85ste Oscar-toekenningsaand
85ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 24 Februarie 2013 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Seth MacFarlane | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Argo | |
Meeste pryse | Life of Pi (4) | |
Meeste benoemings | Lincoln (12) |
Die 85ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2013 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2012. Seth MacFarlane was die aanbieder.
Life of Pi het vier Oscars gewen, waaronder beste regisseur vir Ang Lee.[1] Argo het drie pryse gewen, waaronder beste prent. Dit was net die derde prent wat die Oscar vir beste prent gewen het sonder dat sy regisseur benoem is.[1] Les Misérables het drie pryse gewen, en Django Unchained, Lincoln en Skyfall twee elk.
’n Verrassende wending was dat die eerste dame van Amerika, Michelle Obama, haar verskyning via satelliet gemaak en die Oscar vir beste prent saam met Jack Nicholson aangekondig het. Die vervaardigers het maande vooraf op die idee gekom en sou Ann Romney genooi het as haar man, Mitt Romney, Barack Obama sou verslaan het tydens die presidentsverkiesing van 2012. Die redes was dat hulle ’n nuwe dimensie tot die seremonie wou toevoeg en dat verskeie benoemde prente oor presidente en politieke temas gehandel het.[2] Mev. Obama se verskyning het egter kritiek onder sommige mense ontlok wat haar daarvan beskuldig het dat sy die Oscars verpolitiseer het.[3]
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[4]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Erepryse
[wysig | wysig bron]- Hal Needham
- D.A. Pennebaker
- George Stevens jr.
Jean Hersholt- Humanitêre Prys
[wysig | wysig bron]- Jeffrey Katzenberg
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Oscar winners at the 85th annual Academy Awards" (in Engels). Fox News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 25 Februarie 2013.
- ↑ Zeitchik, Steven (25 Februarie 2013). "Michelle Obama on the Oscars: The behind-the-scenes story". Los Angeles Times. Besoek op 4 Maart 2013.
- ↑ Goodman, Lee-Ann (26 Februarie 2013). "Michelle Obama's Oscar appearance ignites right-wing outrage". Calgary Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2013. Besoek op 28 Februarie 2013.
- ↑ "The 85th Academy Awards (2013) Nominees and Winners". Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). AMPAS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 22 September 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia