Gaan na inhoud

Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Papoea-Nieu-Guinee
Kenteken van die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan
BynaamBarramundis
KonferensieKrieket PNG (CPNG)
Personeel
KapteinAssad Vala
AfrigterVlag van Zimbabwe Tatenda Taibu
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1973)
IKR-streekOos-Asië-Oseanië
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI16de (23 Mei 2019)
T20I20ste15de (9 September 2016)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Hongkong Hongkong op Riverway-stadion, Townsville; 8 November 2014
Laaste EDIt Vlag van Kanada Kanada op United Ground, Windhoek; 5 April 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]6614/51 (21,21%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslag3de plek (in 1982)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ierland Ierland op Stormont, Belfast; 15 Julie 2015
Laaste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Brian Lara-krieketakademie, San Fernando; 17 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6535/29 (53,84%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]124/8
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2021)
Beste uitslagEerste rondte (in 2021 en 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2012)
Beste uitslagWenner (in 2023)
T20I-klere

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, is die nasionale krieketspan wat Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) en het in 1973 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[6][7] Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken.[8] In Maart 2018 was Papoea-Nieu-Guinee beide sy EDI- en T20I-status kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul opponent op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het.[9] Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin.[10]

Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Oseanië-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi.[7][11] Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem, maar kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[12] Papoea-Nieu-Guinee hou die wêreldrekord vir die hoogste telling in ’n EDI-wedstryd, nadat hulle in 2007 572/7 teen Nieu-Kaledonië aangeteken het.[13]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Papoea-Nieu-Guinee ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[14] Papoea-Nieu-Guinee is tans (September 2024) 20ste op die Twintig20-wêreldranglys.[15]

Beheerliggaam

[wysig | wysig bron]

Krieket PNG (Engels: Cricket PNG, CPNG) is in 1972 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Papoea-Nieu-Guinee. In 1973 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit.[16] Talle nasionale spelers vervul verskeie rolle by die beheerliggaam.[17]

Krieket PNG bestuur al die Papoea-Nieu-Guinee-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CPNG verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Papoea-Nieu-Guinese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Papoea-Nieu-Guinee oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[18]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Voor hul IKR-toetrede

[wysig | wysig bron]
’n Krieketwedstryd op Kwato-eiland, Papoea-Nieu-Guinee, ca. 1905

Krieket is in die 1890’s deur Christelike predikante uit Engeland na die Territorium Papoea saamgebring.[17] Dit is opgeneem deur verskeie inheemse stamme wat dit in hul eie variante beoefen het, waarby spanne met meer as vyftig spelers algemeen was.[19] In die kolonie Duits-Nieu-Guinee was krieket egter heeltemal onbekend. Daar het die sport eers ’n verskyning begin maak, toe Australië in 1920 die Territorium Nieu-Guinee as ’n Volkebondmandaat begin administreer het.[7]

Sedertdien word krieket in landelike gebiede veral deur die inheemse bevolking uitgeoefen, terwyl dit in stedelike gebiede soos Port Moresby veral deur Britse en Australiese emigrante gespeel word. In 1937 is ’n toernooi vir klubs in dié stad van stapel gestuur. In 1972 is die eerste amptelike wedstryd op internasionale vlak teen ’n Australiese keurspan op Aminipark in Port Moresby gespeel.[17][20] Vir Papoea-Nieu-Guinee het nege emigrante uit Australië en die Verenigde Koninkryk en twee inheemse spelers verskyn.[7][21] Die dorp Hanuabada naby Port Moresby het in die sentrum van Papoea-Nieu-Guinese krieket ontwikkel, wat sedertdien baie spelers vir die nasionale span oplewer.[19]

IKR-lidmaatskap en eerste wêreldbekerkwalifiseringstoernooie

[wysig | wysig bron]

In 1972 is die beheerliggaam Krieket PNG as Papoea-Nieu-Guinese Krieketbeheerraad (Engels: Papua New Guinea Cricket Board of Control, PNGCBC) gestig[22] en dit het een jaar later ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[7][23][6] Ná die land se onafhanklikheidswording in 1975 het die wêreldkampioen Wes-Indië op pad na Australië Papoea-Nieu-Guinee vir twee wedstryde besoek.[24][25] Vir die gasheer het ses inheemse spelers verskyn en sedertdien word die span, wat die bynaam Barramundis dra, deur hulle oorheers.[7]

Vir die eerste Krieketwêreldbeker 1975 is Papoea-Nieu-Guinee nie genooi nie. Die Papoeane het hul eerste internasionale verskyning gemaak tydens die IKR-trofee 1979 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1979 gedien het. Hulle is egter in die eerste rondte uitgeskakel en het die hooftoernooi misgeloop.[26] In dieselfde jaar het hulle tydens die eerste Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi die goue medalje gewen en sedertdien elke keer met dié medalje weggestap.[7][11] Ná ’n toer na Australië in 1981[27] het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1982 derde geëindig, nadat hulle in die halfeindstryd teen Bermuda verloor het, maar in die uitspeelwedstryd Bangladesj verslaan het.[28] Nogtans het hulle die Krieketwêreldbeker 1983 misgeloop.

Tydens die IKR-trofee 1986 het Papoea-Nieu-Guinee weer versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 1987 misgeloop,[29] hoewel die span teen Gibraltar die rekord vir die hoogste telling in die toernooigeskiedenis aangeteken het, toe hulle in hul eie beurt 455/9 opgestel en die wedstryd met 369 lopies gewen het.[30] Hulle het daarvan herstel en die Suid-Stille-Oseaan-spele se kriekettoernooi die volgende jaar in Nieu-Kaledonië gewen.[7] Tydens die IKR-trofee 1990 in Nederland het hulle die tweede rondte gehaal, maar nogtans die Krieketwêreldbeker 1992 misgeloop.[31] Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi op eie bodem het hulle die goue medalje ingepalm.[7]

Tydens die IKR-trofee 1994 in Nairobi het Papoea-Nieu-Guinee die “plate-eindstryd” (uitspeelwedstryd tussen die eerste rondte se derde en vierde spanne) gehaal, maar nie in dié wedstryd verskyn nie, nadat hul beheerliggaam reeds die vlug huis toe bespreek het, omdat hulle nie ’n kwalifisering verwag het nie. Om dié rede is die nasionale span uit die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1996 geskakel.[32] Dit is ’n algemene probleem vir Papoea-Nieu-Guinee, aangesien vlugte van en na die land slegs ongereeld aangebied word. Die Papoeane het ook die AKR-trofee 1998 in Nepal vroeg verlaat, nadat hulle hul eerste twee wedstryde verloor en sodoende hul wedstryd teen die Maledive misgeloop het, omdat hulle andersins meer as ’n week vir die volgende vlug sou moes gewaag het. As gevolg daarvan het hulle selde oorsese toere buite amptelike internasionale toernooie onderneem, noemenswaardige uitsonderinge is ’n besoek aan Fidji in 1977, ’n toer na Hongkong in die vroeë 1980’s en die 1981-toer na Australië.[7]

Moderne tydperk

[wysig | wysig bron]

Die AKR-trofee 1996 in Kuala Lumpur het vir Papoea-Nieu-Guinee ’n nuwe kans van internasionale deelname meegebring. Hulle het tot die halfeindstryd gevorder, maar hulle is deur Bangladesj verslaan.[33] In 1998 het hulle weer aan dié toernooi deelgeneem, maar dit vroeg verlaat. Sedert die stigting van die IKR Oos-Asië-Oseanië-ontwikkelingsstreek in 1996 het hulle nie meer aan die toernooi deelgeneem nie,[7] aangesien hulle dienooreenkomstig die Asiatiese Krieketraad verlaat het.[34] Sedert hul oorskakeling word die span as die sterkste in Oos-Asië-Oseanië na die twee toetslande Australië en Nieu-Seeland beskou.[7] Tussen die twee AKR-trofeë het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1997 in die 13de plek geëindig, wat nie genoeg was om vir die Krieketwêreldbeker 1999 te kwalifiseer nie.[35] Tydens die IKR-trofee 2001 in Ontario het die Papoeane versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 misgeloop.[36] Tydens die Pacifica-beker 2001 het hulle in die derde plek geëindig,[37] en die Pacifica-beker 2002 het hulle met ’n oorwinning oor Tonga in die eindstryd beklink.[38]

Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2003 se kriekettoernooi het Papoea-Nieu-Guinee weer die goue medalje ingepalm[39] en in die uitspeelwedstryde vir die IKR-trofee 2005 het hulle in die eindstryd Fidji verslaan.[40] Daarmee het die Papoeane vir die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer, waar hulle slegs in die elfde plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbeker 2007 misgeloop het.[41] Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in Darwin het die Papoeane in die derde plek geëindig.[42] Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2007 se kriekettoernooi het hulle weer goud gewen.[11] Tydens dié toernooi het hulle in die eendaagse wedstryd teen Nieu-Kaledonië ’n rekordtelling van 572/7 aangeteken.[13]

In laat Januarie 2009 het Papoea-Nieu-Guinee vir die Wêreldkrieketliga se afdeling drie die Argentynse hoofstad Buenos Aires besoek, waar hulle die gasheer, die Kaaimanseilande, Uganda en die beste twee spanne van die Wêreldkrieketliga 2008 se afdeling vier – Afghanistan en Hongkong – ontmoet het. Dié toernooi se beste twee spanne kon vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering later die jaar in Suid-Afrika kwalifiseer, waarvandan hulle vir die Krieketwêreldbeker 2011 kon kwalifiseer.[43] Die Papoeane het die kwalifisering net naelskraap misgeloop en weens hul swakker lopietempo in die derde plek na Afghanistan en Uganda geëindig (Afghanistan met +0.971, Uganda met +0.768 en Papoea-Nieu-Guinee met +0.665).[44]

In April 2011 het die Papoeane aan die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in die Verenigde Arabiese Emirate deelgeneem en in die derde plek geëindig, waarmee hulle vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer het. In Februarie 2013 het Papoea-Nieu-Guinee aan die IKR Oos-Asië-Oseanië in Auckland deelgeneem, waar hulle gedurende die groepfase onoorwonne gebly en in die eindstryd Vanuatu verslaan het.[45] Daarmee het hulle vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate in Oktober gekwalifiseer.

EDI- en T20I-status

[wysig | wysig bron]
Die paaltjiewagter Geraint Jones het van 2004 tot 2006 vir Engeland en van 2012 tot 2014 vir Papoea-Nieu-Guinee gespeel[46]

In die daaropvolgende Wêreldkrieketliga het hulle daarin geslaag om in afdeling drie vanaf die eerste rondte te vorder[47] en hulle is ondanks die nederlaag in die eindstryd teen Hongkong gepromoveer.[48] Tydens die afdeling twee het die Papoeane die derde plek behaal en sodoende vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 gekwalifiseer. Hulle het vanaf die eerste rondte gevorder en die Super Ses in die vierde plek afgesluit. Daarmee het hulle die Krieketwêreldbeker 2015 misgeloop, maar vir hul vertoning EDI-status ontvang.[19][8][49] In November dieselfde jaar het hulle tydens ’n reeks van twee wedstryde teen Hongkong in Australië in hul eerste EDI gespeel en hulle kon dié reeks beklink.[20][50] Nadat die Papoeas die eerste EDI met vier paaltjies en die tweede met drie paaltjies gewen het, het hulle die eerste span geword, wat sy eerste twee EDIs kon wen.[51]

Saam met EDI-status het die IKR aan Papoea-Nieu-Guinee ook T20I-status toegeken.[52] In T20I het die Papoeane aan die kwalifiseringstoernooie vir die drie eerste T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009 en 2010) nie deelgeneem nie. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 het hulle die agtste plek behaal,[53] só ook in 2013[54] en in 2015.[55] Daarmee het hulle die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016 misgeloop. Tydens laasgenoemde kwalifiseringstoernooi sou Papoea-Nieu-Guinee op 13 Julie 2015 sy eerste T20I teen Hongkong speel. Dié wedstryd moes egter weens reën afgelas word.[56] Twee dae later het hulle eindelik hul T20I-debuut teen Ierland gemaak en met twee paaltjies gewen.[20][57] Met die oorwinning oor Nepal op 17 Julie het hulle as eerste span in die toernooi die uitspeelwedstryde gehaal.[58]

Met die EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee tydens die Interkontinentale Beker 2015/2017 sy eerste eersterangse krieketwedstryde gespeel.[59] Hulle het egter slegs in die sewende plek onder agt deelnemers geëindig. In EDI-krieket het die Papoeane destyds aan die Wêreldkrieketligakampioenskap 2015/17 deelgeneem. Met hul vierde plek het hulle regstreeks vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 gekwalifiseer.[60] Tydens dié toernooi se eerste rondte is hulle egter in al hul wedstryde verslaan en het slegs die negende plek behaal. Daarmee het Papoea-Nieu-Guinee sy EDI-status weer verloor.[61] In September 2017 het die destydse hoofafrigter Jason Gillespie voorgestel dat Papoea-Nieu-Guinee aan die Australiese EDI-beker moet deelneem.[62][63] Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 het die Papoeane die vierde plek behaal, waarmee hulle hul EDI-status teruggewen het.[10]

