Gaan na inhoud

Johannes Smuts

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Johannes Joachim Lodewyk Smuts (9 Julie 17851 Augustus 1869) was 'n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad.[1]

Biografie

[wysig | wysig bron]

Smuts is in Kaapstad gebore, die seun van Johannes Smuts en Magdalena Elisabeth Wernich. Hy het as Sekretaris van die Weeskamer in Kaapstad gewerk. Die funksie van die Weeskamer was onder andere om die boedels te administreer van persone wat intestaat in die Kolonie sterf en onder wie se erfgename minderjariges of persone wat in die buiteland woonagtig was; die registrasie van testamente van oorlede persone; die administrasie van minderjariges se eiendom en die byhou van 'n sterfteregister of rekord van persone wat aan die Kaap gesterf het. Na sy tyd by die Weeskamer het hy 'n geruime tyd in die Koloniale Kantoor gewerk en ook die amp van Ontvanger-generaal van Grondinkomste beklee.[2]

Gedurende die 1830's het Smuts as 'n geldskieter gewerk en teen die middel van die 1830's, met die vrystelling van slawe, het hy as die geldskieter vir sy landgenote op die sekuriteit van slawe opgetree. Smuts was ook 'n lid van die slawevergoedingsraad en het saam met Hamilton Ross opgetree, as 'n agent vir die betaling van vergoedingsgeld aan voormalige slawe-eienaars.[3] Hy het daarin geslaag om 'n aansienlike eiendomsportefeulje op te bou en het in 1842 22 eiendomme in Kaapstad besit.[4]

In 1844 het Smuts Michiel van Breda opgevolg as voorsitter van die Munisipale Raad van Kaapstad, wat effektief die rol van Burgemeester was en gedurende sy termyn, in 1847, is Kaapstad 'n stad verklaar in terme van opdrag wat deur die Britse owerheid verleen is. Smuts het in 1848 as voorsitter uitgetree.[5] Hy het sy lewe lank in Kaapstad gewoon en is op 1 Augustus 1869 by sy huis, Zorgwyk, in Tuine, Kaapstad oorlede.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Heese, J. A. (2004). South African Genealogies: Vol 11. Stellenbosch: Genealogical Institute of South Africa. p. 490. ISBN 0-7972-1031-8. OCLC 18051341.
  2. Parliament, Cape of Good Hope (South Africa) (1845). Report from the Committee of the Legislative Council on the Judicial Establishment of the Colony of the Cape of Good Hope: Together with the Minutes of Evidence and Appendix (in Engels). Solomon.
  3. Worden, Nigel (2004). Cape Town : the making of a city : an illustrated social history. Van Heyningen, Elizabeth. Bickford-Smith, Vivian. (1st uitg.). Cape Town: David Philip. p. 158. ISBN 0-86486-656-9. OCLC 56694127.
  4. Warren, D. (1986). "Merchants, Commissioners and wardmasters: 1840–1854" (PDF). University of Cape Town.
  5. Bloomberg, David (2011). The chain gang : mayors who served in Cape Town's City Hall. Newlands, South Africa: Ampersand Press. p. 2. ISBN 978-1-919760-78-0. OCLC 712769486.
  6. Bloomberg, David (2011). The chain gang : mayors who served in Cape Town's City Hall. Newlands, South Africa: Ampersand Press. p. 2. ISBN 978-1-919760-78-0. OCLC 712769486.