Gaan na inhoud

Lys van Formule Een-bane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ligging van renbane wat 'n Grand Prix aangebied het. Gasheerlande vir huidige Formule Eenseisoen is in groen aangedui. Voormalige gasheerlande is in donkergrys aangedui.

Formule Een (amptelik FIA Formula One World Championship), dikwels afgekort as F1, is die hoogste klas enkelsitplek-oopwielmotorrenne gedefinieer deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), motorsport se wêreldbeheerliggaam.[1]Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne (20 in 2017), bekend as grand prix, op doelgemaakte bane of afgesperde strate.

Die eerste Wêreldkampioenskaps-Grand Prix is in 1950 by die Silverstone-renbaan in Engeland gehou; sedertdien het 71 bane reeds 'n Grand Prix gehuisves. Sommige bane, soos bv. die Nürburgring, het Grands Prix op verskillende uitlegte aangebied.[2] Die sport se renbane is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwer wedrenne word in Aboe Dhabi, Bahrein, Maleisië, Turkye en China gehou.[3]

Die Autodromo Nazionale Monza het die meeste Grands Prix ter wêreld gehuisves; dit het die Italiaanse Grand Prix reeds 64 keer aangebied.[4] Die Sochi Autodrom het die 70ste baan geword om 'n Grand Prix aan te bied, die 2014 Russiese Grand Prix, en die Bakoe-straatrenbaan die 71ste baan vir die 2017 Azerbeidjanse Grand Prix.

