Moshe Lion
Moshe Lion משה ליאון | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 4 Desember 2018 | |
Voorafgegaan deur | Nir Barkat |
---|---|
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Oktober 1961 Tel Aviv, Israel |
Politieke party | Likoed, Yerushalayim Shelanu |
Kind(ers) | 4 |
Religie | Judaïsme |
Diens/Tak | Militêre rabbinaat |
Moshe Lion[1] (Hebreeus: משה ליאון; gebore op 6 Oktober 1961 in Tel Aviv) is 'n Israelse entrepreneur, bestuurder en politikus wat aan die plaaslike Yerushalayim Shelanu-party behoort.
Sedert 4 Desember 2018 is hy die tiende burgemeester van Jerusalem (in 2013 het hy vergeefs geprobeer namens die Likoed-party burgemeester van die stad te word). Hy is die stad se eerste burgemeester van Sefardiese afkoms.
Lion het in die militêre rabbinaat van die Israeliese Weermag gedien en ekonomie en rekeningkunde gestudeer aan die Bar-Ilan Universiteit.
In 1990 het hy 'n CPA-ouditeur geword en in 1991 het hy saam met andere die finansiële adviesburo Yitzhaki & Co. opgerig (sedert 2017 is hy op pensioen).
Hy het as ekonomies adviseur gewerk vir Eerste Minister Benjamin Netanyahu en was bestuurder gewees van die Israelse spoorweë en die Jerusalem se ontwikkelingsorganisasie.
Sedert 2013 is hy 'n lid van die bestuur van die Jerusalem-munisipaliteit en sedert 2014 ook bestuursvoorsitter by die Mayanei HaYeshua Medies Sentrum in Bnei Brak.
Moshe Lion is getroud en het vier kinders.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Agternaam ook geskryf as Leon.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Moshe Lion.
- Die amptelike webwerf van Jerusalem
- Grapevine: Stating the obvious, The Jerusalem Post, 28 Desember 2017
- Moshe Lion: 'Put Jerusalem's Residents First', Arutz Sheva, 13 Oktober 2017
Voorafgegaan deur Nir Barkat |
Burgemeester van Jerusalem 2018 - nou |
Opgevolg deur ' |