Malaysia Airlines-vlug 370
Malaysia Airlines-vlug 370 | |
---|---|
Die vermiste vliegtuig.
| |
Datum | 8 Maart 2014 |
Oorsaak | Onbekend |
Plek van ramp | Golf van Thailand, Indiese Oseaan |
Sterftes | 239 (almal) |
Beserings | 0 |
Vliegtuigtipe | Boeing 777-2H6ER |
Vliegtuigstertnommer | 9M-MRO |
Oorsprong | Kuala Lumpur Internasionale Lughawe, Maleisië |
Bestemming | Beijing Capital Internasionale Lughawe, China |
Passasiers | 227 |
Bemanning | 12 |
Oorlewendes | 0 |
Malaysia Airlines-vlug 370 (MH370/MAS370) was 'n geskeduleerde internasionale vlug van Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China. Op 8 Maart 2014 het die vliegtuig spoorloos verdwyn.[1] Die vliegtuig het 227 passasiers en twaalf bemanningslede aan boord gehad.[2]
Vlug 370 het op 8 Maart 2014 om 00:41 (Maleisiese Standaardtyd; UTC+8) van die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe opgestyg en moes na 'n vlug van 6 ure op die Beijing Capital Internasionale Lughawe land. Vlugbeheer het egter omstreeks 01:22, terwyl die vliegtuig oor die Golf van Thailand was, kontak daarmee verloor. Die vliegtuig is om 02:40 as vermis aangemeld.[3]
'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. In Julie 2015 is 'n wrakstuk van 'n Boeing 777 naby die Réunion-eiland, oos van Afrika opgespoor.[4] Die wrakstuk, 'n deel van die vlerk, is van dié vliegtuig afkomstig.[5]
Bemanning en passasiers
[wysig | wysig bron]Kaptein Zaharie Ahmad Shah (53) was 'n ervare vlieënier met 18 365 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein, Fariq Ab Hamid (27), het reeds 2 763 vlugure gehad. Die passasierslys is deur Malaysia Airlines bekend gemaak:[6]
Nasionaliteit | Aantal |
---|---|
Australië | 6 |
Kanada | 2 |
China | 152 |
Frankryk | 4 |
Hongkong | 1 |
Indië | 5 |
Indonesië | 7 |
Iran | 2 |
Maleisië | 50 |
Nederland | 1 |
Nieu-Seeland | 2 |
Rusland | 1 |
Taiwan | 1 |
Oekraïne | 2 |
Verenigde State van Amerika | 3 |
Totaal (15 nasies en streke) | 239 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Beijing-bound flight from Malaysia missing" (in Engels). USA Today. 9 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 9 Maart 2014.
- ↑ "Malaysia Airlines 'loses contact with plane'" (in Engels). BBC. 8 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 8 Maart 2014.
- ↑ "Crash: Malaysia B772 over Gulf of Thailand on Mar 8th 2014, aircraft missing". The Aviation Herald (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 8 Maart 2014.
- ↑ Reunion wrak: Vlerkwrakstuk is die van Boeing-777, Maroela Media, 30 Julie 2015
- ↑ Vliegtuig Wrakstukke is die van die Vermiste MH370 Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 8 Augustus 2015
- ↑ (en) Malaysia Airlines MH370 Flight Incident – 18th Media Statement Geargiveer 8 Maart 2014 op Wayback Machine