Met die verkryging van EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee gekwalifiseer vir die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 gedien het. Die eerste rondte in Skotland het die Papoeane na die gasheer en Oman in die derde plek afgesluit.[64] Tydens die tweede rondte in die Verenigde State het hulle al die twee wedstryde elk teen die gasheer en Namibië verloor.[65] Tydens die sewende rondte het hulle weer al hul vier wedstryde verloor, dié keer teen Oman en Skotland.[66] Tydens die tiende rondte in die Verenigde Arabiese Emirate het hulle vir die eerste keer ’n EDI in dié reeks gewen, toe hulle die vierde wedstryd teen die gasheer met ses paaltjies kon wen.[67] Die elfte rondte sou oorspronklik in Papoea-Nieu-Guinee beslis word, maar vanweë reisbeperkings is dit na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[68] Die Papoenae is weer in al hul wedstryde deur Oman en Skotland verslaan.[69] In die 16de rondte het hulle een wedstryd teen die Verenigde State gewen, terwyl albei wedstryde teen Namibië in nederlae geëindig het; in die eerste wedstryd teen die Verenigde State het hulle gelykop gespeel.[70] In die 17de rondte kon die span geen wedstryd teen Namibië en die Verenigde State wen nie.[71] In die 20ste rondte kon Papoea-Nieu-Guinee twee wedstryde elk teen Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate wen.[72] In die 21ste rondte teen dieselfde opponente kon hulle slegs een oorwinning oor die Verenigde Arabiese Emirate aanteken.[73] Daarmee het die Papoeas die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 in die laaste plek afgesluit en die Krieketwêreldbeker-uitspeelrondte 2023 gehaal. Hulle het egter weer in die laaste plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 vir die Krieketwêreldbeker 2023 misgeloop. As ’n troosprys het hulle die Wêreldkrieketliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 gehaal.[74]

Eerste krieketwêreldbekerdeelnames

[wysig | wysig bron]

Op 30 Maart 2021 is Carl Sandri as nuwe hoofafrigter en hoëprestasiebestuurder vir al die drie nasionale spanne aangestel en hy is opdrag gegee om talente vir die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan te vind.[75][76] Nadat hulle tydens die plaaslike kwalifisering vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering kon presteer, het hulle daarin geslaag om met hul eerste plek in die eerste rondte regstreeks vir die eerste keer vir ’n wêreldbeker te kwalifiseer.[77] Tydens die T20I-wêreldbeker, wat na 2021 uitgestel en in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis is, het die Papoeane al hul drie wedstryde teen Bangladesj, Oman en Skotland swak verloor en is sodoende in die eerste rondte uitgeskakel.[78] Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering se groep B 2022 het Papoea-Nieu-Guinee die derde plek behaal wat egter nie genoeg was om vir die T20I-wêreldbeker 2022 te kwalifiseer nie.[79] Hulle het egter daarin geslaag om die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië te wen.[80] Tydens dié toernooi was die span egter sonder enige kans en het swak nederlae gely teen Wes-Indië, Uganda, Afghanistan en Nieu-Seeland, waarmee hulle weer in die eerste rondte uitgeskakel is.[81]

Kleure, kenteken en bynaam

[wysig | wysig bron]

In EDI- en T20I-krieket dra Papoea-Nieu-Guinee rooi truie met swart kleuraksente, rooi moue, ’n swart V-halslyn en swart broeke. Veldwerkers dra ’n rooi bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering PNG in die middel van die trui. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 het die span ’n nuwe kleurskema met swart, geel en oranje gebruik.[82]

Krieket PNG se kenteken toon ’n rooi krieketbal met geel bewegingslyne wat ’n paaltjie tref. Op die agtergrond is ’n paradysvoël, Papoea-Nieu-Guinee se wapendier, in ’n vereenvoudigde vorm uitgebeeld.