Formule Een-renbane

[wysig | wysig bron]
Huidige renbane (vir die 2024 seisoen) word in vetdruk getoon
  • Die "Kaart" kolom wys 'n skets van die nuutse uitleg van huidige bane en die laaste uitleg van voormalige bane.
  • Die "Soort" kolom verwys na die soort baan: "straat" is 'n baan uitgelê op geslote stadstrate en "renbaan" is 'n permanente fasiliteit.
  • Die "Rigting" kolom: A=Antikloksgewys, K=Kloksgewys
Baan Kaart Soort Rig-
ting
Plek Huidige lengte Grand Prix Seisoen Grands Prix gehou
Adelaide Straatbaan Straatbaan K Adelaide, Australië 3.78 km Australiese Grand Prix 1985–1995 11
Aintree-motorrenbaan Renbaan K Aintree, Engeland 4.828 km Britse Grand Prix 1955–1962 5
Albert Park Renbaan Albert Park Straatbaan K Melbourne, Australië 5.303 km Australiese Grand Prix 1996–2019, 2022–2024 27
Autódromo Internacional do Algarve Renbaan K Portimão, Portugal 4.653 km Portugese Grand Prix 2020–2021 2
Autodromo Enzo e Dino Ferrari Renbaan A Imola, Italië 4.909 km San Marino Grand Prix 1981–2006 26
Emilia-Romagna Grand Prix 2020–2022 3
Autódromo Hermanos Rodríguez Renbaan K Meksikostad, Meksiko 4.304 km Meksikaanse Grand Prix 1963–1970, 1986–1992, 2015–2019 20
Meksikostad Grand Prix 2021–2023 3
Autodromo Nazionale Monza Renbaan K Monza, Italië 5.793 km Italiaanse Grand Prix 1950–2023 73
Barcelona-Catalunya-renbaan Renbaan K Montmeló, Spanje 4.655 km Spaanse Grand Prix 1991–2023 33
Bahrein Internasionale Renbaan Bahrein Renbaan K Sakhir, Bahrein 5.412 km Bahreinse Grand Prix 2004–2010, 2012–2024 20
Sakhir Grand Prix 2020 1
Bakoe-straatrenbaan Straatbaan A Bakoe, Azerbeidjan 6.003 km Europese Grand Prix 2016 1
Azerbeidjanse Grand Prix 2017–2019, 2021–2023 6
Brands Hatch-renbaan Renbaan K Kent, Verenigde Koninkryk 3.703 km Britse Grand Prix
Europese Grand Prix
1964–1980 (elke 2de jaar), 1982–1986 14
Buddh Internasionale Renbaan Renbaan K Groter Noida, Indië 5.141 km Indiese Grand Prix 2011–2013 3
Caesars Palace Grand Prix Straatbaan A Las Vegas, Verenigde State 3.650 km Caesars Palace Grand Prix 1981–1982 2
Circuit of the Americas Renbaan A Austin, Verenigde State 5.513 km Verenigde State Grand Prix 2012–2019, 2021–2023 11
Detroit straatrenbaan Straatbaan A Detroit, Verenigde State 4.168 km Detroit Grand Prix 1982–1988 7
Dijon-Prenois renbaan Renbaan K Dijon, Frankryk 3.886 km Franse Grand Prix 1974, 1977, 1979, 1981, 1984 5
Switserse Grand Prix 1982 1
Djedda-straatrenbaan Straatbaan A Djedda, Saoedi-Arabië 6.175 km Saoedi-Arabiese Grand Prix 2021–2024 4
Estoril-renbaan Estoril Renbaan K Estoril, Portugal 4.182 km Portugese Grand Prix 1984–1996, 2020 13
Fuji Speedway Renbaan K Shizuoka, Japan 4.563 km Japannese Grand Prix 1976–1977, 2007–2008 4
Gilles Villeneuve-renbaan Straatbaan K Montreal, Kanada 4.361 km Kanadese Grand Prix 1978–1986, 1988–2008, 2010–2019, 2022–2023 42
Long Beach straatrenbaan Straatbaan K Long Beach, Verenigde State 3.251 km Verenigde State Grand Prix Wes 1976–1983 8
Hockenheimring Renbaan K Hockenheim, Duitsland 4.574 km Duitse Grand Prix 1970, 1977–1984, 1986–2006,
2008–2016 (afw.)
34
Hungaroring Renbaan K Boedapest, Hongarye 4.381 km Hongaarse Grand Prix 1986–2023 38
Indianapolis Motor Speedway Renbaan K Speedway, Indiana, Verenigde State 4.192 km Indianapolis 500
Verenigde State Grand Prix
1950–1960, 2000–2007 19
Istanbul Park-renbaan Renbaan A Istanboel, Turkye 5.338 km Turkse Grand Prix 2005–2011, 2020 8
Jarama-renbaan Renbaan K Jarama, Spanje 3.404 km Spaanse Grand Prix 1968–1981 (afwisselend) 9
Jerez-renbaan Renbaan K Jerez de la Frontera, Spanje 4.428 km Spaanse Grand Prix
Europese Grand Prix
1986–1990, 1994, 1997 7
José Carlos Pace-renbaan Renbaan A São Paulo, Brasilië 4.309 km Brasiliaanse Grand Prix 1973–1977, 1979–1980,
1990–2019
37
São Paulo Grand Prix 2021–2023 3
Juan en Oscar Gálvez-renbaan Renbaan K Buenos Aires, Argentinië 4.206 km Argentynse Grand Prix 1953–1998 (afwis.) 20
Korea Internasionale Renbaan Renbaan A Yeongam, Suid-Korea 5.615 km Koreaanse Grand Prix 2010–2013 4
Kyalami Grand Prix-renbaan Renbaan A Midrand, Suid-Afrika 4.200 km Suid-Afrikaanse Grand Prix 1967–1985, 1992–1993 20
