Petrozawodsk
Voorkoms
Petrozawodsk Петрозаводск | |
---|---|
Stad | |
Die ligging van Karelië in Rusland | |
Koördinate: 61°47′N 34°20′O / 61.783°N 34.333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Republiek van Karelië |
Stigting | 1703 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Nikolai Lewin |
Oppervlak | |
• Totaal | 135 km2 (52 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 268 946 |
Tydsone | UTC+04:00 |
Vorige name | Sjoeiski Zawod Petrofski Zawod |
Webwerf | http://www.petrozavodsk-mo.ru/ |
Petrozawodsk (Russies: Петрозаво́дск) is die hoofstad van die Republiek van Karelië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit lê sowat 27 km ver al langs die weskus van die Onegameer. Die bevolking in 2013 was 268 946.
Stigting
[wysig | wysig bron]Op 11 September 1703 het die Russiese staatsman prins Mensjikof ’n nedersetting gestig op bevel van Pieter die Grote om kanonne en ankers te vervaardig vir die Oosseevloot tydens die oorlog van 1700–1721 met Swede. Die naam Sjoeiski Zawod (letterlik "Fabriek aan die Sjoeja-rivier") is aanvanklik gebruik, maar ’n dekade later is die naam verander na Petrofski Zawod ("Pieter se Fabriek"). Die huidige naam is in 1777 hiervan afgelei.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste (en) (ru)
- Petrozawodsk Aanlyn
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Petrozawodsk.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia