Gaan na inhoud

Apollodorus van Phaleron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Apollodorus van Phaleron (Oudgrieks: Ἀπολλόδωρος Φαληρεύς, Apollódōros Phalēreύs, omstreeks 445 – 4de eeu v.C.) was 'n antieke Atheense student en een van die voorste ondersteuners van Sokrates[1] wat dikwels uitgebeeld word in Sokratiese letterkunde.

Die meeste van wat bekend is oor Apollodorus se lewe is afkomstig uit die werke van Plato, vernaam die Simposium. Hier beskryf Apollodorus homself as van dieselfde ouderdom as Plato se broer Glaucon,[2] wat sy geboortedatum rondom 445 v.C. plaas. Hy was 'n inwoner van die Atheense hawe Phaleron, en het finansiële sukses geniet voordat hy Sokrates saam met sy broer Aiantodorus[1] begin volg het in die jare voor die filosoof se dood.[2] Soos uitgebeeld in Plato se Phaedo, was hy teenwoordig by Sokrates se teregstelling en het daarna uiters lojaal gebly aan sy meester se leringe. Plato en ander ou skrywers beeld hom uit as 'n emosionele en eenvoudige individu[3] wat nietemin aansienlik bygedra het deur Sokrates se sienings te populariseer.[1]

Apollodorus kom ook voor of word genoem in Plato se Apologia (Grieks: Ἀπολογία Σωκράτους, Apología Sokrátous; Latyns: Apologia Socratis), Xenophon van Athene se Memorabilia en Apologie (Grieks: Ἀπολογία Σωκράτους πρὸς τοὺς Δικαστάς), en talle latere bronne, insluitend Athenaeus, Cicero se Oor die aard van die gode en Plutarchus se Kato die jongere. Skolastici neem oor die algemeen aan dat die beeldhouer genaamd Apollodorus wat genoem word in Plinius die ouere se Natuurlike Geskiedenis 'n ander individu is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Robert T. Ptaszek (20 Februarie 2012). "Apollodorus of Phaleron". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 21 Februarie 2012.
  2. 2,0 2,1 Plato, Simposium, 173a
  3. Debra Nails: The people of Plato: a prosopography of Plato and other Socratics. Indianapolis: Hackett Publishing, 2002.