Las Vegas Straatrenbaan Straatbaan A Las Vegas, Verenigde State 6.201 km Las Vegas Grand Prix 2023 1
Losail Internasionale Renbaan Renbaan A Katar 5.419 km Katarse Grand Prix 2021, 2023 2
Marinabaai Straatbaan Straatbaan A Singapoer 5.065 km Singapoerse Grand Prix 2008–2019, 2022–2023 14
Miami International Autodrome Straatbaan A Miami, VSA 5.412 km Miami Grand Prix 2022–2024 3
Monaco-renbaan Straatbaan K Monte Carlo, Monaco 3.337 km Monaco Grand Prix 1950, 1955–2019, 2021–2023 69
Montjuïc-renbaan Straatbaan A Barcelona, Spanje 3.791 km Spaanse Grand Prix 1969, 1971, 1973, 1975 4
Mosport Internasionale Renbaan Renbaan K Bowmanville, Kanada 3.957 km Kanadese Grand Prix 1967, 1969, 1971–1977 8
Mugello Renbaan Renbaan K Mugello, Italië 5.245 km Toskaanse Grand Prix 2020 1
Nelson Piquet Internasionale Renbaan Renbaan A Rio de Janeiro, Brasilië 5.031 km Brasiliaanse Grand Prix 1978, 1981–1989 10
Nevers Magny-Cours-renbaan Renbaan K Nevers, Frankryk 4.411 km Franse Grand Prix 1991–2008 18
Nivelles-Baulers-renbaan Renbaan K Nivelles, België 3.724 km Belgiese Grand Prix 1972, 1974 2
Nürburgring Renbaan K Nürburg, Duitsland 5.148 km Duitse Grand Prix
Europese Grand Prix
Luxemburgse Grand Prix
1951–1976, 1984–1985, 1995–2007
2009, 2011, 2013, 2020 (afwisselend met Hockenheim)
41
Paul Ricard-renbaan Renbaan K Le Castellet, Frankryk 5.800 km Franse Grand Prix 1971–1990 (afwisselend) 14
Phoenix straatrenbaan Straatbaan A Phoenix, Verenigde State 3.720 km Verenigde State Grand Prix 1989–1991 3
Prins George-renbaan Renbaan K Oos-Londen, Suid-Afrika 3.920 km Suid-Afrikaanse Grand Prix 1962, 1963, 1965 3
Red Bull Ring Renbaan K Zeltweg, Oostenryk 4.326 km Oostenrykse Grand Prix 1970–1987, 1997–2003, 2014–2023 35
Stiermarkse Grand Prix 2020–2021 2
Reims-Gueux Padbaan K Reims, Frankryk 8.302 km Franse Grand Prix 1950–1954, 1956, 1958–1966 (afw.) 11
Sepang Internasionale Renbaan Renbaan K Kuala Lumpur, Maleisië 5.543 km Maleisiese Grand Prix 1999–2017 19
Shanghai Internasionale Renbaan Renbaan K Shanghai, China 5.451 km Chinese Grand Prix 2004–2019, 2024 17
Silverstone-renbaan Renbaan K Silverstone, Verenigde Koninkryk 5.891 km Britse Grand Prix 1950–2023 (afw. met Brand Hatch tot 1986) 57
70ste Herdenking Grand Prix 2020 1
Skandinawiese Renbaan Renbaan K Anderstorp, Swede 4.031 km Sweedse Grand Prix 1973–1978 6
Sochi Autodrom Renbaan K Sotsji, Rusland 5.872 km Russiese Grand Prix 2014–2021 8
Circuit de Spa-Francorchamps Renbaan K Spa-Francorchamps, België 7.004 km Belgiese Grand Prix 1950–1970, 1983, 1985–2002, 2004, 2005, 2007–2023 56
Suzuka Internasionale Renbaan Renbaan 8 Suzuka, Japan 5.807 km Japannese Grand Prix 1987–2006, 2009–2019, 2022–2024 34
Valencia Straatbaan Straatbaan K Valencia, Spanje 5.419 km Europese Grand Prix 2008–2012 5
Watkins Glen Internasionale Renbaan Renbaan K Watkins Glen, Verenigde State 5.430 km Verenigde State Grand Prix 1961–1980 20
Yas Marina-renbaan Renbaan A Aboe Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate 5.554 km Aboe Dhabi Grand Prix 2009–2023 15
Zandvoort-renbaan Renbaan K Zandvoort, Nederland 4.252 km Hollandse Grand Prix 1952–1985; 2021–2023 33
Zolder-renbaan Renbaan K Heusden-Zolder, België 4.262 km Belgiese Grand Prix 1973, 1975–1982, 1984 10

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Hughes, Mark; Tremayne, David (2002). The Concise Encyclopedia of Formula 1. Parragon. pp. 70–93. ISBN 0-7525-8766-8. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • "Circuits". ESPN. Besoek op 17 Junie 2012.
  1. "About FIA" (in Engels). Fédération Internationale de l'Automobile (FIA). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2012. Besoek op 31 Oktober 2008.
  2. Hughes & Tremayne 2002, p. 76
  3. Gill, Pete (31 Oktober 2011). "A truly global sport" (in Engels). Sky Sports. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2015. Besoek op 18 Junie 2012.
  4. "Facts and figures – Italian Grand Prix" (in Engels). Formula 1. 7 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2014. Besoek op 22 Junie 2012.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]