Gaan na inhoud

Diesellokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Twee diesellokomotiewe, stert-aan-stert gekoppel

'n Diesellokomotief is 'n tipe spoorweglokomotief waarvan die eerste bron van aandrywingskrag 'n dieselenjin is. Verskeie vorme van diesellokomotiewe is oor die jare ontwikkel, welke vorme hoofsaaklik verskil in die wyse waarop kinetiese energie (dryfkrag) aan die lokomotief se dryfwiele oorgedra word.

Historiese ontwikkeling

[wysig | wysig bron]

Dieselenjins het stadig maar seker treine wat deur stoomenjins aangedryf word, vervang, na mate die vervaardiging en operasionele doeltreffendheid van dieselenjins goedkoper geraak het. Ten spyte daarvan dat die aanvanklike koste van dieselenjins hoog is, is stoomlokomotiewe slegs vir spesifieke spoorwegroetes ontwerp en gevolglik was dit moeilik om goeie ekonomiese skaal te bereik.

Hoewel meer kompleks om te produseer, met 'n veeleisende vervaardigingstoleransie van 0,0025 mm vir diesel, in vergelyking met 0,25 mm vir stoom, is diesellokomotiewe se onderdele meer bevorderlik vir massaproduksie.

Die stoomenjinvervaardiger Baldwin het byna vyfhonderd stoommodelle in sy fleur geproduseer, terwyl EMD minder as tien dieseltipes kon aanbied.

Soorte diesellokomotiewe

[wysig | wysig bron]
  • Diesel-meganies
  • Diesel-elektries
  • Elektro-diesel
  • Diesel-hidroulies
  • Diesel-stoom
  • Diesel-pneumaties