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan se bynaam is Barramundis, ontleen aan die gelyknamige visspesies, wat in die waters rondom Papoea-Nieu-Guinee voorkom.

Tuisstadion

[wysig | wysig bron]
Ligging van Papoea-Nieu-Guinese krieketstadions

Papoea-Nieu-Guinee se enigste internasionale stadion is die Aminipark in Port Moresby wat deur Krieket PNG besit en sedert 1972 deur die nasionale span vir al hul tuiswedstryde gebruik word.[83] Dit is genoem na die Amini-gesin wat talle nasionale spelers opgelewer het.[84]

No. Stadion Plek Eerste wedstryd
1 Aminipark Port Moresby 6 Oktober 2017

Spelers

[wysig | wysig bron]

Spelerstatistieke

[wysig | wysig bron]

Altesaam het vir Papoea-Nieu-Guinee 29 spelers EDI- en 30 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Papoea-Nieu-Guinese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

[wysig | wysig bron]
EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Assad Vala 2014–2023 66 2 003 Tony Ura 2015–hede 60 1 634
Tony Ura 2014–2023 61 1 363 Assad Vala 2015–hede 63 1 274
Charles Amini 2014–2023 49 1 128 Charles Amini 2015–hede 59 1 028
Sese Bau 2016–2023 57 1 089 Sese Bau 2016–hede 56 0958
Lega Siaka 2014–2022 47 0931 Lega Siaka 2015–hede 62 0773
Korrek teen: 18 Junie 2024[85] Korrek teen: 18 Junie 2024[86]

Paaltjies

[wysig | wysig bron]
EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Chad Soper 2016–2023 56 70 Norman Vanua 2015–hede 58 66
Norman Vanua 2014–2023 57 61 Charles Amini 2015–hede 59 47
Assad Vala 2014–2023 66 55 Assad Vala 2015–hede 63 37
Semo Kamea 2022–2023 22 33 Kabua Morea 2021–hede 21 34
Charles Amini 2014–2023 49 32 Chad Soper 2015–hede 31 34
Korrek teen: 18 Junie 2024[87] Korrek teen: 18 Junie 2024[88]

Spankapteins

[wysig | wysig bron]

Tot op hede was twee spelers reeds die kaptein vir Papoea-Nieu-Guinee tydens ’n EDI-wedstryd en vier tydens ’n T20I.[89]

EDI[90] T20I[91]
No. Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Chris Amini 2014 Jack Vare 2015–2016
2 Assad Vala 2016–hede Assad Vala 2016–hede
3 Tony Ura 2024
4 Norman Vanua 2024

Rekords

[wysig | wysig bron]

EDI-rekord teen ander lande

[wysig | wysig bron]
Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Ierland Ierland 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Vlag van Hongkong Hongkong 8 4 4 0 0 50,00 8 November 2014
Vlag van Jersey Jersey 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Kanada Kanada 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Namibië Namibië 7 0 7 0 0 0,00
Vlag van Nepal Nepal 10 2 8 0 0 20,00 25 Maart 2022
Vlag van Oman Oman 6 0 6 0 0 0,00
Vlag van Skotland Skotland 10 1 9 0 0 10,00 8 Oktober 2017
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 11 5 6 0 0 45,45 2 April 2017
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 10 2 7 1 0 20,00 27 April 2019
Algeheel 66 14 51 1 0 21,21 8 November 2014
Rekords volledig tot en met EDI #4773 op 22 September 2024. Laaste keer hersien op 23 September 2024. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[92]

Krieketwêreldbekerrekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
1975 Nie gekwalifiseer nie
1979 Nie gekwalifiseer nie
1983 Nie gekwalifiseer nie
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
1998 Nie gekwalifiseer nie
2000 Nie gekwalifiseer nie
2002 Nie gekwalifiseer nie
2004 Nie gekwalifiseer nie
2006 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Nie gekwalifiseer nie
2025 Nie gekwalifiseer nie
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

