Armagh
Armagh Ard Mhacha (Iers) | |
---|---|
Stad | |
Die Rooms-Katolieke Sint Patrick-katedraal | |
Byname: Ireland's Ancient Cathedral City | |
Koördinate: 54°21′05″N 6°39′17″W / 54.35139°N 6.65472°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Armagh |
Distrik | Armagh, Banbridge and Craigavon |
Regering | |
• Lord Mayor | Cllr Garath Keating (SF) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 749 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT60, BT61 |
Skakelkodes | 028 |
Webwerf | Armagh City, Banbridge & Craigavon |
Armagh ([ɑrˈmɑː], afgelei van die oorspronklike Iers-Gaeliese naam Ard Mhacha of "Macha se Hoogte", 'n verwysing na 'n mitiese godin wat haar volgens oorlewerings saam met haar stam hier gevestig het) is die administratiewe setel (county town) van die gelyknamige Noord-Ierse graafskap (County Armagh) asook een van Ierland se historiese burgerlike parogieë of civil parishes.
Armagh vervul daarnaas 'n belangrike rol in kerkadministrasie as die setel van die Rooms-Katolieke Aartsbiskoppe van Armagh (wat ook die status van "Primate van heel Ierland" het) en die Anglikaanse Kerk van Ierland. So het hier sowel 'n Rooms-Katolieke asook 'n Anglikaanse katedraal ontstaan – die twee bekendste geboue in Armagh naas die plaaslike sterrewag en die planetarium (die enigste in Ierland).
Alhoewel Armagh met 'n bevolking van 14 749 (volgens die sensus van 2011) net 'n middelgroot nedersetting is, het koningin Elizabeth II in 1994 stadstatus en in 2012 Lord Mayoralty-status aan Armagh toegeken. Dit is tans die kleinste nedersetting met stadstatus in Noord-Ierland asook die vierde kleinste in die Verenigde Koninkryk. Armagh het reeds in Voor-Christelike Ierland 'n leidende politieke rol gespeel as een van die koninklike setels van die eiland.