Ronald Plasterk
Ronald Plasterk | |
Minister van Binnelandse Sake en Koninkrykverhoudinge
| |
Ampstermyn 2012 – 2017 | |
Voorafgegaan deur | Liesbeth Spies |
---|---|
Opgevolg deur | Kajsa Ollongren |
Ampstermyn 2010 – 2012 | |
Minister van Onderwys, Kultuur en Wetenskap
| |
Ampstermyn 2007 – 2010 | |
Voorafgegaan deur | Maria van der Hoeven |
Opgevolg deur | Marja van Bijsterveldt |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 12 April 1957 Den Haag, Nederland |
Politieke party | PvdA |
Alma mater | Biologie - Universiteit van Leiden |
Religie | Ateïs |
Ronald Hans Anton (Ronald) Plasterk (gebore op 12 April 1957) is 'n Nederlandse bioloog en voormalige PvdA-politikus.
Lewe
[wysig | wysig bron]Plasterk behaal die propedeuse ekonomie aan die Universiteit van Amsterdam en 'n graad in biologie aan die Universiteit van Leiden. Vir sy landelike politieke loopbaan is hy 'n lid van die stadsraad en werksaam aan verskillende universiteite. In 1984 promoveer hy tot doktor in die natuurwetenskappe met 'n tesis oor genetiese ondersoeke na die platwurm. Daarna is hy van 2007 tot 2010 minister van Onderwys, Kultuur en Wetenskap in die Balkenende IV-kabinet, van 2010 tot 2012 'n lid van die Tweede Kamer en van 2012 tot 2017 Minister van Binnelandse Sake en Koninkrykverhoudinge in die Rutte II-kabinet.
Plasterk is 'n oortuigde Ateïs.