[wysig | wysig bron]
Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Afghanistan Afghanistan 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Bangladesj Bangladesj 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Ierland Ierland 4 2 2 0 0 50,00 15 Julie 2015
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 1 0 1 0 0 0,00
t. Assosiaatlede
Vlag van Bermuda Bermuda 1 1 0 0 0 100,00 19 Oktober 2019
Vlag van Filippyne Filippyne 4 3 0 0 1 75,00 22 Maart 2019
Vlag van Hongkong Hongkong 4 3 1 0 0 75,00 22 September 2023
Vlag van Japan Japan 2 2 0 0 0 100,00 25 Julie 2023
Vlag van Kenia Kenia 1 1 0 0 0 100,00 27 Oktober 2019
Vlag van Maleisië Maleisië 6 4 2 0 0 66,67 1 April 2022
Vlag van Namibië Namibië 3 2 1 0 0 66,67 20 Oktober 2019
Vlag van Nederland Nederland 3 1 2 0 0 33,33 24 Oktober 2019
Vlag van Nepal Nepal 6 2 4 0 0 33,33 17 Julie 2015
Vlag van Oman Oman 4 1 3 0 0 25,00 7 Maart 2024
Vlag van Samoa Samoa 2 2 0 0 0 100,00 8 Julie 2019
Vlag van Singapoer Singapoer 3 2 1 0 0 66,67 25 Oktober 2019
Vlag van Skotland Skotland 3 0 3 0 0 0,00
Vlag van Uganda Uganda 2 1 1 0 0 50,00 12 Julie 2022
Vlag van Vanuatu Vanuatu 7 7 0 0 0 100,00 22 Maart 2019
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 3 0 3 0 0 0,00
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 1 0 0 0 100,00 17 Julie 2022
Algeheel 65 35 29 0 1 53,84 15 Julie 2015
Rekords volledig tot en met T20I #2855 op 22 September 2024. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[93]

