Apollodorus van Seleukië
Apollodorus van Seleukië (Grieks: Ἀπολλόδωρος; floreer in omstreeks 150 v.C.) was 'n Stoïsynse filosoof en 'n student van Diogenes van Babilon.
Apollodorus is bekend daarvoor dat hy Sinisme beskryf het as "die kort pad na deugde",[1] en hy was moontlik die eerste Stoïsyn na die tyd van Zeno en Ariston om op sistematiese wyse die versoening van Stoïsisme met Sinisme aan te pak. Die uitgerekte weergawe van Sinisme wat gegee is deur Diogenes Laërtius,[2] wat vanuit 'n Stoïsynse oogpunt aangebied word, kan toegeskryf word aan Apollodorus,[3]en dit is moontlik dat hy die eerste Stoïsyn was wat die idee van 'n lyn van Siniese opvolging van Sokrates tot Zeno bevorder het (Sokrates – Antisthenes – Diogenes – Krates – Zeno).
Hy het 'n aantal handboeke (Grieks: εἰσαγωγαί) oor Stoïsisme geskryf, insluitend een oor etiek en fisika wat gereeld deur Diogenes Laërtius aangehaal is.[1] Sy boek oor fisika was welbekend in antieke tye, en die Stoïsyn Teon van Alexandrië het in die 1ste eeu n.C. 'n kommentaar daaroor geskryf.[4] Dit word verskeie kere deur Diogenes Laërtius aangehaal, en Stobaeus het Apollodorus se sienings oor die aard van tyd opgeteken:
Tyd is die dimensie van die wêreld se beweging; en dit is oneindig op die wyse waarop daar gesê word dat die heel getal oneindig is. Sommige daarvan staan in die verlede, sommige in die hede, en ander in die toekoms. Maar die hele tyd is aanwesig, soos ons bv. sê dat die jaar op 'n groter kompas aanwesig is. Daar word ook gesê dat die geheel van tyd behoort, hoewel nie een van sy dele presies behoort nie.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Diogenes Laërtius, The Lives and Opinions of Eminent Philosophers, VII
- ↑ Diogenes Laërtius, The Lives and Opinions of Eminent Philosophers, VI' '
- ↑ Dawson, D., Cities of the Gods: Communist Utopias in Greek Thought, Drukpers van die Universiteit van Oxford. (1992).
- ↑ Suda, Theo .
- ↑ Stobaeus, 1.105, 8–16