Blaarsnyermier
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Blaarsnyermier | |
---|---|
Mier met blaar | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Latreille, 1809
|
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. cephalotes
|
Binomiale naam | |
Atta cephalotes L.
|
Die blaarsnyermier (Atta cephalotes) is 'n mierspesie wat in die tropiese reënwoude van Suid-Amerika voorkom.
Blaarsnyermiere is sosiale insekte wat in kolonies van tot twee miljoen miere voorkom. Hulle bedryf 'n vorm van landbou. Die hoofvoedselbron is 'n fungus wat in reekse ondergrondse kamers op blare gekweek word wat deur verkennermiere vir die kolonie versamel word. 'n Enkele mier sou 'n ryk bron van blare soos 'n boom nie kon benut nie, maar die verkennermiere los 'n chemiese spoor na die voedselbron wat ander miere na die boom lei. Talle miere werk saam om die blare te oes wat in die nes aan die fungus blootgestel word. Die chemiese spoor bevat die verbinding metiel-4-metielpirool-2-karboksilaat.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Die chemiese karakterisering van die reukmerkvloestof van die Bengaalse tier, Panthera tigris tigris Marlize Z. Viviers Proefskrif U Stellenbosch 2006