T20I-wêreldbekerrekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
2007 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2010 Nie gekwalifiseer nie
2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Nie gekwalifiseer nie
2016 Nie gekwalifiseer nie
2021 Eerste rondte
2022 Nie gekwalifiseer nie
2024 Eerste rondte
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. 6,0 6,1 (en) "Papua New Guinea". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2018. Besoek op 2 September 2018.
  7. 7,00 7,01 7,02 7,03 7,04 7,05 7,06 7,07 7,08 7,09 7,10 7,11 (en) Roy Morgan (2007). Encyclopedia of world cricket. Cheltenham: SportsBooks. ISBN 978-1-899807-51-2. OCLC 84998953.
  8. 8,0 8,1 (en) "Scotland and UAE battle lock horns in final of ICC CWCQ 2014". Internasionale Krieketraad. 31 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2014. Besoek op 31 Januarie 2014.
  9. (en) "Nepal claim ODI status for the first time". ESPNcricinfo. 15 Maart 2018. Besoek op 23 September 2024.
  10. 10,0 10,1 (en) "Papua New Guinea secure top-four finish on dramatic final day". Internasionale Krieketraad. 26 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2023. Besoek op 4 November 2023.
  11. 11,0 11,1 11,2 (en) "XIII South Pacific Games 2007". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2012. Besoek op 14 Junie 2012.
  12. (en) "List of Matches for Papua New Guinea in ICC Trophy Matches". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op 2 Maart 2020.
  13. 13,0 13,1 (en) Andrew Nixon (1 September 2007). "Papua New Guinea run riot". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  14. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2023. Besoek op 3 Oktober 2023.
  15. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 13 September 2024. Besoek op 23 September 2024.
  16. (en) "Cricket PNG". Internasionale Krieketraad. Besoek op 23 September 2024.
  17. 17,0 17,1 17,2 (en) Peter Della Penna (1 November 2019). "Papua New Guinea's rise as Associate cricket's heroes". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  18. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  19. 19,0 19,1 19,2 (en) "Rise of PNG Cricket". Sportskeeda. 3 Junie 2012. Besoek op 23 September 2024.
  20. 20,0 20,1 20,2 (en) Isaac Marshall (8 Februarie 2020). "Meet the Barramundis: Who are the heroes of Papua New Guinea cricket?". Sportskeeda. Besoek op 23 September 2024.
  21. (en) "Australia XI in Papua New Guinea 1971/72". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 18 Oktober 2012.
  22. (en) Peter N. Street; Mark C. Maestrone (2011). "Cricket and Philately: Cricket Tales of Southeast Asia" (PDF). Journal of Sports Philately. Sports Philatelists International. 49 (3): 20.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  23. (en) "'Most of us didn't know cricket was played on turf' – Norman Vanua reminisces about PNG's rise". Internasionale Krieketraad. 1 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2022. Besoek op 14 November 2022.
  24. (en) "West Indies in Papua New Guinea, 1975–76". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  25. (en) "West Indies in Papua New Guinea, 1975–76". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  26. (en) "ICC Trophy 1979". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2012. Besoek op 1 Oktober 2012.
  27. (en) "Papua New Guinea in Australia 1980/81". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2016. Besoek op 3 April 2016.
  28. (en) "Scorecard of Bangladesh v Papua New Guinea, 9 July 1982". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 18 Oktober 2012.
  29. (en) "ICC Trophy 1986". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 13 Maart 2016.
  30. (en) "Team totals of 300 and more in an innings in the ICC Trophy". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2012. Besoek op 5 Oktober 2012.
  31. (en) "Unibind ICC Trophy 1990". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2017. Besoek op 9 Julie 2017.
  32. (en) "Scorecard of Denmark v Namibia, 1 March 1994". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  33. (en) "Scorecard of Bangladesh v Papua New Guinea, 13 September 1996". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  34. (en) "The Formation of the ACC". Asiatiese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2012. Besoek op 6 Januarie 2012.
  35. (en) "Scorecard of Papua New Guinea v Singapore, 5 April 1997". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2017. Besoek op 11 November 2017.
  36. (en) "ICC Trophy 2001". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019. Besoek op 2 Junie 2019.
  37. (en) "Scorecard of Papua New Guinea v Tonga, 8 February 2001". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  38. (en) "Scorecard of Papua New Guinea v Tonga, 5 June 2002". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  39. (en) "Results for SPG 2003 Cricket". Sporting Pulse. 29 Julie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2013. Besoek op 8 Februarie 2013.
  40. (en) "Scorecard of Fiji v Papua New Guinea, 27 February 2005". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  41. (en) "Scorecard of Papua New Guinea v Uganda, 11 July 2005". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  42. (en) "Scorecard of Cayman Islands v Papua New Guinea, 2 June 2007". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2012. Besoek op 29 Julie 2012.
  43. (en) "ICC World Cricket League Division 1–5 Structure for 2006–2009" (PDF). Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Oktober 2007. Besoek op 4 Oktober 2007.
  44. (en) "Big hitting heroics from Vani send PNG top of the table". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2009. Besoek op 7 November 2009.
  45. (en) "Papua New Guinea advance to World Twenty20 Qualifier". Internasionale Krieketraad. 7 Februarie 2013. Besoek op 29 Maart 2013.
  46. (en) "Geraint Jones". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  47. (en) "Hong Kong through to finals". ESPNcricinfo. 28 Januarie 2011. Besoek op 23 September 2024.
  48. (en) "Hong Kong take title". ESPNcricinfo. 29 Januarie 2011. Besoek op 23 September 2024.
