Billie Jean King
Billie Jean King (née Moffitt; gebore 22 November 1943), ook bekend as BJK, is 'n Amerikaanse voormalige wêreld nommer een tennisspeelster. Sy het 39 Grand Slam-titels gewen: 12 in enkelspel, 16 in vrouedubbelspel en 11 in gemengde dubbelspel. King was 'n lid van die seëvierende span van die Verenigde State in sewe Federasiebekers en nege Wightmanbekers. Sy was drie jaar lank die Amerikaanse kaptein in die Federasiebeker.
King is 'n voorstander van geslagsgelykheid en is lank reeds 'n pionier vir gelykheid en sosiale geregtigheid. In 1973, op die ouderdom van 29, het sy skitterend die "Battle of the Sexes"-tenniswedstryd teen die 55-jarige Bobby Riggs gewen.
King was ook die stigter van die Vrouetennisvereniging en Vrouesportstigting in Amerika. Sy was instrumenteel daarin om die sigarethandelsmerk Virginia Slims te oorreed om vrouetennis in die 1970's te borg en het in die 2000's op die direksie van hul moedermaatskappy Philip Morris gedien.[1][2][3][4][5][6]
King, wat deur baie as een van die grootste tennisspelers van alle tye beskou word, is in 1987 in die Internasionale Tennis Hall of Fame opgeneem. Die Fed Cup-toekenning van uitnemendheid is aan haar toegeken in 2010. In 1972 was sy die gesamentlike wenner, saam met John Wooden, van die Sports Illustrated Sportsman of the Year-toekenning en was in 1975 een van die Time se Persone van die Jaar. Sy het ook die Presidensiële Medalje van Vryheid en die Sunday Times Sportswoman of the Year-toekenning vir lewenslange prestasie ontvang. Sy is in 1990 in die National Women's Hall of Fame opgeneem. In 2006 is die USTA National Tennis Centre in New York Stad herdoop na die USTA Billie Jean King National Tennis Centre. In 2018 het sy die BBC Sports Personality of the Year Lifetime Achievement Award gewen.
In 2020 is die Federasiebeker herdoop na die Billie Jean King-beker ter ere van haar. In 2022 is die Franse Legioen van Eer aan haar toegeken, en in 2024 het sy 'n goue kongresmedalje ontvang. Op 7 Oktober 2024 is King aangewys as die grootmaarskalk van die 2025 Rose Parade en Rose Bowl Game.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ King, Billie Jean. "Billie Jean King – Speaker". TED.
- ↑ Deixlia. "Billie Jean King in 1973 Wimbledon match against Bobby Riggs". ElasticReviews.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2021. Besoek op 14 September 2021.
- ↑ Jason Le Miere (28 Augustus 2015). "Top 10 Women's Tennis Players Of All-Time: Where Does Serena Williams Rank On List Of Greatest Ever?". International Business Times. Besoek op 30 Januarie 2017.
- ↑ "Serena Williams: Is she your greatest female player of the Open era?". BBC Sport. 28 Januarie 2017. Besoek op 30 Januarie 2017.
- ↑ "Who Is the Greatest Female Player Ever?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2008.
- ↑ "International Tennis Hall of Fame biography of Billie Jean Moffitt King". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2006. Besoek op 15 Februarie 2007.