Coronation Street
Coronation Street | |
Genre | Sepie |
---|---|
Geskep deur | Tony Warren |
Temamusiekkomponis | Eric Spear |
Openingstema | "Coronation Street theme" |
Afsluitingstema | "Coronation Street" (instrumenteel) |
Oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Aantal episodes | 9 218 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Verskeie (tans Kieran Roberts) |
Vervaardiger(s) | Kate Oates |
Venue(s) | Granada Studios, Manchester (1960–2013) MediaCity, Trafford Wharf (2014–hede) |
Kameraopstelling | Videoband; Meervoudige kamera |
Produksiemaatskappy | Granada Television (1960–2006) ITV Productions (2006–2009) ITV Studios (2009–hede) |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | ITV |
Beeldformaat | 405-line Black & White (4:3 SDTV, 1960–1969) 576i Colour (4:3 SDTV, 1969–2001) 576i (16:9 SDTV, 2002–2010) 1080i (16:9 HDTV, 2010–hede) |
Klankformaat | Monaural (1960–1990) Stereo (1990–2010) Dolby Digital 5.1 (2010–hede) |
Eerste lopie | 9 Desember 1960 – hede |
Kronologie | |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
Coronation Street (algemeen bekend as Corrie) is sedert 1960 ’n gewilde sepie op Britse televisie.[1] Die eerste aflewering van die TV-reeks is op 9 Desember 1960 vertoon. Sedertdien is daar al meer as 8 000 aflewerings uitgesaai. Die reeks word deur ITV Granada Television vervaardig en deur die Britse sender ITV gebeeldsend.
Die program handel oor die alledaagse lewens van die mense wat in Coronation-straat in Weatherfield woon. Weatherfield is 'n denkbeeldige buurt in Groter Manchester, waar die program ook opgeneem word. Die kafee in die straat, die Rovers Return Inn, vervul 'n belangrike rol as die ontmoetingsplek vir die inwoners in die reeks.
Op 17 September 2010 word Coronation Street die wêreld se langslopende TV-sepie in produksie, nadat die Amerikaanse sepie As the World Turns op dié datum geëindig het.[2] Voor dit was dit reeds die langslopende dramareeks in die Verenigde Koninkryk gewees.[3] In 1971 het Granada Television 'n rekord van 1 144 aflewerings aan die voormalige Kanadese TV-stasie CBKST Saskatoon verkoop.[3]
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]Akteur | Rol | Periode |
---|---|---|
Violet Carson | Ena Sharples | 1960–1980 |
Margot Bryant | Minnie Caldwell | 1960–1976 |
Lynne Carol | Martha Longhurst | 1960–1964 |
Arthur Lowe | Leonard Swindley | 1960–1965 |
Jack Howarth | Albert Tatlock | 1960–1984 |
William Roache | Ken Barlow | 1960–hede |
Pat Phoenix | Elsie Tanner | 1960–1973, 1976–1984 |
Doris Speed | Annie Walker | 1960–1983 |
Arthur Leslie | Jack Walker | 1960–1970 |
Eileen Derbyshire | Emily Bishop | 1961–hede |
Kenneth Cope | Jed Stone | 1961, 1962–63, 1966, 2008–2009 |
Jean Alexander | Hilda Ogden | 1964–1987 |
Bernard Youens | Stan Ogden | 1964–1984 |
Betty Driver | Betty Turpin | 1969–2011 |
Anne Kirkbride | Deirdre Barlow | 1972–2014 |
Barbara Knox | Rita Sullivan | 1972–hede |
Elizabeth Dawn | Vera Duckworth | 1972–2008 |
Helen Worth | Gail Platt | 1974–hede |
Bill Tarmey | Jack Duckworth | 1979–2010 |
Sue Nicholls | Audrey Roberts | 1979–hede |
Michael Le Vell | Kevin Webster | 1981–hede |
Sally Whittaker | Sally Webster | 1986–hede |
Simon Gregson | Steve McDonald | 1989–hede |
Beverley Callard | Liz McDonald | 1989–hede |
Tina O'Brien | Sarah Platt | 1999–2007, 2015–hede |
Sue Cleaver | Eileen Grimshaw | 2000–hede |
Ryan Thomas | Jason Grimshaw | 2000–hede |
Andrew Whyment | Kirk Sutherland | 2000–hede |
Jennie McAlpine | Fiz Brown | 2001–hede |
Kate Ford | Tracy Barlow | 2002 tot hede |
Julia Haworth | Claire Peacock | 2003–2011 |
Anthony Cotton | Sean Tully | 2004–hede |
Jenny Platt | Violet Wilson | 2004–hede |
Michelle Keegan | Tina McIntyre | 2007–hede |
Katy Cavanagh | Julie Carp | 2008–hede |
Ayesha Dharker | Tara Mandal | 2008–2009 |
Catherine Tyldesley | Eva Price | 2011–hede |
John Michie | Karl Munro | 2011–hede |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) Coronation Street breaks two world records, 24 September 2010.
- ↑ 3,0 3,1 (en) The Guinness Book of Records 1998, Guinness Publishing Ltd, 1997.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Coronation Street.
- (en) Amptelike webwerf