  49. (en) "Netherlands, Kenya and Canada lose ODI status". ESPNcricinfo. 1 Februarie 2014. Besoek op 23 September 2024.
  50. (en) "Papua New Guinea set to make ODI debut". ESPNcricinfo. 23 Oktober 2014. Besoek op 23 September 2024.
  51. (en) Abhishek Mukherjee (13 November 2014). "Papua New Guinea create history to become first team to win first two ODIs". Cricket Country. Besoek op 23 September 2024.
  52. (en) "Nepal, Netherlands get T20 international status". ESPNcricinfo. 28 Junie 2014. Besoek op 23 September 2024.
  53. (en) "Scotland claim fifth in dramatic finish". ESPNcricinfo. 23 Maart 2012. Besoek op 23 September 2024.
  54. (en) "Afghanistan to meet Ireland in final". ESPNcricinfo. 29 November 2013. Besoek op 23 September 2024.
  55. (en) Peter Della Penna (23 Julie 2015). "Mangal, bowlers put Afghanistan in World T20". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  56. (en) "17th Match, Group A, Bready, Jul 13 2015, ICC World Twenty20 Qualifier". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  57. (en) Peter Della Penna (15 Julie 2015). "Vanua blitz leads PNG to shock win". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  58. (en) Peter Della Penna (17 Julie 2015). "Dominant PNG progress to knockouts with easy win". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  59. (en) Tim Wigmore (24 Desember 2014). "Meet Hanuabada's latest flagbearer". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  60. (en) "Netherlands and PNG qualify for ICC Cricket World Cup Qualifier 2018". Internasionale Krieketraad. 16 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2022. Besoek op 9 Desember 2022.
  61. (en) Liam Brickhill (17 Maart 2018). "Norman Vanua, Charles Amini help PNG defend 200". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  62. (en) "Jason Gillespie named interim PNG coach". ESPNcricinfo. 13 Julie 2017. Besoek op 23 September 2024.
  63. (en) Adam Burnett (6 September 2017). "Throw PNG a one-day lifeline: Gillespie". Krieket Australië. Besoek op 23 September 2024.
  64. (en) Daniel Hay (21 Augustus 2019). "All-round Oman performance hands PNG their fourth defeat". Emerging Cricket. Besoek op 23 September 2024.
  65. (en) "USA Tri-Nation Series, 2019 Full Schedule: All Matches Date and Time Table With Ground Details". Cricket Country. Besoek op 21 September 2022.
  66. (en) "Global Game: CWCL2, U19 World Cup Africa qualifiers headline a busy week". Internasionale Krieketraad. 4 Oktober 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2023. Besoek op 17 Februarie 2023.
  67. (en) Paul Radley (19 Maart 2022). "Papua New Guinea secure victory at last after outplaying UAE in World Cup League 2". The National. Besoek op 23 September 2024.
  68. (en) "ICC announce CWCL2 fixtures for 2022". Krieket Skotland. 4 Maart 2022. Besoek op 23 September 2024.
  69. (en) Tom Grunshaw (18 April 2022). "CWC League 2 Round 11 Wrap – Elation for Scotland, familiar feeling for PNG". Emerging Cricket. Besoek op 23 September 2024.
  70. (en) Helge Schütz (21 September 2022). "Namibia close in on leaders". The Namibian. Besoek op 23 September 2024.
  71. (en) Helge Schütz (28 November 2022). "Fish Eagles scalp Bald Eagles". The Namibian. Besoek op 23 September 2024.
  72. (en) "Nepal keep Qualifier hopes alive as UAE crash out of the race in must-win League 2 clash". Internasionale Krieketraad. 6 Maart 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2023. Besoek op 30 September 2023.
  73. (en) "Nepal keep Qualifier hopes alive as UAE crash out of the race in must-win League 2 clash". Internasionale Krieketraad. 6 Maart 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2023. Besoek op 30 September 2023.
  74. (en) Andrew Nixon (5 April 2023). "UAE and Canada win on final day in Windhoek". Krieket Europa. Besoek op 23 September 2024.
  75. (en) "Cricket PNG board announces new coach". Papua New Guinea Post-Courier. 29 Maart 2021. Besoek op 23 September 2024.
  76. (en) "Carl Sandri to coach PNG, replaces Joe Dawes". Emerging Cricket. 29 Maart 2021. Besoek op 23 September 2024.
  77. (en) Peter Della Penna (27 Oktober 2019). "Vanua, Bau dig PNG out of 19 for 6 hole to seal T20 World Cup qualification". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  78. (en) Mohammad Isam (21 Oktober 2021). "Shakib, Mahmudullah star as Bangladesh rout PNG to seal Super 12s spot". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  79. (en) Peter Della Penna (24 Februarie 2022). "Muhammad Waseem powers UAE to glory in qualifier final against Ireland". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  80. (en) "Papua New Guinea qualify for 2024 Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 27 Julie 2023. Besoek op 23 September 2024.
  81. (en) Vithushan Ehantharajah (17 Junie 2024). "Ferguson's incredible 4-4-0-3 helps NZ exit T20 World Cup on a high". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  82. (en) "T20 World Cup Jersey 2021 – All Teams New Look". Times of Sports. Besoek op 23 September 2024.
  83. (en) "Grounds / Amini Park". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  84. (en) "'All we have is heart': The stunning 50-year rise of World Cup's 'village cricketers'". Fox Sports. 17 Oktober 2021. Besoek op 23 September 2024.
  85. (en) "Records / Papua New Guinea / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  86. (en) "Records / Papua New Guinea / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  87. (en) "Records / Papua New Guinea / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  88. (en) "Records / Papua New Guinea / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  89. Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
  90. (en) "Records / Papua New Guinea / One-Day Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  91. (en) "Records / Papua New Guinea / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 23 September 2024.
  92. (en) "Records / Papua New Guinea / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 22 September 2024. Besoek op 23 September 2024.
  93. (en) "Records / Papua New Guinea / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 22 September 2024. Besoek op 23 September 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]