Perdita (maan)
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Erich Karkoschka / Voyager 2 |
Datum | 18 Mei 1999 (op foto's van 18 Januarie 1986) |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XXV |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 76 417 ± 1 km[1] |
Wentelperiode | 0,638021 ± 0,000013 d[1] |
Baanhelling | 0,0 ± 0,3° (tot Uranus se wentelbaan)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 30 × 30 × 30 km[1] |
Gem. radius | 15 ± 3 km[1] |
Oppervlakte | ~2 800 km² [nota 1] |
Volume | ~14 000 km³ [nota 1] |
Massa | ~0,18×1017 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (veronderstel) |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0047 m/s² [nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,011 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[1] |
Ashelling | 0[1] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Perdita is ’n binnemaan van Uranus. Dit behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[2] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan,[1][3] radius van 15 km[1] en geometriese albedo van 0,08[2] is min oor Perdita bekend.
Ontdekking
[wysig | wysig bron]Sy ontdekking was ingewikkeld. Die eerste foto's van die maan is in 1986 deur Voyager 2 geneem, maar dit is eers meer as ’n dekade later op foto's gesien. In 1999 het Erich Karkoschka dit gesien en gerapporteer.[1][4] Omdat geen veredere foto's geneem kon word om dit te bevestig nie, is Perdita in 2001 amptelik gedemoveer.[5] In 2003 is ’n voorwerp egter op foto's van die Hubble-ruimteteleskoop gesien waar Perdita veronderstel was om te wees en eindelik kon sy bestaan bevestig word.[3][6]
Ná sy ontdekking in 1999 het dit die voorlopige naam S/1986 U 10 gekry.[4] Dit is daarna genoem na Perdita (Latyn vir "verlore"), ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk The Winter's Tale. Dit het ook die naam Uranus XXV.[7]
Perdita is in ’n 43:44-baanresonansie met die nabygeleë maan Belinda en na aan ’n 8:7-resonansie met Rosalind.[1][3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
- Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
- Green, Daniel W. E. (18 Mei 1999). "S/1986 U 10". IAU Circular. 7171. ISSN 0081-0304. Besoek op 26 Januarie 2012.
- Foust, Jeff (31 Desember 2001). "Moon of Uranus is demoted". Spaceflight Now. Besoek op 26 Januarie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Showalter, Mark R.; Lissauer, Jack J. (17 Februarie 2006). "The Second Ring-Moon System of Uranus: Discovery and Dynamics". Science. 311 (5763): 973–977. Bibcode:2006Sci...311..973S. doi:10.1126/science.1122882. PMID 16373533.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Green, Daniel W. E. (3 September 2003). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 8194. ISSN 0081-0304. Besoek op 26 Januarie 2012.
- USGS/IAU (21 Julie 2006). "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. Besoek op 26 Januarie 2012.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.