Algerië
| |||||
Nasionale leuse: بالشّعب وللشّعب[1][2] (Arabies vir: "Deur die volk en vir die volk") | |||||
Volkslied: Kassaman (Arabies vir: "Ons belowe") | |||||
Hoofstad | Algiers | ||||
Grootste stad | Algiers | ||||
Amptelike tale | Arabies[2] en Berbers[3] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Abdelmadjid Tebboune Nadir Larbaoui | ||||
Onafhanklikheid • Fenisiërs
• Kartagers • Numidiërs • Romeinse Ryk • Koninkryk Altava • Ifranid-dinastie • Rustamid-dinastie • Sulaymanid-dinastie • Zirid-dinastie • Hammadid-dinastie • Zayyanid-dinastie • Al Jazâ'ir • Emiraat Abdelkader • Frans-Algerië • Verklaar • Erken • Huidige grondwet |
900 v.C. 801 v.C. 202 v.C. 25 v.C. 477 757 776 786 972 1014 1235 1516 5 Julie 1830 1832 3 Julie 1962 5 Julie 1962 10 September 1963 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 381 741 km2 (10de) 919 595 myl2 1,1 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
45 400 000[4] (32ste) 37 900 000[4] 19 / km2 (171ste) 49,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,745[6] (91ste) – hoog | ||||
Gini (2011) | 27,6[7] – laag | ||||
Geldeenheid | Dinar (DZD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .dz, الجزائر. | ||||
Skakelkode | +213 |
Algerië (Arabies: الجزائر, al-Jazā'ir; Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ, Dzayer, Frans: Algérie), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See, noord van die Atlasgebergte. In die suidooste van Algerië is die Ahaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Magreb (of Tamazgha).
Algerië het 'n ou Berber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkryk Numidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie van Frankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.
Die hoofstad en grootste stad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die landsnaam is ontleen aan die stad Algiers. Die stadsnaam op sy beurt is afgelei van die Arabiese al-Jazā'ir (الجزائر, "die eilande"),[8] 'n korter vorm van die ouer Jazā'ir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغنة, "Eilande van die Mazghanna-stam"),[9][10] gebruik onder andere deur die Middeleeuse geograaf al-Idrisi.
Onlangse geskiedenis
[wysig | wysig bron]Sedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Die land ly ook onder werkloosheid, watertekort en behuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n sterk aardbewing getref.
Data
[wysig | wysig bron]Basisgegewens
[wysig | wysig bron]- Bestuursindeling: 48 provinsies
- Hoofstad: Algiers (3 415 811 (2011), metropolitaanse gebied 7 796 923)
- Ander stede: Oran (1 560 329), Tébessa (634 332), Constantine (464 219), Djelfa (339 248), Biskra (307 987), Batna (290 645), Sétif (288 461), Annaba (257 359), Mostaganem (245 330), Sidi bel Abbès (212 935), Skikda (182 903), Blida (182 447), Tiaret (178 915), Béjaïa (177 988), Tlemcen (173 531), Béchar (165 627), Bordj Bou Arréridj (158 812), El Oued (134 699), Ouargla (133 024)
Bevolking
[wysig | wysig bron]- Bevolkingsgroepe: Arabiere 70%, Berbers 30%, Franse
- Tale: Arabies (amptelike taal), Berber (Tamazight, Kabilies e.a.), Frans
- Lewensverwagting: 77,2 jaar (2018), 75,8 jaar (mans), 78,7 jaar (vroue)[11]
- Bevolkingsgroei: 1,63% (2018)[11]
- Geletterdheid: 80,2% (2015) mans 87,2%, vrouens 73,1%[11]
Politiek
[wysig | wysig bron]Algerië is 'n unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek. Die parlement bestaan uit 'n nasionale vergadering van 480 lede wat elke vyf jaar verkies word, en 'n nasionale raad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke drie jaar word die helfte van die lede verkies. Die president word elke vyf jaar regstreeks verkies.
- President: Abdelmadjid Tebboune (sedert Desember 2019)
- Regeringsleier: Nadir Larbaoui (sedert November 2023)
- Partye met aantal setels (verkiesing Mei 2002):
- FLN (Front de Libération Nationale) 160 van 480; nasionale raad: 40 van 96 gekose lede
- RND (Rassemblement National Démocratique): 100 – 42
- FFS (Front des Forces socialistes; sosiaal-demokraties): 4 – 0
- TAJ (Rassemblement pour l'espoir de l'Algérie): 20 – 0
- MPA (Mouvement populaire algérien): 13 – 1
- MPS (Mouvement de la société pour la paix): 34 – 0
- Ennahda – FJD: 15 – 0
- FF: 14 – 1
- FFS: 14 – 0
- PT: 11 – 0
- RCD: 9 – 0
- Ander partye: 75 – 43
- Onafhanklikes: 10 – 6
- Vakant: 2 – 1
Ekonomie
[wysig | wysig bron]- BNP: $200,171miljard (2019), $4 646 per persoon
- Groei BNP: 3,7%[11]
- Landbou: graan, dadels, sitrus, wyn[11]
- Grondstowwe: aardolie, aardgas, yster, fosfaat, sink, sout[11]
- Uitvoere (2002): ruolie, aardgas en verwante produkte (97%), halfvervaardigde goedere (3%)[11]
- Uitvoervennootskappe: Italië 17,4%, Spanje 13%, Frankryk 11,9%, Verenigde State 9,4%, Brasilië 6,2%, Nederland 5,5% (2017)[11]
- Invoere: masjinerie en vervoermiddels 38%, halfvervaardigde goedere 20%, verbruikersgoedere 14%[11]
- Invoervennootskappe: Volksrepubliek China 18,2%, Frankryk 9,1%, Italië 8%, Duitsland 7%, Spanje 6,9%, Turkye 4,4% (2017)[11]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (ar) "Constitution of Algeria, Art. 11". El-mouradia.dz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2012. Besoek op 17 Januarie 2013.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Constitution of Algeria; Art. 11". Apn-dz.org. 28 November 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 17 Januarie 2013.
- ↑ (en) "APS" (PDF). Algeria Press Service. 6 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 November 2016. Besoek op 6 Januarie 2016.
- ↑ 4,0 4,1 (fr) "Démographie" (PDF). Nasionale Statistiekkantoor. Besoek op 12 November 2023.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Algeria". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 12 November 2023.
- ↑ (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 12 November 2023.
- ↑ (en) "Gini index – Algeria". Wêreldbank. Besoek op 12 November 2023.
- ↑ (en) LLC, Forbidden Fruits (30 Januarie 2013). iAfrica – Ancient History UNTOLD. Forbidden Fruit Books LLC.
- ↑ (ar) Bazina, Abdullah Salem (2010). The spread of Islam in Sub-Saharan in Africa. Al Manhal. ISBN 9796500027.
- ↑ (en) Abderahman, Abderrahman (1377). History of Ibn Khaldun – Volume 6.
- ↑ 11,00 11,01 11,02 11,03 11,04 11,05 11,06 11,07 11,08 11,09 (en) "Algeria". Central Intelligence Agency. Besoek op 12 November 2023.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Algeria". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "Algeria". Central Intelligence Agency. Besoek op 12 November 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Algerië. |
- (en) Toerisme-inligting oor Algerië op Wikivoyage
- (ar) Amptelike webwerf van die Algerynse regering
- (ar) Amptelike webwerf van die Algerynse eerste minister