Paralimpiese Somerspele 2028
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XVIIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2028 (Engels: 2028 Summer Paralympics) sal na verwagting tussen 22 Augustus en 3 September 2028 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied word.[1] Dit sal die 18de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele wees. Dit sal ook die eerste keer wees dat Los Angeles die spele gaan organiseer.
Die opening- en sluitingseremonies sal in die LA Stadium at Hollywood Park in Los Angeles plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Olimpiese Somerspele 2028 sal tussen 21 Julie en 26 Augustus in Los Angeles gehou word.
Toewysing
[wysig | wysig bron]As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2028 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2028.[2]
Los Angeles is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2028. Die enigste ander kandidaat was Parys, maar het voor die stemming hulself onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2024 beskikbaar gestel.[3]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2028[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Los Angeles | Verenigde State | eenparig |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Paralimpiese Somerspele 1984 in New York Stad en Stoke Mandeville (VK)
- Paralimpiese Somerspele 1996 in Atlanta
- Paralimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. 21 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 23 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively". BBC. 13 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 23 Augustus 2021.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 23 Augustus 2021.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Somerspele 2028. |
- (en) LA 2028 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
- (en) Amptelike webwerf van die Spele