Caterham F1-span
Die Caterham F1-span was 'n Maleisiese Formule Eenspan wat tussen 2012 en 2014 aktief was. In 2010 en 2011 ding die span mee in Formule 1 onder die naam Lotus, opgerig deur Tony Fernandes.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Voor die aanvang van die 2012-seisoen blyk dit, soos in die voorafgaande twee seisoene onder die Lotus-naam, of die jaers Heikki Kovalainen en Jarno Trulli vir die span sou verskyn. Op 17 Februarie 2012 word egter berig dat Trulli vervang word deur die Rus Vitaly Petrov, wat beteken dat daar vir die eerste keer sedert 1970 geen Italianer in F1 sou jaag nie. Die Nederlander Giedo van der Garde word vir die 2012-seisoen aangestel as die toets- en reserwebestuurder van die span.
In Januarie 2012 word bevestig dat die span sou verhuis na die Leafield Technical Centre, die voormalige hoofkwartier van die Arrows en Super Aguri F1 Formule 1-spanne.
Die span behaal geen punte in die 2012-kampioenskap nie, maar nadat Petrov in die laaste ren van die seisoen in die 11de plek eindig, is die span 10de in die vervaardigerskampioenskap. Dié 11de plek was ook die beste uitslag in 'n Grand Prix sedert die ontstaan van die span in 2010.
2014-seisoen
[wysig | wysig bron]In 2014 jaag die span met Kamui Kobayashi, wie na Formule 1 terugkeer, en die debutant Marcus Ericsson, waartydens Robin Frijns en Alexander Rossi as toetsbestuurders aan sommige Vrydagoefeninge mag deelneem. Die seisoen begin sleg: in Australië val albei jaers uit. Spaneienaar Fernandes waarsku die span dat hy sou onttrek as die span se prestasies nie verbeter in 2014 nie. 'n Groot terugslag was die negende plek van Marussia-jaer Jules Bianchi tydens die Monaco Grand Prix, waardeur Caterham weer die houtlepel (laaste plek) in die vervaardigerskampioenskap ontvang.
Op 2 Julie 2014 word bekend gemaak dat Fernandes die span verkoop het aan beleggers uit Switserland en die Midde-Ooste, onder leiding van Colin Kolles. Kolles stel die voormalige Formule 1-renjaer Christijan Albers aan as spanhoof.
Na afloop van die 2014-seisoen word Caterham en Marussia, wat ook finansiële probleme gehad het, opgeneem in die beginlys van 2015. Op 5 Februarie 2015 word dit egter bekend dat verskeie eiendomme van die span op 11 Maart, enkele dae voor die begin van die Formule 1-seisoen, opgeveil gaan word. Hierna lyk 'n terugkeer van die span onwaarskynlik. Op 27 Februarie word die amptelike deelnemerlys bekendgemaak, waarop Caterham nie meer verskyn nie.
Uitslae
[wysig | wysig bron]Kleur | Uitslag |
---|---|
Goud | Wenner |
Silwer | 2e plek |
Brons | 3e plek |
Groen | Voltooi, verdien punte |
Blou | Voltooi, geen punte |
Pers | Nie voltooi (DNF) |
Nie geklassifiseer (NC) | |
Rooi | Nie gekwalifiseer (DNQ) |
Swart | Gediskwalifiseer (DSQ) |
Wit | Nie begin (DNS) |
Leeg | Nie deelgeneem |
Uitgesluit (EX) | |
P | Voorste wegspringplek |
V | Vinnigste rondte |
Jaar | Onderstel | Enjin | Bande | Bestuurders | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | Punte | Plek |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2012 | CT01 | Renault RS27-2012 2.4 V8 | P | AUS |
MAL |
CHN |
BHR |
ESP |
MON |
KAN |
EUR |
GBR |
GER |
HON |
BEL |
ITA |
SIN |
JPN |
KOR |
IND |
ABU |
VSA |
BRA |
0 | 10de | |
Heikki Kovalainen | DNF | 18 | 23 | 17 | 16 | 13 | 18 | 14 | 17 | 19 | 17 | 17 | 14 | 15 | 15 | 17 | 18 | 13 | 18 | 14 | ||||||
Vitaly Petrov | DNF | 16 | 18 | 16 | 17 | DNF | 19 | 13 | DNS | 16 | 19 | 14 | 15 | 19 | 17 | 16 | 17 | 16 | 17 | 11 | ||||||
2013 | CT03 | Renault RS27-2013 2.4 V8 | P | AUS |
MAL |
CHN |
BHR |
ESP |
MON |
KAN |
GBR |
GER |
HON |
BEL |
ITA |
SIN |
KOR |
JPN |
IND |
ABU |
VSA |
BRA |
0 | 11de | ||
Charles Pic | 16 | 14 | 16 | 17 | 17 | DNF | 18 | 15 | 17 | 15 | DNF | 17 | 19 | 14 | 18 | DNF | 19 | 20 | DNF | |||||||
Giedo v.d. Garde |
18 | 15 | 18 | 21 | DNF | 15 | DNF | 18 | 18 | 14 | 16 | 18 | 16 | 15 | DNF | DNF | 18 | 19 | 18 | |||||||
2014 | CT05 | Renault Energy F1-2014 1.6 V6 turbo | P | AUS |
MAL |
BHR |
CHN |
ESP |
MON |
KAN |
AUT |
GBR |
GER |
HON |
BEL |
ITA |
SIN |
JPN |
RUS |
VSA |
BRA |
ABU |
0 | 11de | ||
Marcus Ericsson | DNF | 14 | DNF | 20 | 20 | 11 | DNF | 18 | DNF | 18 | DNF | 17 | 19 | 15 | 17 | 19 | ||||||||||
Kamui Kobayashi | DNF | 13 | 15 | 18 | DNF | 13 | DNF | 16 | 15 | 16 | DNF | 17 | DNS | 19 | DNF | DNF | ||||||||||
André Lotterer | DNF | |||||||||||||||||||||||||
Will Stevens | 17 |