Gaan na inhoud

Hipertensie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hipertensie
Klassifikasie en eksterne bronne
Armband en monitor waarmee bloeddruk gemeet kan word.
Armband en monitor waarmee bloeddruk gemeet kan word.
ICD-10   I10,I11,I12,
  I13,I15
ICD-9   401
OMIM   145500
DiseasesDB   6330
MedlinePlus     000468
eMedicine   med/  1106  ped/1097   emerg/267
MeSH   D006973
Mediese waarskuwing

Hipertensie, of hoë bloeddruk, is 'n mediese toestand waar die bloeddruk chronies verhoog is. Dit word formeel arteriële hipertensie genoem (arterie=slagaar), maar met "hipertensie" word gewoonlik verwys na arteriële hipertensie.

Hipertensie wat onbehandeld voortduur, is een van die risikofaktore vir beroertes, hartaanvalle (miokardiale infarksies), en arteriële aneurismes en is ook 'n belangrike oorsaak van chroniese nierversaking.

Definisie

[wysig | wysig bron]

Met verhoogde bloeddruk styg die kardiovaskulêre risiko. Die arbitrêre punt waarby bloeddruk as hipertensie beskou word is wanneer 'n volgehoue bloeddruk van 140/90 mm Hg (millimeter kwik) teenwoordig is, soos in albei arms gemeet word. Bloeddruk-metings varieer soms baie - veral in die spreekkamer - daarom is twee of meer metings nodig om 'n diagnose van hipertensie te kan stel. Toestande waar bloeddruk meer aggressief behandel word sluit in suikersiekte, chroniese niersiekte, hartversaking, na 'n hartaanval, beroerte en ook waar risikofaktore vir hartsiekte voorkom.

Die JNC 7 (The Seventh Report of the Joint National Committee on Prevention, Detection, Evaluation, and Treatment of High Blood Pressure) het bloeddruk van 120/80 mm Hg tot 139/89 mm Hg as "prehipertensie" gedefinieer. Dit is nie 'n siekte-kategorie nie, maar dui op individue met 'n verhoogde risiko om hipertensie te ontwikkel.

In pasiënte met diabetes mellitus of niersiekte het studies bepaal dat 'n bloeddruk bo 130/80 mm Hg as 'n risiko beskou moet word wat behandeling benodig.