Perseverance (ruimtetuig)
Voorkoms
Perseverance, met die bynaam Percy,[1][2] is ’n verkenningstuig so groot soos ’n motor wat ontwerp is om die krater Jezero op Mars te verken as deel van Nasa se Mars 2020-sending. Dit is deur die Jet Propulsion Laboratory ontwerp en is op 30 Julie 2020 lanseer.[3] Bevestiging dat die tuig op Mars geland het, is op 18 Februarie 2021 ontvang.
Perseverance het sewe nuwe wetenskaplike instrumente aan boord en het altesaam 19 kameras en twee mikrofone.[4] Dit het ook ’n mini-helikopter, die Ingenuity, ’n eksperimentele vaartuig wat die eerste kragaangedrewe vlug op ’n ander planeet sal onderneem.
Sending
[wysig | wysig bron]Die Perseverance het vier wetenskaplike doelwitte, wat deel van die Mars-verkenningsprogram is:[5]
- Om uit te kyk vir woonbaarheid; die identifikasie van omgewings wat in die verlede mikrobiese lewe sou kon onderhou.
- Om te soek na tekens van moontlike mikrobiese lewe in die verlede in dié bewoonbare omgewings, veral in spesiale rotse wat tekens van lewe lank kan bewaar.
- Die versameling van monsters rots en regoliet ("grond") en die berging daarvan op Mars se oppervlak.
- Voorbereiding vir die mens; die toetsing van suurstofvervaardiging in Mars se atmosfeer.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "NASA EDGE: Mars 2020 Rollout". nasa.gov. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2020. Besoek op 19 Februarie 2021.
- ↑ https://eu.floridatoday.com/story/news/local/2021/02/18/mars-perseverance-rover-land-red-planet-ingenuity/6765226002/
- ↑ "Launch Windows". mars.nasa.gov. Nasa. Besoek op 28 Julie 2020.
- ↑ "Mars 2020 Landing Press Kit" (PDF). Jet Propulsion Laboratory. Nasa. Besoek op 17 Februarie 2021.
- ↑ "Overview". mars.nasa.gov. Nasa. Besoek op 6 Oktober 2020.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.