frankryk en al sy kolonies afgeskaf.
- 1801 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) word lid van die Akademie vir die Katolieke Geloof, gestig deur Pous Pius VII.
- 1859 – Konstantin von Tischendorf ontdek die Kodeks Sinaiticus, 'n 4de-eeuse manuskrip van die Nuwe Testament, in 'n klooster aan die voet van die Sinaigebergte in Egipte.
- 1862 – Bacardi, een van die grootste rumvervaardigers ter wêreld, word gestig as 'n klein stokery in Santiago de Cuba, Kuba.
- 1899 – Die Filippyns-Amerikaanse Oorlog begin.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Kakamas vind plaas.
- 1936 – Radium E. word die eerste radioaktiewe chemiese element wat sinteties vervaardig word.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Winston Churchill, Franklin D. Roosevelt en Joseph Stalin vergader by die Yaltakongres.
- 1948 – Sri Lanka (destyds Ceylon) word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1957 – USS Nautilus, die eerste kernaangedrewe duikboot, teken sy 60 000ste seemyl aan en ewenaar daarmee die vermoë van die denkbeeldige Nautilus beskryf in Jules Verne se roman 20,000 Leagues Under the Sea.
- 1961 – Die chemiese element Lawrensium word sinteties vervaardig by die Berkeley-stralingslaboratorium in Kalifornië in die Verenigde State.
- 1963 - Die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) se militere vleuel, Poqo, vermoor vyf blanke burgerlikes naby die M'basherivier-brug in die Transkei.
- 1992 – President Frederik Willem de Klerk ontmoet 28 Franse bankiers en sakemanne in Parys en ontvang die Prix du Courage Politique.
- 1999 – Kapers in Sandton skiet die president van Daewoo Suid-Afrika, Yong Koo Kwon, in sy huis se oprit dood.
- 2003 – Die Bondsrepubliek Joego-Slawië verander sy naam in Serwië en Montenegro.
- 2009 – Verwoestende veldbrande breek uit rondom Stellenbosch en woed dae lank.
- 2023 – Die Amerikaanse Lugmag het 'n Chinese waarnemingsballon oor Amerikaanse gebiedswaters langs die kus van Suid-Carolina afgeskiet.
- 2024 – Ná die dood van die Namibiese president Hage Geingob is volgens die grondwet Nangolo Mbumba as sy opvolger ingesweer.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1893 – Raymond Dart, Australiesgebore Suid-Afrikaanse professor en een van die wêreld se voorste antropoloë († 1988).
- 1902 – Charles Lindbergh, Amerikaanse vlieënier († 1974).
- 1906 – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het († 1997).
- 1910 – Uys Krige, Afrikaanse skrywer en digter († 1987).
- 1912 – Erich Leinsdorf, Oostenryks-gebore Amerikaanse dirigent († 1993).
- 1913 – Rosa Parks, Amerikaanse burgerregte aktivis († 2005).
- 1932 – Robert Coover, Amerikaanse skrywer.
- 1942 – Thomas Deacon, Afrikaanse digter en skrywer († 2022).
- 1948 – Alice Cooper, Amerikaanse sanger.
- 1958 – Jabu Mabuza, Suid-Afrikaanse sakeman en belegger, gewese Eskom-hoof († 2021).
- 1965 – Julianne Buescher, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar.
- 1971 – Eric Garcetti, Amerikaanse politikus en burgemeester van Los Angeles.
- 1972 – Dara Ó Briain, Ierse komediant.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 211 – Septimius Severus, Romeinse keiser (193–211) (* 146)
- 708 – Pous Sisinnius, 87ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1615 – Giambattista della Porta, Italiaanse geleerde, veelweter en dramaturg (* 1535).
- 1911 – Piet Cronje, Suid-Afrikaanse kryger en Boeregeneraal (* 1836).
- 1913 – Gordon Sprigg, Britsgebore Suid-Afrikaanse staatsman, Eerste Minister van die Kaapkolonie (* 1830).
- 1946 – Herbert Baker, Britse argitek (* 1862).
- 1967 – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1879).
- 1983 – Karen Carpenter, Amerikaanse sanger (* 1950).
- 1987 – Liberace, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 1996 – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler (* 1906).
- 2004 – Stevo Crvenkovski, diplomaat van die Republiek van Masedonië (* 1948).
- 2013 – Donald Byrd, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1932).
- 2016 – Edgar Mitchell, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 2024 – Hage Geingob, Namibiese politikus en derde president van Namibië (* 1941).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 February. |